Nooitgedacht 1960's
Nooitgedacht - 1961 tot 1968 en ander fotos van skooljare
Die fotos hieronder is van my ma en pa op hulle troudag regsonder, en van die twee op hulle wittebrood in Parys in die Vrystaat. Die ander twee fotos is deel van die collage, met het nie relevansie nie. Die tweede stel fotos is meesal van my laerskooldae. Links bo sit ek in die tuin van ons eerste huis, waarvan daar meer onlangse fotos onderaan gewys word. Daar is skoolfotos en ook babafoto's waar ek teen die garagemuur sit en speel. My pa het elke jaar n ander kar gekoop, en op een van die foto's staan ek teen die kar in ons oprit.
Die boonste fotos is waar ek groot geword het. Die blou kleur rondom die bad kom van my kinderdae af. Die gang is waar ek met my eerste fiets my eerste 10 tree gery het. Ek het n fiets vir my verjaardag gekry, en kon dit in die gang afry. Die kamer links bo was my slaapkamer. Die huis is die week nadat ons dit gesien het gesloop.
Die foto's hieronder is van my oupa se huis. Ons kon dit in 2008 opsoek, die aand nadat Ouma Rita oorlede is. Die foto links bo was die voordeur van hulle huis. In die middel regs wys ek na die plek waar sy bank gestaan het. Hy was altyd op die stoep, en die riempiesbank was waar almal sit en kuier het. Die deur agter my was Oom Pieta se kamer. Hy het tot sys dood by Ouma gebly. As n jong man het hy op sye kop geval, en daarna kon hy wel rondbeweeg, maar hy het n ernstige spraakgebrek gehad.
Die foto's onder is van die twee huisies wat my oupa vir sy twee jongste dogters gebou het. Die huisies is meer as 60 jaar oud, en word nou as stoorkamers gebruik.
My ouma aan my ma se kant - die graf is in die begrafplaas tussen Klerksdorp en Orkney. Haar name is ook die name wat my ma later gehad het. Die onderste grafsteen is van my oupa aan ma se kant. Hy is redelik vroeg oorlede. Hy het n winkel gehad op die Nooitgedacht pad, en net voor hy oorlede is, het hy n dringende boodskap op my ma se handsak geskryf. Almal dink dit was n boodskap van waar hy sy geld weggesteek het. Na sy dood kon niemand sy geld kry nie, en groot familie argumente het ontstaan. My ma het later die handsak verbrand, en niemand weet wat van die geld geword het nie.
Ons het in my hoerskooljare by Karavan vakansie gehou saam met Oom Piet en Tannie Elsie. Die karavaanpark was baie gewild, en later jare het die munisipaliteit besluit om nie die huurkontrak te hernu nie. Ek het 20 jaar later gaan kyk hoe lyk die plek, en dit bos het heeltemal oorgeneem. Die strukture van die saal was steeds daar. Op n latere besoek het hulle dit ook gesteel. Die middelste foto is waar die swembad was, wat nou toegegooi is met gemors en in die middel onder staan ek presies waar ek in 1979 gestaan het toe ek Mnr Karavana gewen het. Twee van die seuns saam met my (Willem en Eddie kruger) was ook in die band. Ek en Eddie (tweede van regs) het jare klater saam rugby gespreel by SAW. Hy was n heel skaflike heelagter. My prysgeld was R50, waarmee ek 2 tennisbroeke kon koop. Links onder is die ingang na die gemeenskaplile TV kamer toe.
Comments
Post a Comment