Pieter Jansz Swanepoel

STAMOUERS PIETER JANSZ SWANEPOEL EN MARIA SIBELLA SACHS 

1.1 Europese herkoms van Pieter Jansz Swanepoel Pieter Jansz Swanepoel en Maria Sibella Sachs is die stamouers van die talryke Swanepoel-familie in Suid-Afrika. Uit die beskikbare bronne blyk dit dat Pieter Jansz Swanepoel in 1699 aan die Kaap die Goeie Hoop aangekom het (KAB: VC 39, Vol2: 207 /231). Daar kon egter geen inligting oor sy Europese herkoms in die Kaapse argiefbewaarplek gevind word nie. Uit Pieter Jansz Swanepoel se naam kan 'n mens aflei dat sy vader Jan Swanepoel geheet het. Die afkorting Jansz staan vir Janszoon, dit wil se Jan se seun. 'n Ander leidraad wat kan help om sy Europese herkoms te bepaal, is die feit dat hy die plaas waarop hy sedert 1709 in die Land van Waveren weiregte gehad het en wat hy in 1716 in eiendom ontvang, Nieuwmunster genoem het (KAB: J 184; De Wet 1964: 77-78; Leibbrandt 1988: nr 82). Volgens onlangse navorsing deur dr AJ Swanepoel van Pretoria, is daar wel op 30 Januarie 1678 'n Pitrus Swanepoel in Nieuwmunster in Wes-Vlaandere gedoop. Sy vader was ene Joannis (Johannes/Jan) Swanepoel. In daardie stadium was die kerke in Wes-Vlaandere oorwegend Rooms-Katoliek. Dit verklaar moontlik die Latynse vorm van die name in die doopinskrywing. Volgens hierdie doopregister van Nieuwmunster het Pitrus Swanepoel ook 'n suster Maria gehad wat op 29 Julie 1672 gedoop is, 'n broer Wilhelm (gedoop op 13 Januarie 1675) en 'n broerjsuster wat op 20 Julie 1676 gedoop is, wie se naam nie ontsyfer kon word nie (1999: 7). Tot dusver is die verband tussen bog 8 Wes-Vlaandere (http:/jbelgium.rootsweb.comjbelgium_places_n.html). 

Volgens AJ Swanepoel het 'n stamboomondersoek wat in 1960 in Belgie na die herkoms van die familie Zwaenepoel / Swaanepoel / Swanepoel gedoen is, hulle oorsprong terug gevoer na ene Petrus Swanepoel, wat random 1630 gebore is en van die dorp Schore in Wes-Vlaandere afkomstig was. In 1585 is daar egter reeds in dokumente melding gemaak van ene Jan Zwaenepoel en sy gesin, wat een van 68 gesinne was wat op die Vlaamse dorp Roeselare oorgebly het, nadat dit deur bendes vrybuiters geplunder en verwoes is (Swanepoel 1999: 7). Verder is dit belangrik om daarop te let dat Pieter Jansz Swanepoel sy naam as Pieter Janse Swncnepoc! geteken het (KAB: J 184). Oor die presiese datum waarop Pieter Swanepoel in Suid-Afrika aangekom het, bestaan daar nie sekerheid nie. Hoewel HT Colenbrander en JH Redelinghuys beweer dat Pieter Swanepoel in 1699 na die Kaap gekom het, vermeld hulle geen bronne nie (gd: 30-31; 1954: 262). In die Monsterolle vir v1'ije Lieden van 23 Januarie 1702 word daar vir die eerste maal verwys na Pieter Jansz. van Swaanepoel, woonagtig in die distrik van Drakenstein (KAB: VC 39: 118 - 204; KAB: VC 49: 9). Hiervolgens was hy in 1701 reeds as vryburger in die Drakenstein-distrik woonagtig. Dit word bevestig deur die feit dat die naam Pieter Swanepoel in 1701 vir die eerste keer in die Generale Monsterrolle voorkom, en wel as infanteris onder kapt Barend Burgert (KAB: STB 13/21; KAB: VC 15; De Wet 1964: 1). 

