100 Kayaking trips

15.  Dewald se kabeljou

14.  Breederivier 11 Feb 2023

Byeengekom by De Doorn soos gewoonlik en 14 van ons het die wynproe gedoen ondanks die lang ent roei wat nog sou kom.  Dit was baie warm en almal het gereeld in die water gaan platval. 

Hele nuwe crowd wat saamgaan, en spesifiek is daar 4 bote van die Dapper Stappers, Hester roei vir die tweede keer saam, en Linda, Kiewiet, Wally en Jorika gaan saam vir die eerste keer.  Almal is van mening dat die roei makliker was as ander jare, en daar was heelwat nuwe ervaringe.  Ons het aan die wal gaan hang by die watervalle, and Ballie het Ballas geword.  Linda het die eerste keer gesorg dat die nappy run 4 keer gedoen word, en Jorika het vir die eerste keer na haar troue gekamp.

Die jongmense het n groot bydrae gelewer, Gert en sy kids het deurgekom van Danabaai af.  Die aand se braai en die strafdoppe het weer n groot bydrae gelewer.   Diffie het die nappy-run bietjie vroeg begin en uit die boot uitgeval.  Hy was grootoog, maar ongedeerd.

Du Toitskloof het aansienlike veranderinge aangebring, en ons het die naweek afgesluit met n yskoue Sauvignon Blanc teen n billke prys van R70 per bottel.

13.  Visvang en kayak saam met die laaities

Dewald laat weet laat aand daar is n sitplek oop op die kayak, en Werner laai my 5 uur op - 4h40 op my klok - en ons is af Melkbos toe.

Werner vang sy eerste kablejou binne 10 minute van die kayak af, en later van Dewald n Breamer by die Vlei.  Ons vang heelwat haaitjies, maar die ander visse wil nie byt nie.

Uiteindelik skuif ons hoofstrand toe en Dewald haak not n Breamer.  Ek vang n klipvis, en na drie ure op die water  kan ons darem kos op die tafel sit.  Great oggend saam!

12.  Borneo

Semadang Kayak is the premier kayaking, bamboo rafting and adventure outfitter and service provider, operated at the Sarawak River (Semadang River) at the Heart of Borneo Rainforest in Kuching, Sarawak. 


McQueen and McKenzie and the rest of the Semadang Kayak team were fantastic throughout the trip from making sure that we were safe, pointing out local plants and sharing with us the local culture and traditions. They also interspersed the trip with activities to break the kayaking trip up and lunch was a delicious, local 'home-cooked' affair.

During a work trip in Malaysia, we booked this trip through the hotel, and it was worth every sent we spent on it.  The trip included a visit to see the local gorillas, and it is nice to see that the company is still around.  

http://www.semadangkayak.com/

We had some unique experiences, like the Gurra rufa fish eating the dead skin cels of your feet, and we fed the local fish with fish pellets, we did some nappy runs and has a thorough water treatment under one of the waterfalls.






Kayaking in Cape Town is big, and we simply don't do enough of it.  With Werner moving to Blouberg, we quickly re-established an old habit...... 

11.  Vroegoggend in Seepunt Augustus 2021

Seker 100 kayakke ...Werner besig om te rig, regs op boonste foto.....so 6h15 in die oggend



10.  Pearly Beach December 2020



9.  Simonstad fishing

8.  Muisness challenge 2


































Muisnes challenge was only opened to residents of Blouberg and some of the Morse family members.   It started with a kayak from Churchhaven and was followed by a 40k cycle and a 5k run.  Teams were allowed to enter in a double kayak, and then finished the rest individually.

The West Coast National Park is also a popular training venue for triathletes as it gives access to the lagoon for swimming and safe cycling and running.  The West Coast National Park lies 120 km north of Cape Town in the Western Cape province of South Africa. It is 36,259.8 hectares in size. It is bordered by the Atlantic Ocean on the west and the R27 coastal road, and runs from the town of Yzerfontein in the south up to the Langebaan Lagoon.






7.   Muisness challenge 1


6.  Kayak na Robben island

Wille weer en kayak saam met Corne, Bryn Morse en Carl tot op Robben eiland en terug.  Onegmagtigde beaching amper tot groot stories gelei.   Manne met groot gewere op ons afgejaag, maar ons kon darem terugroei.  Johan van Staden het bloedbek gekry op die uitgaan, en hy moes terugdraai.  Hy dra die stingray, n boot wat ons nog vandah het.  Ek en Elize was op die bayrunner, maar hy is sedertdien gesteel.



5. Breederivier Maart 2021

Saam met die Venter familie, Piet en Diffie, Spikkels is swanger en Ballie moet net keer dat haar clutch nie gly nie.  Laaste roei van die seisoen en kamp word opgepak. Du Toitskloof hotel is n Covid Hospitaal, en ons drink maar n brandewyn by die laagwatermerk.








4.  Breederivier Kayaking - 21 March 2020

Die groep begin vorm aanneem en met twee weke om te gaan het Andre en Mariette, Johan en Mari, Johan en Elaine, en Lawrence en Janice committ - almal om die eerste keer saam te gaan......Hester join vir Frannie op n dubbel......Jean en Robin gaan die eerste keer saam.

