Posts

Showing posts from April, 1970

Pieter Jansz Swanepoel

STAMOUERS PIETER JANSZ SWANEPOEL EN MARIA SIBELLA SACHS  1.1 Europese herkoms van Pieter Jansz Swanepoel Pieter Jansz Swanepoel en Maria Sibella Sachs is die stamouers van die talryke Swanepoel-familie in Suid-Afrika. Uit die beskikbare bronne blyk dit dat Pieter Jansz Swanepoel in 1699 aan die Kaap die Goeie Hoop aangekom het (KAB: VC 39, Vol2: 207 /231). Daar kon egter geen inligting oor sy Europese herkoms in die Kaapse argiefbewaarplek gevind word nie. Uit Pieter Jansz Swanepoel se naam kan 'n mens aflei dat sy vader Jan Swanepoel geheet het. Die afkorting Jansz staan vir Janszoon, dit wil se Jan se seun. 'n Ander leidraad wat kan help om sy Europese herkoms te bepaal, is die feit dat hy die plaas waarop hy sedert 1709 in die Land van Waveren weiregte gehad het en wat hy in 1716 in eiendom ontvang, Nieuwmunster genoem het (KAB: J 184; De Wet 1964: 77-78; Leibbrandt 1988: nr 82). Volgens onlangse navorsing deur dr AJ Swanepoel van Pretoria, is daar wel op 30 Januarie 1678 ...

Oupa Gawie en Ouma Rita

Image
Gabriel Petrus van der Westhuizen/ Magdalena, Elizabeth Aletta Swanepoel Pa gebore op 22 November 1938, ma gebore op 9 Oktober 1943, getroud op 1 April 1961 Een van die laaste braaie waar my ma nog by was, ek skat dit was iewers tussen 2005 en 2008 geneem.  Koenraad, Armand en Dewald op die foto.  Koenraad het die huis self gebou, en ons het die dag krieket in die agterplaas gespeel.  Die foto van die quadbike herinner my dat dit die eerste kuier by die huis was, wat beteken dit was redelik nuut gewees. Al die kids saam met Kenyati.  Die lievelstene is gevul met sement en klippies.....Koenraad het my ma die werk laat doen! Snelbouler Ina van der Westhuizen met Clarissa wat aankyk. DIe braai was op n tweede geleentheid. Wanneer ek en Elize gaan hardloop het, het my pa met sy fiets saamgery.  Dit is dieslfde fiets waarmee Elize haar eerste Argus gery het  Die Hikali fiets het ons vir n R1000 by n Indier i...