Dapper stapper club:- hiking and other things



Being a Bill Bryson fan, I often enthuse how he sees the world by just walking around.  In "Notes from a small island" he often talks about the inherent beauty of the UK, and the unlimited free land where one could walk and climb and relax.  Another old walking partner shared this wisdom: whenever you can, walk in the rain, walk in the snow, walk through the forests and fields, walk towards any strip of green....walk in wonder, walk in awe.....and one day - know that your children will walk in the wild....with the memory of it all.  

66. Kenhardt se 10km stap vir befondsing van Bybelverspreiding
Jeanette se inisiatief het gehelp dat ons saam 76km gestap het tydens ons jagtrippie
65.  Elephants Eye
Dapper stappers het die stewige klimmetjie aangepak na die grot aan die Tokai kant.....en n R5 coin vir Janru weggesteek in die grot....Lekker stap...eerste stap van 2024.
64.  Kloovenberg, Riebeeck Kasteel
Paasmaandag en 4 van ons gaan stap die kloof by Kloovenberg....effens moeiliker as wat mens verwag, maar ongelooflike plantegroe, bome en mos op die klippe...kry selfs kan om n paar olywe te gaps, en die laatoes druiwe smaak klaar soos rosyntjies.....Middagete by Eight Feet....seker een van die mooiste uitsigte.   n Moeite werd uitstappie saam met Wally en Jorika....en toe join Chardonnay ons op die stappie
63.  Maastricht stap 
Fondsinsameling vir NG Kerk, Dapper Stappers in getalle opgedaag en support. Die amper 10km was tussen die wingerde en afgesluit met Sauvigon slush puppies.  Salome, Vivienne, Linda, Elize, Ruanda en ek.  Wonderlike mense obtmoet met groot legacies.....Gerhard Theron met sy nederige houding wat mense se lewens regoor die wereld verander het.....
62.  Maun Botswana
61.  Koopmanskloof hike saam met die Bottelary Tennis klub.  Wally, Jorika, Piet, Linda, Leona, Amanda en Deon en Elize.  
Christelle het die stap gereel en altesaam 54 mense het opgedaag en in perfekte weer saamgestap.  Die veld is nat en groen, Danie Steytler het saam gestap en Tielman se samevatting van die ontwikkeling van die area het die alles bygedra. Een bottel Mooiplaas Merlot/Cabsav en n braai onder die bome bd tennisklub.....
60.  Historic hike in Cape Town CBD
Van die onderkant van Kaapstad deur die tuine.....kon net sowel Babylonstoren gewees het. Suurlemoenbome en rissies, spinasie en rooiwyn bd restaurant.  Deon Hester en Elize.  Die Iziko museum was n mleite werd stop met n versameling van meers as 11000 kunswerke.    Heelwat Irma Stern skilderye, asook n Picasso skets kan gesien word.  De bekende Anton  van Wouw se kopstuk van n Zulu hoofman is ook in die gallery.  R40 perkop en R20 vir pensioenarisse.
59.  Babylonstoren stap saam met Dapper Stappers...
Paas-Vrydag stap saam met Jean en haar kinders, Kiewiet en Hester, Linda, Wally, Jorika.  Wally het die roete uitgekarteer en moes groot druk hanteer toe ander die beplanning wou wysig..... Granate en naartjies en uiteindelik ontbyt sonder wyn op n reenerige dag...Die pont is aangedurf, Linda het geroei, en Elize het haar eerste eier gelê.  Ook die eerste ingevoerde Pakistanse grootoor lelie waargeneem....Koos.Bekker hetiets raakgevat met hierdie ontwikkeling.

