Pieter Janz van der Westhuizen
3. Oupa aan my ma se kant - doopsertifikaat
Sy naam verskyn derde van onder af op die linkerkantse bladsy. Hy was n algemene handelaar wat n winkel gehad het op die pad tussen Klerksdorp en Orkney langs die Nooitgedacht pad. My ma het altyd vertel dat hy ten alle tye in n pak geklee was, altyd n das aangehad het, en selfs sy middagslapie gevat het terwyl sy das aanwas.
Hy is in die Klerksdorp hospitaal dood, en ek onthou die dag redelik goed. Hulle het n gat in sy keel moes sny, vir watter rede kan niemand meer onthou nie. Hy kon teen die einde nie praat nie.
Hy het later n boodskap op my ma se wit handsakkie geskryf, en die kinders het gedink dit gaan oor die plek waar hy sy geld begrawe het. Die onleesbare boodskap het soveel onmin veroorsaak dat my ma dit later aan die brand gesteek het. Na sy dood het die familie Klerksdotp toe getrek, en in neethling straat gaan bly.....to my ouma se dood toe.
2. Oumagrootjie - ma se kant
Die sterftesertifikaat van Oumagrootjie
Onder is die huweliksertifikaat van my oumagrootjie aan my ma se kant. Sy is op 10 Julie 1908 getroud. My ma het haar name geerf. Ruanda het later die Elizabeth by haar eie naam laat voeg.
1. Stamvader. Pieter Jansz VAN DER WESTHUIZEN
Pieter Jansz het voor die jaar 1662 vanaf Brugge, wat op daardie stadium steeds deel van die Nederlandse koninkryk was, na Suid-Afrika gekom. Hy was aanvanklik ‘n soldaat in diens van die V.O.C. Van die amptenare in diens van die VOC, was die soldaat die laagste besoldigste amptenaar en het hulle ‘n hongerloon ontvang.
Tot op hede kon geen rekord van Pieter Jansz se tog vanaf Europa na die Kaap opgespoor word nie. Die aanname kan slegs gemaak word dat sy seereis min of meer dieselfde as die meeste ander seereise verloop het. Pieter Jansz moes hom met die lang seereis versoen het en by die beknopte skeepsruimtes en alledaagse roetine op die skip aangepas het. Die eerste wat Pieter Jansz in die Kaapse dokumente aangeteken word, is in 1662 wanneer sy naam in die “monster rolle” (of opgaafrolle) van vry persone aan die Kaap verskyn. Die burgers of vryliede het uit professionele mense, ambagslui, smouse en boere bestaan. Hy het op 18/01/1662 ‘n vryburger geraak saam met Hendrik Coester.
As gevolg van die oorlog tussen Nederland en Frankryk was daar ‘n skaarste aan koring en die Politieke Raad het besluit om ook vryburgers in die Houtbaaivallei te vestig. Oorspronklik het Houtbaai uit die plase Kronendal, Moddergat en Ruyterplaats bestaan.
Willem Schalk, van der Merwe was 'n seun van Schalk van der Merwe boer in Oud-Beyerland en 'n kleinseun van Willem van der Merwe van wie die bestaande Van der Merwes in Nederland afstam. Hy vertrek na die Kaap as haakbusskutter, teen agt gulde per maand op die skip Dordrecht wat 26 April 1661 in Tafelbaai arriveer. Hy was aanvanklik in diens van die Companje se baas-tuinier, Hendrik Boom Burger en hy was blykbaar 'n goeie boer, want hy is geloof voor bequaemheyt als landbouwer. In die Resoluties van de Politieke Raad was vermeld dat hyboulandt heeft gearbeijt. In 1663 tree hy weer in diens van die H.O.I.K. as adelborst belas met landbou. Drie weke voor sy huwelik met Elsje Cloete is hy weens smokkel met die Hottentotte aangekla deur die
Bewindhebbers. Hy en sy skoonvader Jacob Cloete het blykbaar aangehou smokkel, want hy is drie jaar lank gevangene op Robbeneiland weens smokkel en gepaardgaande geweldpleging. In Januarie 1673 het sy huis asook sy hele graanoes afgebrand. Hy kry op 23 Maart 1677 toestemming van die Kompanje om weer grond te bewerk saam met Pieter Van der Westhuizen, hierdie keer in Houtbaai, d.i. die plaas Kronendal waarvan die Kaaps-Hollandse opstal nog bestaan.
Die twee van hulle is soveel grond as wat hulle prakties kan bewerk in Kronendal toegeken. (Resolutions of the Council of Policy, C10, pp. 89-94. Dingsdag 23 Maart 1677) Hulle kon graan plant en as betaling van die
huur van die grond, moes hulle een tiende van die ge-oesde graan aan die V.O.C. voorsien. Hulle het maar baie swaar gekry om die braak lande te bewerk en om hulle lewende have te beskerm teen wilde diere.