lh die Opgaafrolle waarin daar jaarliks volledig rekord gehou is van elke vryburger se roerende en onroerende eiendom, kom Pieter Jansz Swanepoel se naam ook in 1701 vir die eerste maal voor (IHN: VOC 4046: 971; IHN: VOC 4048: 441; IHN: VOC 4050: 259). Die moontlikheid bestaan egter dat Pieter Swanepoel reeds in 1699, soos Colenbrander beweer, aan die Kaap aanwesig was, want in die Monsterrollen van de Officieren, Matrosen ende Soldaten van Julie 1699 word die naam van ene Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 9 Pieter fansz., 'n soldaat, vir die eerste keer vermeld (KAB: VC 39, Vol 2: 207, 231). Daar bestaan geen Monsterrol vir die jaar 1698 nie, sodat die moontlikheid bestaan dat hierdie Pieter Jansz reeds die vorige jaar aan die Kaap kon gewees het. In die jaar 1700 verdwyn die naam Pieter Jansz uit die lys van soldate, maar in die lys van Vryburgers verskyn die naam Pieter fans. vir die eerste keer onder die ingesetenes van die distrik Stellenbosch (KAB: VC 39, Voll: 197 I 201). In die daaropvolgende Monsterrol van vrije lieden van 23 Januarie 1702 (en ook in die jare daarna) is daar geen verdere verwysing na Pieter Jansz in die Kaapse, Stellenbosse of Drakensteinse distrik nie, maar die naam Pieter fansz. van Swaanepoel word vir die eerste keer onder Drakenstein vermeld (KAB: VC 15; KAB: VC 39: 118 - 204; KAB: VC 49: 9, 27, 51, 73, 96, 117, 130, 157, 183). Dit dien as bevestiging vir Colenbrander se reeds gemelde teorie dat Pieter Jansz Swanepoel reeds in 1699 na die Kaap gekom het, maar dat daar aanvanklik slegs as Pieter Jansz na horn verwys is. Indien hierdie teorie korrek is, kan 'n mens aanvaar dat Pieter Jansz Swanepoel met sy aankoms aan die Kaap ongeveer 21 jaar oud was. 

Tergende vrae wat in hierdie stadium onbeantwoord bly, is die datum waarop hy as soldaat in diens van die VOC getree het, wanneer en met watter skip hy na Suid-Afrika gekom het en wat die omstandighede van sy familie in Vlaandere was. 1.2 Redes vir Pieter J ansz Swanepoel se koms na die Kaap Die omstandighede in Belgie gedurende die tweede helfte van die sewentiende eeu bied 'n moontlike verklaring vir Pieter Jansz Swanepoel se toetrede tot die diens van die VOC en sy uiteindelike koms na die Kaap. Teen die einde van die sestiende eeu was die deel van Europa waarvan die huidige Belgie deel vorm, verdeel in die Verenigde Provinsies in die N oorde, ·. ,. , I Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 10 onder leiding van Willem van Oranje, wat hulle onafhanklikheid van Spanje ten alle koste wou behou en die Katolieke streke in die Suide, bekend as die Spaanse Nederlande, wat getrou wou bly aan Spanje. In 1648 het Spanje deur die Verdrag van Munster die onafhanklikheid van die Verenigde Provinsies in die N oorde erken en ook ingestem om die Schelderivier vir navigasie te sluit. Die gevolg was dat Vlaamse stede soos Antwerpen, Gent en vroeer ook Brugge, hulle belangrikheid as die streek se handelsentrums verloor het. Hierna sou die hawe van Amsterdam daardie rol oorneem (http:/ jwww.interknowledge.com/belgium / index.html). Lodewyk XIV wat tussen 1659 en 1715 oor Frankryk regeer het, het egter volgehou met pogings om beheer oor die Spaanse Nederlande te verkry. Hierdie pogings is teegestaan deur Holland, Spanje en ook Engeland. Die gevolg was dat die huidige Belgie die slagveld geword het waarop hierdie moondhede mekaar die stryd aangese het. Dit het 'n hoogtepunt bereik met die Spaanse Suksessie-oorloe van 1702 tot 1713 en die daaropvolgende Verdrag van Utrecht in 1713 (http:/ jwww.interknowledge.comjbelgium/index.html). 

Die stad Brugge is gelee aan die Zwinrivier en die stad se ontluiking as handelsen kulturele sentrum kan teruggevoer word na die groot vloed van Duinekerken in die twaalfde eeu, wat die Zwin 'n ideale bevaarbare rivier gemaak het. Brugge het gevolglik van die 13de tot die 15de eeu een van die rykste stede in die wereld geword, met uitstekende banke, tekstielnywerhede, kantwerk, tapiseriewerk, skilderye en beeldhouwerk (http:/ jwww.interknowledge.com/belgiumjindex. html). Teen die helfte van die 16de eeu het alles verander as gevolg van die feit dat die Zwin besig was om toe te slik, sodat dit onbevaarbaar geraak het vir handelskepe. Daarmee saam is Brugge ook onderwerp aan die oorloe waarna vroeer verwys is, sodat dit met die aanbreek van die 18de eeu bloot 'n skadu van die eens welvarende stad geword het 11 I index.html). Dit is onder hierdie omstandighede nie vreemd dat 'n jong man soos Pieter Jansz Swanepoel van Nieuwmunster deur die welvaart van Amsterdam aangelok sou word en sodoende as soldaat in diens van die VOC sou beland nie. 