58. St Blaze trail in Mosselbaai
Tydens 2023 se KKNK het ons ontbyt gaan eet in Mosselbaai en daarna die roete gaan stap.  Die foefieslide oor die see is baie lank, en die uitsig is fantasties.  Die roete is skoon en veilig, maar min mense op die roete.
57.  Luiperdskloof stap kuil toe

Saam met Piet en Dina tussen die wild op Theo se spore...vol rivier en sommer lekker geborrelbad in die rivier.....groot troppe blou wildebeeste.....en die uitsonderlike kennis oor voëls is hoogtepunte..... Ek dink Dina het die rondte gewen, sy is n local voël spesialis.....

56.   Pipe track op Tafelberg

Die Dapper Stappers het opgeruk en ons het die 11km Pipe Track gestap.   Dis n relatiewe maklike stap en Piet het ons die eerste keer formeel gejoin.    Met Hester, Linda en Piet in pienk het ek begin wonder.....Wally het bobbejaan gespeel in die grot en ek was weereens verbaas oor die aantal mense op die berg.  Die aquaduct is steed indrukwekkend, en mens wonder hoe die pyplyn teen die berg vasgelê was.  Op n perfekte dag kon ons amper tot in Amerika sien.   Ruanda, Hester en Jorika het ook saamgestap.  Mike Lundy se boek is steeds relevant na al die tyd en ons kon selfs n kaartlees- sessie inkry.  Na die tyd by Jerry's se binne-tuin gaan bier drink.  Ou wingerd van 1771 lewer nog n paar bottels wyn per jaar.
55.  Constantia nek saam met Wally en Jorika, Hester en Kiewiet.  

Natterige winderige weer het die dag se stap beperk tot 7km.  Ons was verbaas oor die hoeveelheid mense op die berg, veral met die groepe. Afgesluit met n brekfis in Houtbaai en n sjampanjetjie of drie later is ons huis toe. Bietjie tyd gehad om Mike Lundy se boek te bestudeer.... steeds n waardevolle belegging.  
54.  Tweede stap van 2023 rondom Botterberg se wingerde, net 6 km, maar n stewige 300m se klimme. 

Baie staproetes rondom Philadelphia en sommer nou deel van ons oefening vir die World Cup in Oktober 2023.  Die boere laat ons goedgunstiglik oefen op hulle grond en daar is myle se potensiaal.  Die foto wys Philadelphia in die verte. 


53.   Nuwejaarstap saam met Hester, Elize en Linda van Seepunt to by Clifton en terug.  

14,55 km met wyn en burgers by Burger and Lobster na die tyd.  Terselfdertyd die Kaapse klopse raakgekuier en kon lekker kuier met hierdie instelling wat jaarliks op 2 Januarie plaasvind.  Soos gewoonlik begin met een bottel Sauvignon Blanc, maar weereen besef goeie goed gebeur in veelvoude van drie...

52.  Stap saam met Divvie en Hester en Piet na die gat op Pearly Beach, 

Oom Tommie het ons aan Bon Courage se gooseberry sauvignon blanc voorgestel en ons kon die herinnering vier by n nuwe plek - sommer self die gat gedoop.  6km en oppad terug sommer plastiek opgetel op die strand.  Dit in net verstommend hoeveel platiek mense weggooi.

51. Meerendal se stap saam met Janru, Ruanda en Hester, met n heerlike ete by die revamped restaurant na die tyd.

Meerendal het aansienlike verbeterings aangebring aan albei restaurante, en hulle platters was van hoogstaande gehalte.  Ons het halfpad kon stop om n vinnige wyntjie tussen die bloekombome te geniet terwyl Janru in sy waentjie geslaap het.  Hy het nou sy eie hoed.  Die gedansery in die wingerde is nie as gevolg van die wyn nie

50.  Philadelphia stap op 26 November, Wally en Jorika, Ruanda, Hester en Janru.....met Piet en Werner wat die braai join.