Hierdie kontrak is vier jaar later in 1681 gekanselleer. Op 29 Desember 1681 is die grond as ‘n vrypagplaas, aan Pieter en ‘n nuwe vennoot, Willem van Dieden, gegee. Die pragtige historiese Kronendal opstal is vandag ‘n bekende baken op Houtbaai en is heel waarkynlik op die ou fondamente van Pieter van der Westhuizen se huis gebou.
Hout Bay is a suburb which has managed to retain its character as a farming area. Vegetable growers flourish, and there are dairy farms in the valley. It was as far back as 1681 that Willem van Dieden and Pieter van der Westhuizen were granted the land now known as Kronendal, so that Hbut Bay has a long and unbroken farming tradition. (https://archive.org/stream/BeyondTheCityLights/BeyondTheCityLights_djvu.txt)
In 1681 het Simon van der Stel ‘n stuk grond Kronendal aan Pieter van der Westhuizen toegeken, waarop een van die mees bekende en goed ontwerpte Kaaps-Hollandse huise gebou is. Kronendal het ‘n baie suksesvolle plaas in die Kaap geraak en was selfs besoek deur Simon van der Stel.
Teen 1683 gooi die Van der Westhuizens handdoek in op Kronendal en gaan hulle terug na Tafelbaai. Na vele transaksies in Tafelbaai boer Pieter voort in die Tygerberge. Op 18/01/1697 koop hy die slaaf Bruijnet van de Kaap (22) van Johannes Starrenbuig vir 85 Rds en op 02/09/1697 koop hy die slaaf Pieter van Malarbar (35) van Lambert Adriaens vir 70 Rds. (Boeseken, A.J.)
Grond was maar beperk aan die Liesbeeck-rivier en vryburgers het al sedert die laat 1670’s op leenplase in die Tygerberge, Drakenstein en Stellenbosch areas begin vestig, die sogenaamde tweede grens. Die Tygerberge was een van die eerste groot vryburger-uitbreiding ná die Liesbeeck Vallei. Die Kompanjie het sedert 1682 skape onder beskerming van soldate in die Tygerberg gebied laat wei. Die groot aantal roofdiere in hierdie gebied het vir Simon van der Stel laat besluit om ‘n kraal van hout, sowel as ‘n poshuis (woning), vir die herders te bou. Simon van der Stel het heel waarskynlik tydens sy besoek aan die poshuis in 1688 die naam Elsjes Coreal (langs die Elsieskraal-riviertjie) aan hierdie buitepos gegee, wat hy vernoem het na Elsie van Zuurwaarde. Elsie was die vrou van die ondergoewerneur, Andries de Man. Na die vestiging van die buitepos het die vryburgers aansoek begin doen vir vrypag-grond rondom die Tygerberge. Die buitepos, Elsjes Coreal, is in 1700 aan Pieter van der Westhuizen per veiling verkoop. As gevolg van ongeruimdhede met die koop van die plaas is dit eers in 1714 op sy naam geregistreer. Pieter ontvang die vrypag plaas De Oude Westhof in die Tygerberge op 9 Februarie 1702.
Van Kronendal tot Oude Westhof. (www.durbanville-heritage.co.za)
Maria Hendricksz Winkelhausen sterf in 1703. Pieter hertrou op 26/09/1706 met Eva Gerrits Ligtehard (Lichtart), geb. Amsterdam Holland. Sy was die weduwee van Jan Douwenscz Mos. Teen 1716 gaan dit baie goed met die Van der Westhuizens. The first indication of Eksteenʼs standing in the community comes from 1716 when he and eleven other free burghers submitted a request to the VOC for some reduction in taxes. Among the names are prominent and well-off farmers of the Cape district such as the Van der Westhuijzens, Nicolaas Loubser and the wealthy Verweij sisters, Aletta and Beatrix. (Groenewald, Gerald: Am Early modern Entrepreneur. Hendrik Oostwald Eksteen and the Creation of Wealth in Dutch Colonial Cape Town, 1702–1741. P. 25)
Die opgaafrolle bevat inligting wat gereeld in elke distrik vir belastingdoeleindes ingesamel is. Dit dek die tydperk 1692 – c. 1845. Met die 1719 opgaaf: Pieter (the elder) en Eva Ligthard, 1 man 1 vrou, 13 slawe, 16 perde, 120 beeste, 340 skape, 25 000 vines leggers of wine 15 barley sown 18 barley reaped 200 oats sown muids 2 oats reaped muids 16 rye sown 1 rye reaped 28 sasbres 1 carabines 1 pistool 1.
Pieter sterf 8 Oktober 1736 op die rype ouderdom van 91 jaar.
http://familielegkaart.blogspot.com/2015/11/stamvader-pieter-jansz-van-der.html
ReplyDelete