1.3 Beroep na sy aankoms So os vroeer in hierdie hoofstuk aangetoon, is dit nie d uidelik presies waar en wanneer Pieter Jansz Swanepoel as soldaat in diens van die VOC getree het en wanneer hy sy ontslag gekry het nie. Daarby is dit moeilik om vas te stel watter beroepe immigrante a an die Kaap in hulle land van herkoms beoefen het. 'n Mens kan egter aanvaar dat hulle nie sommer totaal nuwe beroepe hier sou volg nie. Sommige immigrante het op eie koste of met die VOC se steun na die Kaap gekom en van die begin af 'n bestaan buite die Kompanjiesdiens probeer maak. Ander, soos Pieter Jansz Swanepoet het as Kompanjiesamptenare na die Kaap gekom en dan hier uit die diens van die VOC getree en op hulle eie 'n bestaan pro beer maak (De Wet 1981: 2, 42). Sommige immigrante het hulle as vryknegte aan ander Vryburgers in die Kaapse nedersetting verhuur totdat hulle finansieel sterk genoeg was om 'n onafhanklike bestaan te maak. Volgens GC de Wet se Naamlys van vryknegte in die Kaapse nedersetting, 1657 - 1707, het Pieter Jansz Swanepoel homself nie as vrykneg verhuur nie. De Wet onderskei egter tussen vryknegte en leenknegte. Vryknegte was amptenare wat hulle ontslag uit die Kompanjiesdiens geneem het en hulself dan as vry arbeiders aan ander werkgewers as die VOC verhuur het. Leenknegte was kompanjiesdienaars, gewoonlik matrose en soldate, wat tydelik deur die VOC aan vryliede verhuur is. Na die verstryking van die huurkontrak het hulle in die VOC se diens aangebly (De Wet 1981: 100, 224- 228). Dit is belangrik om hier kennis te neem van die Kompanjie se beleid ten opsigte Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 12 van immigrante rondom die jaar 1699. Reeds in 1685 het Hendrik Adriaan van Reede die Kaap besoek en kort daarna het die Here XVII besluit om die nedersetting aan die Kaap te stabiliseer deur vryburgers aan te moedig om hulle hier te vestig en 'n groter konsentrasie van die blanke bevolking in die hand te werk. Daar is ook aanloklike voorwaardes aan Franse vlugtelinge gebied in 'n poging om hulle aan te moedig om na die Kaap te verhuis (Muller 1975: 43, 44). 

Goewerneur Simon van der Stel is verder toegelaat om Nederlanders op skepe aan te spoor om hulle as landbouers hier te vestig. Tot aan die einde van sy ampstermyn op 11 Februarie 1699 het Van der Stel die Here XVII se beleid met betrekking tot immigrasie heelhartig ondersteun en die blanke bevolking aan die Kaap het in daardie stadium bestaan uit 402 mans, 224 vroue en 521 kinders (Muller 1975: 43, 44; Louwrens 1954: 130, 134). Sy seun en opvolger, W A van der Stel, het uitbreiding van die nedersetting en desentralisasie voorgestaan. Hierdie beleid het veral die veeboere gunstig getref en met Van der Stel se ontslag in 1707 het immigrasie feitlik tot stilstand gekom. Ten spyte van Van der Stel se gebrek aan entoesiasme het die Here XVII voortgegaan met die versending van emigrante na die Kaap en tussen 1700 en 1706 het hulle 50 persone, onder wie 20 mans, na die Kaap gestuur (Louwrens 1954: 134; Van der Wait ea gd: 76 -77). Om uitvoering te gee aan sy beleid ten opsigte van uitbreiding van die nedersetting, het W A van der Stel en lede van die Politieke Raad op 23 November 1699 'n reis na Stellenbosch, Drakenstein en die Tygerberg onderneem om geskikte grond te soek wat aan nuwe aankomelinge uitgegee kon word. Plase is ook in die Wamakersvallei aan nuwe aankomelinge toegewys. 

Op Saterdag 31 Julie 1700 is die eerste groep setlaars onder leiding van korporaal Douderstadt en ses soldate na die Land van Waveren gestuur. Korporaal Douderstadt is opdrag gegee om 'n buitepos daar op te rig om die belange van die ingesetenes te beskerm. Vier waens van die Kompanjie met benodigdhede is saam gestuur. Daar is egter besluit dat die vrouens en kinders vanwee die winterkoue en gevaar aan die Kaap Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 13 sou agterbly totdat die mans ruwe skuilings opgerig het en die gebied mak gemaak is. Op Sondag 17 Oktober 1700 het 'n tweede groep setlaars na die Land van Waveren vertrek (KAB: VC 15: 482, 763-764). 1.4 T oetrede tot die landbou Geen aanduiding van die wyse waarop Pieter Jansz Swanepoel aan die beginjare 'n bestaan gemaak het, kon gevind word nie. Die moontlikheid bestaan dat hy van vroeg reeds boerdery-moontlikhede in die Land van W averen begin oorweeg het. Afgesien van die vermelding van sy naam in die Opgaafrolle vir Drakenstein vanaf 1702 en in die Monsterrolle van vrije lieden, 1702-1725 is daar geen ander verwysing na horn nie (IHN: VOC 4046: 771; KAB: VC 49: 9, 27, 51, 73, 96, 98, 117, 130, 157, 183, 230 ens). Ook in GC de Wet se Lys van vryliede wat op kriminele aanlclagte tereg gestaan het, 1657- 1707, is sy naam afwesig (1981: 396- 407; KAB: CJ 4: 31- 32). Die distrik Drakenstein het in daardie stadium bestaan uit 'n aantal vestigingsgebiede, naamlik Drakenstein, Franschhoek, Wamakersvallei, die Land van Waveren, Riebeeck-Kasteel en Vier-en-twintig Riviere. Drakenstein (Paarl) was die kerklike setel van hierdie gebied (De Wet 1981: 5). 