49.   Uilenskraalmond stap....betrap 
ons perlemoen poachers op heterdaad.

Die stappie was lank op Piet en Divvie se bucket list.  Dis n maklike stap, veral as jy nie jou bril halfpad verloor nie....Ek is nie seker wat my vriend vir Santam vertel het nie, maar hulle het uitbetaal! Divvie haal sy ou polisieman tricks uit en steek sy alkohol-vrye bier weg in n papiersak.....wil nie in die openbaar gesien word met drank nie

 48.  Stap saam met Divvie en Piet na die seekombuis in Pearly Beach 

Die stap na die seekombuis volg die kuslyn oos van Pearly Beach af. Die strand is plat en loop vriendelik.  N ander vriend Renier maak die mooiste voete met klip...ons het sy kunswerkie op die sand herhaal.

47.  Mooiplaas stap

By verre die grootste groep wat nog saam gestap het.  Die Dapper Stppers was sonder Kiewiet, Jorika en Wally, maar Bertie en Dianne het saamgestap, Piet die eerste keer and Alida het ook gejoin.  Baie lekker gekuier saam met Tielman later, vleis gebraai en Piet het sy eerste bottel Sjampanje oopgemaak met Hester se swaard.
46. Brandpunt stap

Die brandpunt stap het sommer Linda se verjaardagparty geword en Wally se terugkeer stap na sy operasie.  Die twee koeksusters het ons gejoin, en Ruanda en Janru het kom saamkuier.   Wally was op n limited consumption instruction, en natuurlik is die naam van die stap nie relevant nie - julle sal vir Wally moet ompraat om die storie te herhaal....Leona het pad aangewys, en Hester het saamgestap.

45. Kruistog stap

Die Kiewiete, Linda, Hester, Alida, Leona en ons op die strand suidlangs na Sunset Beach.....en ons vier Lenn se geboorte..... saam die houte gedra.....pizza bd Kiewiete....special dag.  

44. Kogelberg, Somerset Wes

Die stap by Kogelberg was lankal op Leona se bucketlist.  Die span was redelik groot and die totale klim was meer as 900m oor n 14 km afstand.  Aanvanklik dit verkeerd gekry en net die kort reoete gedoen, maar die span het besluit dat terwyl ons daar is, dat ons nie net kan omdraai nie.  Bogekom het ons gestap totdat ons die dam kon sien. Pragtige roete en buitgewoon skoon veld en min rommel. 

Die ou karavaanpark aan die noordekant van die parkeerplek is tot niet an die natuur is besig om oor te neem.

Deon, Renier, Kiewiet, Elize, Leona en haar pelle, Linda, Ramey en Loricia, Lawrence en sy pelle saamgestap, met die wyntjie en n hamburger na die tyd.   Kiewiet se kleurvolle broeke het kleur aan al die prentjies gebring.


43. Paarlberg saam met die Dapper Stappers

Leona het ons oorreed om die bekende roete te stap, en Wally en Jorika, Kiewiet en Renier en Linda het saamgestap.   Die roete is uniek en skoon, en die Westekant van die berg het afgebrand.  Dit het geleentheid gegee vir pragtige fotos.  Bo-op die berg piekniek gehou.

Wally het geleer van Mozart se decomposing, die meisies het die kanon bestyg.  Lekker verassing toe ons vir Harlan Cloete raakloop.  Rheebokskloof se Pinotage het saam met n paar pizzas gesorg vir die terugsit van die kaloriee wat verbrand is gedurende die oggend-trippie.  Die roete het ook die bynaam van Koggelklofie gekry - die Afrikaanse vertaling van Cleavage - sien die tweede foto!


42.  Kgali hill hiking in Gaborone Botswana and to 1st Lady Coffee shop

Baie mense op die roete net buite Gaborone - 45 min se klim, met n uitsig oor die rivier.....aan die anderkant is Suid Afrika.  Ons kon nie fietse gehuur kry in Gaborone nie, en moes to settle vir die klim....Later ook na die No 1 Lady Detective se koffiewinkel gestap.....Baie Chinese ingenieurs en verskriklik baie rommel op die staproete - Ons het twee sakke vol rommel afgedra onder toe en probeer om die plek beter te los as wat ons dit gekry het.