Die dag van die roei was amper perfekte weer, met n effense wind van agter, en n redelike hoe watervlak.  Lily het saamgegaan en dit verskriklik baie geniet.  Sy het in die rivier geswem, en saam met ons die nappy run gedoen.

 Middagete en ons kon by die ou kamp se perseel onder die afdak gaan eet.   Daar was heelwat kampers wat vir die Corona virus weggekruip het en dit het ons die idee gegee om Kleivlei toe te gaan as daar n total lockdown sou wees.
By de Doorns het Elaine en Elize vlerke gekry na die wyngeproery.   Die eienaar was eers baie nors, maar later het hulle die wynproer oopgemaak, al was dit n vakansiedag.  Almal kon koop en die witwyn, soetwyn en sjampanje het by die deur uitgeloop toe ons daar weg is.
 Die nappy run is elke jaar die hoogtepunt, en hierdie keer was geen uitsondering nie. 
 Ballie se vuur en sy groot ketel was weer daar, die t-bone aandete was groot en die volgende oggend se ontbyt kon beswaarlik opgeeet word.  Selfs Bucket het kom groet met ontbyt.

3.  Breederiver Kayaking 23 March 2019

Kayaking saam met Ballie op die Breederivier.  22 van ons uit verskillende dele van die Weskaap oppad na Aan de Doorns toe, waar die toerleier ons kry.  Piet het gereel dat ons n vinnige wynproe deurwerk by die kelder en sommer aankope doen vir die aand se braai.  

Bucket het gaan gholf speel, en Ballie het ons deur die dag gelei.  Dit het maar moeilik gegaan met sommige ouens wat vooruit en ander wat nie wil nie.  Maar almal het uiteindelik na vele mishaps, by die einde uitgekom.  Die drywende vlot het uiteindelik daartoe gelei dat Piet en Diffie omgeval het.  Dit het redelike drama tot gevolg gehad, want Diffie het sy drankbeker verloor.  Piet soos altyd het nie n druppel gemors nie.

Die nappy run was weer n groot sukses, en ons het sommer vier rondtes deurgewerk.  Werner kon die aksie met sy waterdigte selfoon op kamera vasle.  Arme Ballie moes ons sleep om spoed op te bou, maar sy asem het net een rondte gehou.

Die tradisionele T-bene is volgens elke persoon se smaak gebraai, en ons het almal onder die sterre geslaap.  Spikkels het die ondersteunende rol gespeel met die bykosse.  

Alan Chiat het ons groot stories vertel oor fietsry in Israel, onder andere oor die desert dash.  Ek het n vermoede dit gaan uiteindelik lei tot n ander storie.

Die volgende oggend se ontbyt, wat worsies, eiers, spek, broodjies en uie ingesluit het, het die naweek geeindig.  Almal het stiptelik teen 9h30 die perseel verlaat!

Die Blended family het saam met die Vlooie n paar stoppe gemaak, onder andere by Du Toitskloof vir n cuppachino, toe by die Du Toitskloof hotel vir n yskoue bier, en toe by die Klapmuts hotel vir n loopdop.  Ongelukkig was dit hoogwater!

Die span
Die wynproe by Aan de Doorns


Die trokrit na die beginpunt toe.



Aksiefotos op die rivier
Aantrek vir die nappie run







Die aand se braai by die oornagplek en die oorslaapplek




Afsluiting by Du Toiskloof hotel en by Klapmuts hotel.



Die du Toitskloof lodge host die Piscator Pub, wat bier on tap het, en ook CBC craft beers verkoop.


Klapmuts Hotel is situated in Klapmuts, between Stellenbosch and Paarl in the Cape Winelands.  The Klapmuts area was discovered in 1657 by a Dutch expedition and was named after the mountain that resembled a sailor’s hat worn in those days. Klapmuts Hotel itself dates back to the 1800’s and is the second oldest hotel in the Western Cape. The Hotel is owned and operated by Antoine Dunne and his daughter Antoinette Dunne. 

Maartlelies teen die Breederivier.



2.  Breederiver Kayaking 2017

Piet, Divvie, Floors, Deon en Elize saam met ander pelle van Piet.  Bymekaarkoms by Aan de Doorns, dan word die karre eindpunt toe geneem en almal ry terug na die beginpunt toe.

Kano's het twee houers, een vir droe klere en kameras ens, en een vol ys.

Slaap onder die sterre, terwyl daar groot vuur gemaak word, en behoorlike T-bene gebraai word.   Volgende oggend se ontbyt was ook deel van die kuiertjie.



















Middagete stop onder die bome







1  Kayaking on Keurbooms

Tydens die Knysna MTB race het ons die Keurboomsrivier gaan roei saam met die kids.  Ons het die vorige aand oesters en sjampanje gehad, en Elize moes die roeitrippie mis omdat sy voedselvegiftiging gehad het.

Die rivier was baie skoon en ons kon kriekt op een van die strande speel.   Dewald het op n groot pofadder afgekom, maar die was diep aan die hiberneer.....
  








0  No direct footage - Adrenaline rush 2001





Comments

Popular posts from this blog

Dapper stapper club:- hiking and other things

Cederberge - Gatjie Boskamp