Op 18 Oktober 1706 word 'n resolusie deur die Landdros en Heemrade van Stellenbosch en Drakenstein aangeneem waarvolgens die ingesetenes van hierdie distrik in werkspanne ingedeel is om die paaie en driwwe in hulle omgewing goed en bekwaarn te maak (KAB: 1 STB 1/2: 48). Hiervolgens was Pieter Jansz Swanepoel een van 'n span van vyftien mans onder toesig van Jean Manier (Calais in Dal Josafat) wat daarvoor verantwoordelik was om van de Drift van Pieter du Mont af tot aan Salornons rievier de wegen, driften, sloten vlot, goed en bekwaarn te rnaken (KAB: 1 STB 1/2: 48). Die ander lede van die groep, met die name van sommige se plase tussen hakies, was Jacques Pienaar, Salomon de Gournay (Salomons Vallei), Steven Fouche, David du Buisson, Jean (Paris, Paarl) en Gabriel le Roux (La Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 14 Concorde, Paarl), Matthys Michielsz, Abraham Cluse, Jacob Theron, Jan Buys/Jean du Buis, Jean Imbert (Languedoc, Klein-Drakenstein), Louis Fourie en Armand Veron (St Omer, Klein-Drakenstein) (KAB: 1 STB 1/2: 48; Coertzen 1988: 120 - 122). Dit is nie duidelik waar die drif van Pieter du Mont gelee is me. 

Die Salomonsrivier wat hier ter sprake is, is waarskynlik die Wilde Paarderivier, wat vernoem is na Salomon de Gournay, wat in 1688 as Hugenoot na die Kaap gekom het. De Gournay het 'n plaas by die samevloeiing van die Salomons- en die Bergrivier ontvang, wat hy Salomons Vallei genoem het. Hierdie plaas le oos van die Bergrivier teenaan die huidige Paarl. Net langs Salomons Vallei le die plaas Paris van 'n mede-Hugenoot, Jean le Roux (Coertzen 1988: 120, 121). Die feit dat Pieter Jansz Swanepoel saam met die ingesetenes van hierdie area in 'n werkspan ingedeel is, is 'n sterk aanduiding dat hy in 1706 hier woonagtig was. Volgens die Opgaafrolle vir Drakenstein, besit Swanepoel van 1701 tot 1704 slegs 2 snaphane (IHN: VOC 4046: 971; IHN: VOC 4048: 441; IHN: VOC 4050: 259; IHN: VOC 4051: 505). Dit versterk die vermoede dat hy horn aanvanklik as kneg aan een van die boere in hierdie omgewing uitgehuur het, hoewel sy naam nie in GC de Wet se Naamlys van vryknegte in die Kaapse Nedersetting, 1657 - 1707 voorkom nie (1981: 224- 228). In 1705 het Pieter Jansz Swanepoel oak 2 perde bygekry en in 1706 het hy 3 perde (IHN: VOC 4055 A: 528; IHN: VOC 4058: 490). Daar kon nie vasgestel word wat die stand in 1707 was nie, aangesien die mikrofilm met daardie jaar se Opgaafrolle onleesbaar is. In 1708 word die eerste aanduiding gevind dat Pieter Jansz Swanepoel horn tot die landbou gewend het. In Desember 1708 word daar in die Opgaafrolle vir Drakenstein aangeteken dat hy 4 perde, 3 beeste, 100 skape, 1 snaphaan en 1 degen besit (IHN: VOC 4060: 412). 

Dit is nie duidelik waar Pieter Jansz Swanepoel hierdie vee aangehou het nie, Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 15 want eers op 17 September 1709 ontvang hy toestemming van goewerneur Louis van Assenburg omme met desselvs vee, bestaande uit runderen en schaapen te nwgen gaan leggen en weyden, voor den tijd van ses maanden, over de Breede Rivier, onder Witsens gebergte, in't Land van Waveren (KAB: RLR 1: 203, 225, 247, 289, 326). In daardie stadium besit Pieter Jansz Swanepoel 2 perde, 16 beeste, 150 skape, 1 snaphaan en 1 degen (lliN: VOC 4062: 295). Van 1710 tot 1715 word sy aansoek om weiregte op bogenoemde stuk grand gereeld elke ses maande hernu (KAB: RLR 1: 203, 225, 247, 289, 326; KAB: RLR 2: 6, 39, 67, 106; KAB: RLR 3: 53 -123). Die toekenning van gratis weilisensies aan boere vanaf 1703 om met hulle vee op veeposte buite die grense van die nedersetting te gaan le, het sekerlik daartoe bygedra dat 'n arm jong man soos Pieter Jansz Swanepoel horn tot veeboerdery gewend het. Die keuse van weiveld is aan die boer oorgelaat. Die eerste lisensies is uitgereik vir drie maande. Later is dit verleng na ses maande en nog later na 'n jaar. Behalwe 'n vae aanduiding van die weigebied, was die vernaamste bepaling dat die houer nie 'n ander persoon in sy weiregte mag hinder nie. Daarby het die lisensie geen aanspraak op permanente besit verleen nie (V an der W alt ea gd: 87). Die eerste weilisensies is hoofsaaklik uitgereik aan persone wat alreeds op eiendomsplase gevestig was en was nie spesiaal bedoel vir ekstensiewe veeboere wat geen eiendomsgrond besit het nie. 

