Sandpiper 9 - 7 Feb 2010 to Feb 3 2014
![Image](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiVnOmvVrgodLVIqcv6_qAgPJ_6T9lLSYAVKXpgbN-uJR7eWd0y6xU-Td7LqaVbxvzeDpiYkG49ETpEOKSP5pIxLQ8ORoDetlf3kr1CTmv54WxPYadI1w-z2lq86BI-jjceVXNYR6Z6jZ0/s640/20130922_184015-COLLAGE.jpg)
Ons het op 7 fbebruarie 2010 die fondasies begin grou, maar uiteindelik eers in Augustus nadat ons planne goedgekeur was begin bou. Austin was die alleengrouer van die fondasies wat gereeld deur die bure se kinders toegetrap was. Die oggend wat ons die fondasies moes gooi, het ek die eerste keer vir Hendrik ontmoet. Ek het pellets gekoop en gebedel om n ryvlak vir die kruiwas te maak, en sewe kruiwas gehuur vir die werk. Niks daarvan was nodig nie. Hendrik het bloot die opdrag gegee dat die trok van Ciolli naby aan die fondasie moet parkeer, en hulle het n menslike trein gevorm. Soos die beton in die fondasie val, het sewe mense die beteon deurbeweeg totdat al die fondasies gevul was. 12h00 is almal oppad huis toe.....nadat Austin die oggend opgemerk het dat die jpb nie binne n week gedoen kan word nie......Met daardie wysheid, het Austin en ek hierdie huis end uit gebou......