42.  Tafelberg saam met die Dapper Stappers

Vroegoggend stap op Tafelberg se kontoerpad.  Ons het letterlik amper die son sien opkom, groot pret saam met almal.



41. Lang hike oor Suikerbossie saam met Dapper Stappers

Saam met die Kiewiete en die res van die span 19, 4 km gedoen.  Langer hike as beplan, met Leona wat net plakkies aangehad het.....Elize het ons later gejoin vir ete in Houtbaai. Bertie en Diane - wat ons eenkeer langs Melkbos se strand raakgeloop het, het saam met ons gaan stap.  


40. Dapper Stappers se eerste hike 2022 - Melkbos

Wally, Jorika, Renier, Kiewiet, Johan, Elain, Linda, Leona, Elize en Deon - hike van Blouberg na Melkbos - 8.5km, en daarna Java by Melkies.  Laagwater het dit so bietjie makliker gemaak.  Daar was geen voorskrifte oor hoofbedekkings nie.  Tien stappers is n goeie begin.  

39.  Modderbult December 2021: veld-hike saam met Blended en Janru na die damkamp toe......

Hike saam met Piet, Werner, Ruanda, Lawrence, Janice, Janru, Deon en Elize.....6.5 km Damkamp toe op n baie nat Modderbult.  Laaste hike van 2021, en die eerste een in die rugsak.....


38.  Janru se eerste hike

Al met die fietspad tot in Melkbos - Ruanda, Elize en Janru - 8.5 km en n koffietjie by Melkies....Janru was eintlik veronderstel om te slaap.


37. Blokhuis by Simonstad

Die protea links bo kom net hier voor, geen ander plek in die wereld nie - saam met die Dapper Stappers, met n bier by Cape to Cuba in Muizenberg.  Die blokhuis het treinspoorstawe as houtkappe, en die stawe is weggeroes.  Sowat 6.5km met 580m klimme.  Die padteken linksonder herinner vir Renier dat hy nie altyd voluit hoef te hardloop nie....


36 Blouberg - Melkbos stap

Janru se eerste stap saam met ons, en Renier en ek moes die stootwaentjie oor die sagte sand sleep.



35 Tafelbergstap - Kasteelpoort



34 Seepunt stap saam met Renier en Kiewiet

Die 12 km stap wat ons gereeld doen, en laat ons altyd aan Barcelona dink.  Stap het begin en geeindig by die Ornajezicht mark naby die Waterfront.  Dewald en Dalene, Kiewiet en Renier, Hester saam met ons en die twee sussies by die Oranjezicht markie.  Die bril is steeds daar en daar is sekerlik mijoene fotos geneem waar mense die Hester-ding doen.

33. Saam met Hawies en Tielman naby Malmesbury

Die tennisklub se jaarlikse stap het in 2020 by Hawies se plaas gebeur, en Justin en Tielman het weereens baie kennis gedeel. Die wereld is baie mooi, en alhoewel dit nog nie erfenis status het nie, is daar baie prosesse in plek om dit te bewaar.


32. Contour path on Table mountain during lockdown, followed by a bigger group the week after....Kiewiet en Renier joined us for the first time, and Hester challenged herself on the thin edges between Platteklip and the cable car.  Sommer n skelm witwyntjie gedrink na die tyd uit Piet se boot uit.  Lcokdown was net verby en die getalle op die verg was redelik beperk.


31.    Maart en April lockdown in die Ooskaap - COVID 19

Meer as 100 km gedoen gedurende die 5 weke op Modderbult - damkamp, Magdalena, en die seuns kon 9 springbokke en 5 varke skiet.  DIe peikniekstap saam met die Smitte was groot pret, en kon darem n vlakvark-worsie braai daby damkamp.


30.  24 Januarie 2020 - Saam met Piet van Las Ramblas na die bopunt van Parc Guell - lekker 14 km vir die dag gedoen

Parc Guell besoek vir die dag, en uiteindelik koffie brekfis gedoen in die park.  Musiekante was afwesig, en die Afrikane is besig om hulle crap in die paadjies te verkoop.  Steeds amazing uitsig oor Barcelona.  Die trappies na die Park toe was waarskynlik erger as die klim binne in die Park.





