Pieter Janz van der Westhuizen
![Image](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhCcA7cSUKy6JwVp302YucWsMmI0rq4ovLOSj6iZOwlXmkvQIXDDRtKAYrtn0YYbhPmBkohq738q0OBS_NbIEi1LmizPmuzk6ALU-096JPAmgigUQ1UViz3PiI4LSykgvtzcqbL0RscLik/s640/Familiewapen.jpg)
3. Oupa aan my ma se kant - doopsertifikaat Sy naam verskyn derde van onder af op die linkerkantse bladsy. Hy was n algemene handelaar wat n winkel gehad het op die pad tussen Klerksdorp en Orkney langs die Nooitgedacht pad. My ma het altyd vertel dat hy ten alle tye in n pak geklee was, altyd n das aangehad het, en selfs sy middagslapie gevat het terwyl sy das aanwas. Hy is in die Klerksdorp hospitaal dood, en ek onthou die dag redelik goed. Hulle het n gat in sy keel moes sny, vir watter rede kan niemand meer onthou nie. Hy kon teen die einde nie praat nie. Hy het later n boodskap op my ma se wit handsakkie geskryf, en die kinders het gedink dit gaan oor die plek waar hy sy geld begrawe het. Die onleesbare boodskap het soveel onmin veroorsaak dat my ma dit later aan die brand gesteek het. Na sy dood het die familie Klerksdotp toe getrek, en in neethling straat gaan bly.....to my ouma se dood toe. Die foto onder is van sy g...