Met die ontwikkeling van ekstensiewe boerdery het daar egter mettertyd uit die toekenning van weilisensies 'n nu we vorm van grondbesit ontwikkel vir boere sander eiendomsgrond (Van der Merwe 1938: 67, 68, 71). Reeds in 1706 was daar onder die lisensiehouers van daardie jaar 'n aantal boere wat geen vaste woonplekke besit het nie en op die basis van tydelike weilisensies geboer het. Hierdie tipe lisensiehouer het jaarliks toegeneem en teen die einde van die agtiende eeu was die oorgrote meerderheid leningsplaasbewoners mense wat nie eiendomsgrond besit het nie (Van der Merwe 1938: 71). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 16 Hierdie stelsel is gevolg tot in Julie 1714 toe goewerneur Maurits Pasques de Chavonnes en die Politieke Raad besluit het dat rekognisiegeld van 1 Rds per maand betaal moes word. Daarby moes een tiende van alles wat op hierdie sogenaamde leenplase geoes is, aan die Kompanjie betaal word. Boere moes egter skriftelik vir so 'n leenplaas aansoek doen by die Goewerneur en die Politieke Raad en hierdie aansoek moes jaarliks hernu word. Indien 'n boer nie langer op 'n plaas wou bly nie, kon hy vir 'n nuwe een aansoek doen. Enige geboue wat intussen deur horn op die plaas opgerig is, kon hy tot sy wins verkoop (Muller 1975: 61). Op 27 April 1712 koop Pieter Swanepoel 'n stuk grand met 'n huis en 'n tuin daarop, gelee aan Stellenbosch en groat in zijnen grant Een Morgen rijnlandse maat vir 1 200 guldens Indiese valuasie van Abraham Evertsz (AK: T 1, 1716, 1065 - 1157: AK: T 1138, 6 November 1716; AK: T 1141, 6 November 1716; AK: T 452, 3 Desember 1698). 

Hierdie stuk grand is aan die noordwestekant begrens deur die grand van Jan van Oldenburgh (ook bekend as Jan van Eeden), suidwes deur die grand van Harmen Jansz, suidoos deur Stellenbosch en noordoos deur Kalbaskraal. Die eiendomsnommer van hierdie stuk grand is Kalbaskraal 2521, maar die presiese ligging daarvan kon nie bepaal word nie (AK: T 1, 1716, 1065 - 1157: AK: T 1138, 6 November 1716; AK: T 1141, 6 November 1716; AK: T 452, 3 Desember 1698). Pieter Swanepoel se naam kom hierna egter steeds in die Opgaafrolle vir Drakenstein voor en nie in die van Stellenbosch nie. Harmen Jansz, wie se grand suidwes van Pieter Jansz Swanepoel s'n gelee was, het in 1692 'n besonder groat graanoes van 106 mud gehad en was in daardie jaar ook een van die grootste wynboere aan die Kaap met 10 000 stokke (De Wet 1981: 37, 44). Ten spyte van sy buurman se sukses het Pieter Jansz Swanepoel verkies om eerder onder primitiewe omstandighede in die Land van W averen 'n boerdery te pro beer vestig. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 17 1.5 Huwelik met Maria Sibella Sachs Dit is moontlik dat Pieter Swanepoel die gemelde stuk grond met woonhuis in 1712 aangeskaf het met die oog op sy huwelik met die weduwee Haak. 