29. 3 Aug 2019 saam met die kids - Arangieskop

Moeilikste hike naas Skotland met n 5 ure lang klim boontoe, en n 6 ure klim af. Niel Burger se hut bo-op die berg moet die mooiste uitsig-prys wen.  Pragtige houtwerk aan die binnekant.  Vuur binne en buite, asook n donkie vir warm water.  Summit teen 1700, ongeveer 1400m se klim tot bo.  Ons het die eerste keer die hike gedoen in n adventure race van Zirk Botha.   Dit was vreeslik mistig, en ons moes van onder af hike tot by die hut.

Gelys in Mike Lundy se Western Cape weekend trails.

 28. 9 June 2019 Rhodes memorial and surrounds with Obi.

Mike Lundy wrote his book about all the hiking trails in the Table Mountain reserve. I bought the book when Mike was still alive, and I always wanted to tick off all the walks.  The book got filed in my library, after a recent clean up exercise I found the book again, and Elize and I decided to do the 22 odd hiking routes in honor of the great man.  He passed away on 27 May 2015, a mere 74 years old the way we measure time, but his walks were a lot longer in a different time dimension.

I am fascinated with the great numbers of people on the mountain whenever I am there, families, dads and kids, moms and kids, genders, races, old and young, and plenty of dogs, with little or no littering or dog poo......I think signage can be improved, but for the rest......I wonder if there is another city in the world where you can be in nature within 20 mins with the quantity of tracks and the 360 degree views.....

Our first grandchild joined us on this hike.....Obi the dog.....did a 7 km hike and was rewarded with scones and jam at the coffee shop at Rhodes Memorial.

27. 8 Jun 2019 Kloofnek corner, contour path down Platteklip gorge

The perfect day for this 6km hike.  After the rain, there were plenty waterfalls to see, and lots of water on route.  Ended the hike with a burger at the Burger and Lobster in town.

Tough start up Kloofnek corner, up to the beacon, but then a pleasant hike on the contour path towards Platteklip Gorge.  The contour path actually goes around past Devils peak to Kirstenbosch.

26. 12 May 2019 The mothers day hike in Kirstenbosch gardens

Moedersdag stap en piekniek  - met een van die hoogtepunte seer sekerlik die stap op die rooftop hangbrug waar jy werklik tussen die boomtoppe stap.  Eintlik moet mens n hele dag hier spandeer.

The Kirstenbosch estate covers 528 hectares, of which 36 ha is cultivated and the rest is a protected area supporting natural forest and fynbos, and indigenous wildlife, including birds, mammals, reptiles, frogs and insects. Kirstenbosch is adjacent to the Table Mountain National Park, and both form part of the Cape Floristic Region Protected Area, which was proclaimed a UNESCO World Heritage Site in 2004.
25. Seepunt hike

Soms stap ons net die seepunt roete omdat dit naas die Barcelona strandfront, seer sekerlik die mooiste "walkway" in die wereld moet wees.  Stad Kaapstad is konstant besig om dit op te gradeer.  Ons het ongeveer 10.5 km gestap, en die eerste keer die getypoel opgemerk net voor die sirkel wat Bantry Bay toe gaan.  Die water is helder skoon, en as jy mooi kyk is daar n klein seilbootjie in die agtergrond.  Water is skoon met geen of min plastiek wat hier rondle.


