Pypklip en springbok jag
November 2020 - support tydens die ergste droogte
Dit is wanneer dit regtig droog is, dat jy verstaan....daar is boggerol op die veld, en tog hoop die boere vir reen, hulle hou aan boer en swoeg....en twee weke nadat ons weg is, het die plek amper verspoel..... die foto wys die droogte beter as woorde....
Die Venters het vir die eerste keer gaan saam jag, en Johan het twee sprinbokke platgetrek. Die een was dragtig, terwyl die ooi nog vol melk was, en dit is toe wat Wynand laat weet dat die groot reens kom. Springbokke sal nie toelaat om dragtig te wees as die droogte nie gaan eindig nie.
Die ontbyt, die boerbokke, die windponp en die vuurtjie was die standvastige onveranderlike, al was dit droog en dor.....die vlamme was reusagtig omdat die hout baie droog was....geen risiko vir veldbrande nie, want daar is niks om te brand nie.....Wynand het vertel van n eeu-oue boom wat gevrek het, die eerste keer wat hy dit gesien het.
Desember 2018 - die lewe is n eenvoudige som
Die "cast"
Piet Grobler, PJ Albertyn, Diffie, Elize, Frannie en Deon - sluit n naweek af met n pienk gin en tonic en blueberries vir die fancy wees. Slefs die glas is nie net sommer nie...Piet met sy langer arms was die fotograaf van die gelfie.
Eet was die hoofattraksie van die naweek, en het Elize en Diffie se boontjie potjie, Piet se kaasworsie, eiers en flapjacks in die veld, Varktjops en skaap-en-kaas-wors van PJ en Frannie met pampoenkoekies, Diffie se eie hoender met Frannie se aartappelslaai, en die skaapribbetjie wat PJ tussen-in gegooi het, en Piet se gebrande pap en surprise ontbyt was maar net deel van die naweekspyskaart.
PJ, as politikus, het op een stadium laat val dat hy enige iets eet, behalwe swart mossels, waarop Diffie onmiddelik gevra het:- "Is dit n allergie ding, of is dit nou weer die swart ding?" Priceless tjirp!
Pypklip het net n oneindige hoeveelheid vervoermiddels wat die uiterste omstandighede moet oorleef. Brandwyn kry die swaartse, en hy het alweer nie brieke nie, en eerste rat kan werklik in enige van die tradisionele 4 plekke gevind word. Steeds is hy sterk genoeg om die ander voetuie en die sleepwa deur die sand te sleep.
Die sonsondergange in die middel van die somer was ongelooflik, en n gewone selfoon kan nie eintlik die regte prentjie weergee nie. Die windpomp op die foto, is dieselfde windpomp wat Wynand uitgeklim het tydens die reperasieproses. Die collage na die sonsondergange wys hoe hoog die windpomp is, met PJ wat onder staan, en Wynand op 66 jarige ouderdom wat opklim, die rollende windpomp tot stilstand bestuur soos n wafferse windsurfer, sy stert vasbind, en dan die pype uithaal, die rods uitdraai, die moere vervang, alles terugsit, die stert losmaak, die windpomp begin draai en voor hy onder is spoeg die water by die pyp se bek uit en die dam kry water......
Dit met n blok en tekkel in die hande, twee bobbejaanspanners en n vice grip.....
Sy antwoord op die vraag:- "Hoe weet jy wat om te doen?" ....."Common sense, maar common sense is nie common nie!" Points to ponder!
Dit met n blok en tekkel in die hande, twee bobbejaanspanners en n vice grip.....
Sy antwoord op die vraag:- "Hoe weet jy wat om te doen?" ....."Common sense, maar common sense is nie common nie!" Points to ponder!
Die stukkie kokerboom woud is net suid van Kameelmond, en Elize en ek het deur die woud kon stap na die ontbyt spot toe. Ek wonder of daar al ooit n foto van hierdie klein woudjie geneem is, omdat dit glad nie toeganklik is vir voertuie nie, en dagb esoekers ook nie toegelaat word nie.
Die Arabierse perd is geskenk deur een van die bure toe die plaas verkoop is, en alhoewel die perd baie wild, is, is daar tekens dat die perd rustiger word, en het hy selfs wortels uit Beverly se hand ge-eet. Elize het n paar keer probeer om nader te kom, en hy het besluit hierdie is die naaste afstand wat hy gaan toelaat.