'n Paar dae ml. die aankoop daarvan, op 1 Mei 1712, is Pieter Jansz Swanepoel op Stellenbosch getroud met Maria Sibella Sachs, die weduwee van Jan Christoffel Haak (NGKA: G 2/7/1: 7; Swanepoel 1999: 12; Hoge 1946: 129). In daardie stadium was Pieter Swanepoel ongeveer 34 jaar oud en reeds 12 jaar aan die Kaap. Die rede waarom Pieter Swanepoel so lank ongetroud gebly het, is waarskynlik die tekort aan hubare blanke vroue aan die Kaap op daardie tydstip. In 1701 was daar byvoorbeeld 418 blanke mans aan die Kaap teenoor slegs 242 blanke vroue. Teen 1718 was daar 691 blanke mans teenoor 390 blanke vroue. Om hierdie rede is die voorgeskrewe routyd vir Kaapse weduwees op 5 maande vasgestel, teenoor die routyd van meer as 'n jaar wat in Nederland gegeld het (De Villiers & Pama 1966c: 947; Hoge 1958: 52; Heese 1971: 6, 19; De Wet 1981: 146). Afgesien van 'n tekort aan hubare vroue, kon Pieter Swanepoel se swak finansiele posisie ook tot sy ongehude status bygedra het. Boonop het kommissaris Rijckloff van Goens reeds in 1682 aan Simon van der Stel opdrag gegee om bloedvermenging tussen blank en nie-blank aan die Kaap tee te gaan. Na 1685 is huwelike tussen Nederlanders en vrygemaakte slavinne verbied, behalwe in gevalle waar sulke slavinne Nederlandse vaders gehad het (Muller 1975: 43). 

In die praktyk het eersgenoemde huwelike egter tot in 1795 vryelik voorgekom (Heese 1984: 32). Maria Sibella Sachs was die dogter van Joachim Sachs van Egeln naby Magdeburg in Duitsland en Susanna Holswig van Haszleben in Turinge, Duitsland (Hoge 1946: 351). Volgens Hoge kom Joachim Sachs in 1691 met sy vrou en vier kinders in die Kaap aan en vestig hulle op die plaas Sachsenburg naby Kuilsrivier. Hierdie plaas is egter eers in 1693 deur goewerneur Simon van der Stel aan Joachim Sachs toegeken (Hoge 1946: 351). Die eerste T-vormige plaashuis, wat later gesloop is, is vermoedelik in 1701 gebou. In 1705 het Oloff Albertus Bergh Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 18 die volgende eienaar geword van hierdie plaas wat vandag bekend staan as Saxenburg en 'n bekende wynlandgoed is (Die Burger 7 /10/2000). In teenstelling met Hoge vermeld GC de Wet dat Joachim Sachs in 1691 reeds 'n vryburger aan die Kaap was en in Junie van daardie jaar toestemming van die Kompanjie ontvang het om sy vrou na die Kaap te laat kom (1981: 18 -19). Dit het dikwels gebeur dat Kompanjiesamptenare van die laer range sonder hulle gesinne na oorsese poste van die Kompanjie gestuur is. Sodra so 'n persoon dan daar 'n vryburger geword het, kon hy, indien hy finansieel daartoe in staat was, toestemming kry om sy gesin by horn te laat aansluit. 

Om hierdie rede was daar deurgaans 'n aantal getroude vryburgers aan die Kaap wie se gesinne in Europa agtergebly het (De Wet 1981: 18, 19, 150). Die name van die vier Sachse-kinders wat in 1691 saam met hulle ouers aan die Kaap was, is: b1. Johann Paulus Sachs Gebore in Magdeburg Repatrieer in 1705 deur sy passasie terug te werk Keer in 1706 terug na die Kaap en word as kneg aan sy broer Peter Andreas verhuur (Hoge 1946: 351 - 352) In 1709 gegesel en 25 jaar uit die land geban weens aanranding op Hans Hendrik Hattingh (Heese 1994: 147) b2. Maria Margaretha Sachs Gebore in Glisten Trou met Cornelis Opitz van Dronthem Hertrou 1 Augustus 1713 Pieter Cornelis Roelofs van Amsterdam (Hoge 1946: 351 - 352) b3. Maria Sibella Sachs Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 19 Gebore in Glisten Trou met Johann Christoffel Hack/Haak op 8 Maart 1705 Hertrou met Pieter Jansz Swanepoel op 1 Mei 1712 op Stellenbosch (Hoge 1946: 351- 352) b4. Peter Andreas Sachs Gebore in Glisten Trou met Jannetjie Floris van Zeeland op 2 April1702 Hertrou met Christina de Vyff op 13 April1749 Koster op Stellenbosch in 1715 (Hoge 1946: 351- 352; KAB: CJ 1121, 24-11-1692; KAB: MR Vrije Lieden, 1695 -1698; KAB: C 503: 114; Leibbrandt 1896: 258) Volgens GC de Wet washy van 1685 tot 1707 'n skoenmaker aan die Kaap (1981: 71). Dit dien as bevestiging dat die Sachs-gesin reeds voor 1691 na die Kaap gekom het. 