24. Barrydale hike 1 Januarie 2019

n Baie koue en winderige hike rondom die noordekant van Barrydale saam met Andre en Mariette.  Ons het ook elkeen n klippie op die stapel gelaat.  Die uitsig suid oor Barrydale is werklik asemrowend mooi, ongelukkig eindig die hike aan die westekant waar n klomp rommel gestrooi is en doen dit afbreek aan die pragtige roete.  Aan die noordekant van die berg kan die wildsplase gesien word, en alhoewel ons geen wild van naby gesien het nie, is die wild volop.   Klim is steil in die begin, maar as mens eers bo-op die berg is dan is dit relatief maklik.  Ons het die middag in die poele gaan swem wat aan die suid-weste kant van Barrydale is. Ek was verstom oor die getalle van mense wat daar geswem het.


23. Meerendal December 2018 - hiking with Rias, Annalie, Dewald en Daleen to the top of Meerendal hills, and finishing it off with a gin and tonic in the parking area.  Fold up table and chair provided comfort.  Hiking distance only 5.7km, but half of it was uphill.  Annalie requested a picture next to the Christof Sauser rampage sign, but wanted proof that this hike was of an advanced status, definitely not for beginners!


22. 14 July 2018 Jonkershoek

Saam met Werner, Ruanda en Byron - die roete het ons helemal verras in term van afstand, en ons het uiteindelik 21 km gedoen ipv 15.  Definitief een van die mooiste hikes in die area.  Selfs sneeu op die berge gesien.
Die foto links onder - lyk of 'n eier op die klip le, dit is 'n regte stukkie klip wat in die groter klip ingemould is.


21. Mooiplaas Wine Estate & Private Nature Reserve is a winery, vineyard and nature reserve situated in the Stellenbosch wine district of the Western Cape. The estate dates back to 1806 when the first owner, Petrus Jacobus Bosman acquired the farm. It was bought in 1963 by Nicolaas and Mercia Roos.   This annual hike under the guidance of farm owner Tielman Roos, spans over 10 to 13kms and allows for splendid views across the Stellenbosch vineyards.  We always finish the day with a braai on Mooiplaas, after also visiting Goedehoop and Kaapzicht.  The walk includes three wine tastings along the way and the tastings are presented by the wine farmers themselves.

Tielman started the word...."Langtafel" which has now ingrained itself into many other facets of our lives.   Christmas 2018 was held on the premise of a langtafel.


17 tot 20 Whale trail 2018 - 5 days.

Die kids het die drie oues van dae saam genooi op die trippie, en elke tree van die 53km was die moeite werd.   Baie walvisse en dolfyne gesien, met silwerskoon huise en geriewe. Roete is in goeie kondisie, and baie min rommel wat agter gelaat word.


16.  Selkasaarenkota, Kemi, Finland

Selkasaari is an island in the middle of the Baltic sea.  During winter one can do the 10 km return hike over the frozen sea to the island.  We did this on 21 May 2018.

It is quite nerve racking walking over the frozen sea, and in one of the photos Elize and I are standing on two opposite sides of a long crack on the snow.  We did think twice before we did the hike across.  We were the only two people on the island that day, although there are houses on the island.


15. Russian border

We drove to the Russian border and hiked all the way to Raja-Jooseppi's village, a total distance of about 13 kms.  The village is still intact, with wood in the cabin next to the fireplace.  The hike is right next to the Russian border, which is only indicated with yellow tape around the trees.  One can easily imagine how the Germans struggled in the snowy conditions during the second world war.  We did see Reindeer along the way, but the snow was loose and thick, and in terms of exertion, one of the more difficult hikes that we have done over time.


14. Giellijohka - Finland

Isolation in the extreme.  We decided to do a hike in the Finnish woods, and were advised to follow the tracks as one could easily get lost.  Anita, our host, said that if you get lost, they will only find you in summer!  Two things that is different is the noise that your shoes make when you walk on the snow, and the absolute remoteness, where you see and hear nothing.  White is never quite so white in our country, and all the trees are covered with snow.  We did close to 12 km's on this day, and it took us almost three hours to do.  We were looking out for reindeer and foxes, but never saw any life in this desolated landscape.  I want to redo this in summer.