Suid-Afrikaanse hardekool is n beskermde spesie, en ons het aan die Westekant van die huis afgekom op n boom waarvan meeste takke afgebreek is en op die grond rondle. Ons het n paar van hierdie stompe gebrand, en dit neem die hele nag om so n stomp uit te brand. Wynand was nie te gelukkig met ons nie, veral omdat Piet die stomp met die tree-cutter gesny het sonder om olie by te gooi. Die saag is gediens, skerp gemaak, en die volgende dag weer afgelewer, net om weer sonder olie gebruik te word.....Wynand het Piet behoorlik geroskam....
Die struktuur is die agterkant van die donkie waarin water warm gemaak word, en in die winter is dit n noodsaaklikheid omdat daar geen krag op Pypklip is nie. Die waterbron is ongeveer 2 kilometer van die stort af, en die pyp het lekker louwarm gebak in die 40 grade dag temperature....Ons het die oorvloei-pyp verleng, en n buitestort geskep so in die natuur. Die gegiggel van PJ en Frannie het maar n paar vrae laat ontstaan.....
In die warm temperature was jag sinneloos, en ons het kleiduif geskiet. Die kleiduif was n Coke bottel met klippe in, en daar is definitief nie n toekomsitge olimpiese kampioen weggesteek in hierdie crowd nie.
April 2018
Pypklip is n erfplaas van Wynand, en alhoewel hy en Jeanette op Leeukop bly, is die huis op Pypklip steeds staande. Jaarliks rondom Paasnaweek vind die sagtejag plaas op Pypklip. Piet, Divvie, Werner en Ruanda, Larry en Ruth, Lindie en die kids en Elize en ek is gewoonlik die span wat gaan. Elke couple kry n kookbeurt, en kos word gemaak van chefgehalte.
Geregte oor die tyd wat uitstaan, is Deon en Tersia se kerrie prawns, Piet se kerriepot, die vele vleis wat gebraai word en die veldontbyte.
Brandewyn, die Landrover wat sy naam gekry het omdat hy nie brieke het nie, en die geel Landy karwei die jagters rond op die plaas, en op Wynand se bevel van "Jy moet nou skiet, skiet nou!" kry almal darem hulle bokke geskied. Verwerking vind op Leeukop plaas, en velletjies word gesout, om later ingestuur te word vir brei.
Kenhardt (founded 1868) is a small town in the Northern Cape province of South Africa. This little town is about 120 km from Upington, the largest town in the area.
On 27 December 1868, special magistrate Maximillian Jackson with a police contingent, was sent to act against the Griquas in the area. The Griqua's anti-colonial resistance had erupted into an open conflict. Jackson arrived in Kenhardt and set up camp under a giant camelthorn tree.
This has been for a long time the most remote settlement in the North-Western Cape. With time the town developed from under this tree, becoming a municipality in 1909. The Hartbees River, with its many sweet thorn trees, provides a green belt irrigated by the Rooiberg Dam. Kenhardt is famous for being at the heart of the Dorper sheep-farming area.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEi6mXtpGJxANTsXEDr6eSYbPom2_jx6s5UZF0lQLtLE4TBHfMydsF5wy2f2G6bvZeWgSZ8gW1rx4ZKX8htLp_cJTc-DWYDRMZcvxMxvPN7Kr0hBF66pm6QP1AUcYPPwGtAiXFoPD-Rb95I/s640/IMG-20170419-WA0038-COLLAGE.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhOmx86_8LnkHCMOyHkD5vAsJ7-dA50FIKRLmuR3EI-PxMNKXyPmGjSXCwl0CdfoYj4BDp2fhABAF81VQ_buhj1OtMiQG4PQqK_PgfNH2SOmYQayTCE8-BVHBLFrm9pq-YjWvfwysAxnQA/s640/IMG-20170419-WA0099-COLLAGE.jpg)
Gelukkig is hout volop.
Die Giant ry ook altyd saam.....In 2017 tydens die groot reen, moes Diffie oor die rivier gedra word......Ons was ook vir oulaas daar met Piet se Landie, wat daardie jaar die Vito moes sleep.
Comments
Post a Comment