Posts

Showing posts from April, 2018

Pypklip en springbok jag

Image
November 2020 - support tydens die ergste droogte Dit is wanneer dit regtig droog is, dat jy verstaan....daar is boggerol op die veld, en tog hoop die boere vir reen, hulle hou aan boer en swoeg....en twee weke nadat ons weg is, het die plek amper verspoel..... die foto wys die droogte beter as woorde.... Die Venters het vir die eerste keer gaan saam jag, en Johan het twee sprinbokke platgetrek.   Die een was dragtig, terwyl die ooi nog vol melk was, en dit is toe wat Wynand laat weet dat die groot reens kom.  Springbokke sal nie toelaat om dragtig te wees as die droogte nie gaan eindig nie. Die road trippie het laatmiddag begin, en ons het by al die bekende plekkies gestop Die ontbyt, die boerbokke, die windponp en die vuurtjie was die standvastige onveranderlike, al was dit droog en dor.....die vlamme was reusagtig omdat die hout baie droog was....geen risiko vir veldbrande nie, want daar is niks om te brand nie.....Wynand het vertel van n eeu-oue boom wat gevrek...