Nooitgedacht 1960's
Nooitgedacht - 1961 tot 1968 en ander fotos van skooljare Die fotos hieronder is van my ma en pa op hulle troudag regsonder, en van die twee op hulle wittebrood in Parys in die Vrystaat. Die ander twee fotos is deel van die collage, met het nie relevansie nie. Die tweede stel fotos is meesal van my laerskooldae. Links bo sit ek in die tuin van ons eerste huis, waarvan daar meer onlangse fotos onderaan gewys word. Daar is skoolfotos en ook babafoto's waar ek teen die garagemuur sit en speel. My pa het elke jaar n ander kar gekoop, en op een van die foto's staan ek teen die kar in ons oprit. Die boonste fotos is waar ek groot geword het. Die blou kleur rondom die bad kom van my kinderdae af. Die gang is waar ek met my eerste fiets my eerste 10 tree gery het. Ek het n fiets vir my verjaardag gekry, en kon dit in die gang afry. Die kamer links bo was my slaapkamer. Die huis is die week nadat ons dit gesien het ...