Posts

Showing posts from March, 2019

100 Kayaking trips

Image
15.  Dewald se kabeljou 14.  Breederivier 11 Feb 2023 Byeengekom by De Doorn soos gewoonlik en 14 van ons het die wynproe gedoen ondanks die lang ent roei wat nog sou kom.  Dit was baie warm en almal het gereeld in die water gaan platval.  Hele nuwe crowd wat saamgaan, en spesifiek is daar 4 bote van die Dapper Stappers, Hester roei vir die tweede keer saam, en Linda, Kiewiet, Wally en Jorika gaan saam vir die eerste keer.  Almal is van mening dat die roei makliker was as ander jare, en daar was heelwat nuwe ervaringe.  Ons het aan die wal gaan hang by die watervalle, and Ballie het Ballas geword.  Linda het die eerste keer gesorg dat die nappy run 4 keer gedoen word, en Jorika het vir die eerste keer na haar troue gekamp. Die jongmense het n groot bydrae gelewer, Gert en sy kids het deurgekom van Danabaai af.  Die aand se braai en die strafdoppe het weer n groot bydrae gelewer.   Diffie het die nappy-run bietjie vroeg begin ...