We also took another hike to the hermits camp the next day.  The story is captured elsewhere, but  we visited the house of this man who decided to move away from society and live his live of the land.  He passed away since, but all his belongings are still intact in his little house.  the second set of photos reflect on what it looks like today.



13. Jonkershoek saam met Byron, Ruanda en Werner en Werner se wiskunde boeke

21 km gehike in sowat 6 ure, moelike klim met ongeveer 800m vertikale klim met moeilike bergaf, los en nat klippe.  Die klim was tot voorbereiding van die Whale Trail wat in Augustus plaasgevind het.  Ek was swak gekit, sonder n reenbaadjie gestap.  Gelukkig het Byron een gehad wat hy kon leen.  Ruanda wou graag stap met gewig op haar rug, en besluit om haar wiskunde boeke saam te sleep in haar rugsak!

Die klim is spectacular, maar die afkom aan die westekant was nat met baie los klippe. 


Op n ander geleentheid het ons Jonkershoek gedoen saam met Quinten en Christa Deacon - pragtige dag en gepiekniek aan die onderkant van een van die watervalle.  Quinten het vir ons n bottel wyn saamgedra.  Styl vir n man wat nie sy lippe aand wyn sit nie.



12. Platteklip Gorge......definitief een van die beste stappe in die Kaap. Dit neem net 1 uur tot bo en ek was baie verbaas hoeveel families en kinders op die roete was.  Die kos is baie duur, maar dit is n spesiale plek om te eet na die stap boontoe.  Ongeveer 1000 meter bo seespieel, en een van 22 staproetes wat rondom Tafelberg bestaan.

Ons het die gorge al meer as tien keer geklim oor tyd, maar drie spesiale geleenthede staan uit.  Dewald was een jaar oud toe ons die groge geklim het, en ek moes hom dra tot bo.  Jare later het ons die berg uitgeklim en gekyk of ons een uur kan breek van onder tot bo, en ons het ongeveer 51 minute geklim, en op n derde geleentheid het Ouma Lilian op 73 of 74 jarige ouderdom saam met ons geklim.  Iewers het ek nog n foto van laasgenoemde.  Elize se pa was ook ouer as 70 toe hy dit eenkeer saam met ons gedoen het.

11. The Blaauwberg Nature Reserve (BBNR), a unique area of approximately 2 000 ha comprising a rich mosaic of natural, cultural and historical elements, is located 25 km north of the centre of Cape Town, South Africa. It is regarded as a global biodiversity hotspot. It harbours a unique treasure of cultural historical artefacts and has the potential to become an open-air classroom which is easily accessible to millions of people in its proximity. It also provides a strategic visual link between Table Mountain and Robben Island and provides opportunities for a multitude of recreational activities.


Van der Merwes, Piet en Tanya, Mariette en Adri, en Koenraad en sy familie.  Ek dink Jannes vloek my nou nog na die lang gestappery.  n Gids wat baie vertroud was met die Slag van Blouberg het die stap meegemaak, en die hele oorlog vir ons verduidelik.  Interessante gedeelte van die geskiedenis.
10. Llandudno stap saam met die van der Merwes en Hester - 10 km.  Selfs die honde was ingesluit - ons herhaal die stap een keer n jaar, en elke keer gaan ons effense verder.  Dit moet die mooiste stap wees in Suid Afrika.
9. Tielman se eerste stap in 2017.  Die 10 km was toe uiteindelik 13km - wat Marie toe genoop het om te se..."Nee fok Deon.....maar klaarmaak het sy en vroeg slaap ook.  Die staproete besoek drie wynplase (Mooiplaas, Kaapzicht en Goedehoop).  Elke wynplaas het n wynproe gehou, en n klomp van die tennisklub lede het saam met ons gestap.  Dit is verseker een van die beste stappe in die Weskaap.  Tielman het persoonlik die stap gelei, en sy kennis van die veld en wingerde is verstommend.



