Durban - golf, rugby, ironman, bunny chow
![Image](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgsAxy95fSc1l8OzWz9pZwscQcLqq7jUg5IMV9cdtBwNNmRsOdQD3sJCRe5MdPhi1Xc7PZVwMdwhLsMYPHWkJupd55v6hlecgL0J1EAtiDWGSqDo1DzNp91LnD7t4P0GC38kz9UrIefXF8/s640/durban.jpg)
Golf saam met Deon en Tersia in Durban, en daarna rugby gaan kyk op Moses Mabida Stadion. EK het my beurdie op die agterruit van die huurmotor vergeet, maar dit later terug gekry net waar ek dit gelos het. Bier gedrink by die Collegians club voor die wedstryd, en daar agter die kroeg hang 'n groot foto van Philip in sy rugbydae. Ons het gearriveer na n reuse groot storm in Durban waar strande weggespoel is, kragonder-brekings aan die orde van die dag was, en soos ons aankom, is Deon besig met die generator, en sonder krag is Tersia besig om te kook in die donker. Kudu fillets was op die spyskaart, en net voor ete gereed was het die krag weer aangegaan. Bunny chow is altyd op die menu, en Deon het ons verras met n nuwe plek wat die grootste bunny chows maak, nie een van ons kon dit baasraak nie. Die Indiers verstaan van kerrie. Die Puzzle company was ook n hoogtepunt, en ons het heelwat tyd hier spandeer. Die eer...