Soos reeds gemeld, is Maria Sibella Sachs op 8 Maart 1705 getroud met Johann Christoffel Hack/Haak wat reeds in 1689 as burger in die Stellenbosch-distrik woonagtig was. Dit is oak hier waar Haak op 30 November 1702 op 'n aanklag van diefstal tereggestaan het. Dit was nadat hy gesteelde goedere van 'n slaaf geruil het vir 'n sopie brandewyn (De Wet 1981: 126, 219). Uit die huwelik tussen Haak en Maria Sibella Sachs IS twee dogters gebore, naamlik: 1. Maria Magdalena Haak (b1) Gedoop op 10 Julie 1708 op Stellenbosch Trou op 24 Desember 1724 met Jacobus van den Berg (b1) Elf kinders is uit hierdie huwelik gebore (Heese & Lombard 1989: 14; Heese & Lombard 1999a: 223- 229) 2. Anna Christina Haak (b2) Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 20 Gedoop op 13 Desember 1711 op Stellenbosch Trou met Pieter Paulus Groenenberg (oorlede 1759 sonder kinders) Hertrou met Andreas Horak op 3 Julie 1760 (hierdie huwelik was ook kinderloos) (Heese & Lombard 1989: 14; Heese & Lombard 1989: 575; Heese & Lombard 1992; 477) Johann Christoffel Hack/Haak is klaarblyklik in 1711 oorlede, want op 1 Mei 1712 hertrou Maria Sibella Sachs op Stellenbosch met Pieter Jansz Swanepoel. 

Uit die Opgaafrolle blyk dit dat die vierjarige Maria Magdalena Haak en haar paar maande oue sussie, Anna Christina Haak, deur Swanepoel groot gemaak is (KAB: J 184- J 199). 1.6 Die eerste geslag Swanepoel-kinders Ongeveer 'n jaar na die troue tussen Pieter Jansz Swanepoel en Maria Sibella Sachs word die eerste van agt kinders uit die huwelik gebore. Hierdie kinders spruit dus voort uit die verbintenis tussen 'n Vlaamse vader en 'n Duitse moeder om hier aan die suidpunt van Afrika 'n nuwe geslag te begin, wat later ook ander bloed sou by kry. Die kinders se besonderhede is soos volg: b1. Jan Swanepoel (vernoem na sy oupa aan vaderskant) Gedoop op 15 Oktober 1713 op Stellenbosch Doopgetuies: Hercules du Preez Katryna Olivier (NGKA: G 2/4/1: 72) J onk oorlede (Swanepoel 1999: 12) b2. Jan Swanepoel (vernoem na sy oupa aan vaderskant) Gedoop op 4 Augustus 1715 in die Paarl Doopgetuies: die ouers self (NGKA: G 3/3/1: 41) Trou op 1 Desember 1737 in Kaapstad met Margaretha Pyl (b1cl), weduwee van Christiaan Rabie (Swanepoel1999: 12; De Villiers & Pama 1966b: 744) Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 21 b3. Pieter Swanepoel (vernoem na sy vader) Gedoop op 10 Julie 1718 in die Paarl Doopgetuies: die ouers self (NGKA: G 3/3/1: 51) Trou op 11 Februarie 1742 in Drakenstein met Martha Elisabeth Botha (b2c8), dogter van Willem Botha (b2) en Catharina Pyl (b3) (Swanepoel1999: 12; Heese & Lombard 1999a: 372, 375; De Villiers & Pama 1966b: 744) Oorlede in 1796 in die distrik Graaff-Reinet (KAB: 1/GR 14/115a) b4. Rosa Swanepoel Gedoop op 13 April 1721 op Stellenbosch Doopgetuies: Magdalena Bastiaans (NGKA: 2/4/1: 97) Trou op 19 Julie 1737 op Stellenbosch met Johannes Hendrik Conradie (bl), seun van Friedrich Conradie en Hermina Harmenz Stamouers van die Conradie-familie in SA Oorlede op 21 April1767 op Tulbagh (Swanepoel1999: 376; Heese & Lombard 1999a: 647) b5. Johannes Swanepoel Gedoop op 2 Mei 1723 in die Paarl Doopgetuies: Abraham de Clerk Jean? Mouton (NGKA: 3/3/1: 61; Heese & Lombard 1992: 306) Trou op 29 September 1743 in Drakenstein met Dina Brits (b6c2), dogter van Rudolph Brits (b2) en Maria Gerrits (b3) (Swanepoel1999: 376; Heese & Lombard 1999a: 446; Heese & Lombard 1989: 431) b6. Jacobus Swanepoel Gedoop op 25 November 1725 in die Paarl Doopgetuies: Jan Olivier Helena Burgers (NGKA: 3/3/1: 70) Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 22 Trou op 13 Oktober 1748 in Kaapstad met Susanna Catharina Rabie (b2), dogter van Christiaan Rabie en Margaretha Pyl (b1cl) Hertrou met Francina Vosloo (weduwee Gilber) op 21 September 1766 (Swanepoel1999: 390 De Villiers & Pama 1966b: 744, 746) b7. Hendrik Swanepoel Gedoop op 16 Desember 1731 in Kaapstad Doopgetuies: (NGKA: G 1/8/2) Trou op 23 Maart 1755 op Tulbagh met Judith van Eeden (b4c6), dogter van Frederik van Eeden (b4) en Hendrina Stevens (Swanepoel1999: 575; Heese & Lombard 1989: 166 -167) Sterf op 31 Mei 1770 (NGKA: Tulbagh Doodsregister; Swanepoel1999: 575) b8. Abraham Christoffel Swanepoel Gedoop op 19 Desember 1734 in Kaapstad Doopgetuies: Jan Christoffel Beck Anna de Groot (NGKA: G 1/8/2: 92; Heese & Lombard: 1999a: 171) Jonk oorlede (Swanepoel1999: 806; De Villiers & Pama 1966c: 950) 