8. Jan se gat - Koeberg natturreservaat - saam met die stapgroepie, en Ryno het saam met ons gestap. Gert Greef het die volgende oggend geskakel en gevra of ons nie kan lees nie, geen private kuiers by Jan se Gat nie!  Na die stap darem kans gehad vir n Boschendal Blanc de Noir.  Die van der Merwes het ook gejoin vir die stap.


7. Meerendal 2018

Eerste stap saam met die stapgroep was n 10km hike teen Meerendal se koppe uit.  Werner, Ruanda, Heidi, en Wilma het ons gejoin.   Die naam Dapper Stappers het eers later gevestig, en die groep het aansienlik gegroei.

6. Barberton January 2017

We did this little hike in the mountains around Barberton, and it has the quaintest little picnic place in the middle of the bush.  However the trail is not frequently used and we kept on looking around to make sure we were safe.  After a while the route meets with a gravel road at the top, and then it is open air and one feels a lot more safe.   The best part of any hike is to have that beer, in this case the old trusted Windhoek lager.

5.  18km stap in Parys van die Arc de Triomf tot by Notre Dame...ontbyt by Montmatre

Na Vichy se ysterman het ons een dag in Parys gehad, en alhoewel ons vrooer die jaar ook daar was, het ons besluit om Parys te voet te verken, en skielik besef ons sien baie meer.  Die trippie was onbepland, omdat ons ons vliegtuig Parys toe verpas het.  Moes die trein neem, en later met Kenya Airways n vlug terug gekry Suid Afrika toe.   Die ou Mont Matre is nie meer dieselfde nie, maar die koffiekroeg waar ons sewe maande terug aam met Ruanda gekuier het, was steeds daar...en ons sit by dieselfde tafel.



4. Eyne, Suide van Frankryk 4 Jan 2015

Saam met Chritan en Dewald gehike, hulle het net saam gehike tot by n historiese uitkykpunt en klomp fotos daargeneem.  Die res van die hike was in die woud, en baie van die waterstrome was toegeys.  Totale afstand was 10.4 km.  Eyne is n klein village net suid van Font Romeu, sowat 500 huise en amper net soveel honde.




Die fotos hieronder is geneem van n grot met n spesifieke merkteken, waarvan ek die storie vergeet het.  Die foto's is geneem 2 dae voordat ons begin ski het, en daarna het die sneeu begin val.  Die hele wereld rondom ons het binne drie dae verander en alles was skielik wit.  Alhoewel ons nie fotos geneem het nie, was daar n husky plaas naby.  Die honde het aanmekaar gehuil en min het ons toe geweet dat ons 2 jaar later n husky sledding ride sou doen in Finland.

3.  Assissi - Italie 14 Desember 2008.

Een van my favourite hikes van alle tye is rondom die dorp van Assissi.  Ons het sowat 15 km buite die dorp gebly, en ons het een dag dorp toe en terug gestap.  Ruanda was net groot genoeg om warm te kon bly met n slukkie OBS, en Dewald het sy verste hike gedoen wat hom letterlik op die bed laat neerval het waar hy met klere en al aan die slaap geraak het.  Ons het halfpad sewetjies gespeel in n klein koffiekroegie, waar ons die enigste kliente was.


2.  Knysna forest hike 6 July 2006

The legend of the Knysna elephants and the golf mining in the Knysna forest attracts many hikers during the year.  We did this 10km hike with the Vlooie during one of the Oyster festival trips.  We visited a mine where the fools gold could be seen on the rocks within the shallow mines.  No sign of the elephants though, any reference to them remains the book "Fiela se kind".  Since then an elephant was spotted during 2021.

1.  Oldest hiking photo

Foto is rondom 2000 geneem tydens ons een van ons hikes op Tafelberg.  Soos Dalene tereg opgemerk het jare later, gelukkig het Dewald gegroei.  Dewald was een jaar oud toe hy die eerste keer Tafelberg saam met Janus se familie uitgeklim het.  Daarna heelwat keer saamgedoen.





Comments

Popular posts from this blog

Cederberge - Gatjie Boskamp