Durban - golf, rugby, ironman, bunny chow




Golf saam met Deon en Tersia in Durban, en daarna rugby gaan kyk op Moses Mabida Stadion.  EK het my beurdie op die agterruit van die huurmotor vergeet, maar dit later terug gekry net waar ek dit gelos het.  
Bier gedrink by die Collegians club voor die wedstryd, en daar agter die kroeg hang 'n groot foto vanPhilip in sy rugbydae.




Ons het gearriveer na n reuse groot storm in Durban waar strande weggespoel is, kragonder-brekings aan die orde van die dag was, en soos ons aankom, is Deon besig met die generator, en sonder krag is Tersia besig om te kook in die donker.   Kudu fillets was op die spyskaart, en net voor ete gereed was het die krag weer aangegaan.  Bunny chow is altyd op die menu, en Deon het ons verras met n nuwe plek wat die grootste bunny chows maak, nie een van ons kon dit baasraak nie.  Die Indiers verstaan van kerrie.   
Die Puzzle company was ook n hoogtepunt, en ons het heelwat tyd hier spandeer.  Die eerste puzzle is sommer buite opgerig en dien as toegang tot die winkel.
Ironman Durban
This unforgettable race in the heart of the paradise city begins with a swim at uShaka Beach, followed by a fast, undulating bike course that loops around the Blue Lagoon and heads along the M4 highway. The flat, two-loop run course along the promenade is sure to provide some fast times along with some spectacular views. Die swem was gekanselleer vir die age groupers, en selfs die pros het gesukkel om agter die branders te kom.  Die videoclip wys die intensiteit van die branders....en hoe die pros sukkel om om die eerste boei te kom.  Elize het in Ruanda se plek deelgeneem, en 301 ste gekom overall en 36ste in haar ouderdomsgroep.  Ouma Hessie het deel uitgemaak van die supportspan, en het tydens die swemoefening die dag voor die race selfs n paar jongmanne gehelp om hulle wetsuits aan te trek.







Comments

Popular posts from this blog

Dapper stapper club:- hiking and other things

Cederberge - Gatjie Boskamp