1.7 Naamgewing Die name wat Pieter Jansz Swanepoel en Maria Sibella Sachs hulle kinders gegee het, was nie streng volgens die tradisie wat latere geslagte feitlik slaafs nagevolg het nie. Hiervolgens is die eerste seun na sy oupa aan vaderskant vernoem. Die tweede seun het sy oupa aan moederskant se naam gekry, terwyl die derde seun na sy vader vernoem is. In sommige gevalle is die volgorde van laasgenoemde twee omgeruil. Die vierde seun het sy oupagrootjie aan vaderskant se naam ontvang, wat meestal ook sy vader se oudste broer se naam sou wees. Die vyfde seun is na die oupagrootjie aan sy vader se moederskant vernoem, wat Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 23 normaalweg ook die naam van sy vader se tweede oudste broer sou wees. In die geval van dogters is dieselfde gebruik gevolg. Die oudste dogter sou haar ouma aan moederskant se naam dra, die tweede dogter haar ouma a an vaderskant se naam en die derde dogter haar moeder se naam. Indien 'n kind jonk oorlede is, het die volgende kind wat daarna gebore is, sy of haar oorlede broer of suster se naam ontvang. In die geval van Pieter Jansz Swanepoel en Maria Sibella Sachs is dit egter opvallend dat haar vader Joachim, en haar moeder Susanna nie vernoem is nie. Maria Sibella se twee dogters uit haar eerste huwelik het Maria Magdalena en Anna Christina geheet terwyl haar dogter uit haar tweede huwelik Rosa genoem IS. 1.8 Kerk- en geloofslewe Hoewel Pieter Swanepoel en Maria Swanepoel in 't Land van Waveren woonagtig was, is hulle kinders in die Paarl (Drakenstein) waar die naaste kerk in daardie stadium was, en ook op Stellenbosch en in Kaapstad ten doop gebring. Die besoeke aan Stellenbosch hou waarskynlik verband met die feit dat Maria se broer Peter Andreas Sachs op Stellenbosch gewoon het en ook in 'n stadium daar as koster diens gedoen het (Hoge 1946: 352). Die kerk in die Paarl (Drakenstein) is in 1720 gebou, terwyl die Land van Waveren (Tulbagh) se eerste predikant ds Arnoldus Meiring, eers op 16 September 1743 sy intreepreek daar gelewer het (Muller 1975: 62-63). As gevolg van 'n verskeidenheid probleme is die eerste kerkgebou na 'n bouery van 5 jaar in 1748 voltooi. Ds Meiring was predikant van hierdie gemeente tot met sy afsterwe op 23 April 1757 (Fagan & Fagan 1975: 27, 30). 

Die feit dat Pieter Jansz Swanepoel klaarblyklik in die Rooms-Katolieke Kerk in Nieuwmunster gedoop is, is 'n aanduiding dat hy in die Rooms-Katolieke geloof Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 24 opgevoed is. Daarteenoor was Maria Sibella Sachs waarskynlik 'n Lutheraan. Aan die Kaap was die Gereformeerde godsdiens van die begin af die heersende godsdiens en teen 1699 was die Nederlandse kerk die enigste kerk in die Kaapse nedersetting. Almal was verplig om daar te aanbid en die sakramente te gebruik, of daarsonder te bly (De Wet 1981: 137). In 1665 reeds het die Kaapse kerkraad besluit om Lutherane wat daarom gevra het, tot die nagmaal toe te laat, mits hulle gedrag onbesproke was. In 1674 het die Kaapse kerkraad besluit dat Rooms Katolieke wat hulle kinders wou laat doop, lidmate van die Gereformeerde kerk as doopgetuies moes vra (De Wet 1981: 137). Die owerhede het egter streng gewaak teen die invloed van die Rooms-Katolieke kerk. In 1682 het kommissaris Rijckloff van Goens aanbeveel dat vryliede verkieslik van die Gereformeerde belydenis moes wees en nie Rooms-Katoliek nie. 

In 1685 het die Politieke Raad ook bepaal dat geen belyers van die RoomsKatolieke geloof as leenknegte aan vryliede verhuur moes word nie, waarskynlik omdat hierdie leenknegte dikwels deur vryburgers gebruik is om hulle kinders te onderrig. Rooms-Katolieke is ook nie toegelaat om hulle geloof vryelik te beoefen nie (De Wet 1981: 137, 138). Onder hierdie omstandighede kan 'n mens aanvaar dat baie Rooms-Katolieke na die Gereformeerde kerk sou oorgaan. Hoewel Pieter Jansz Swanepoel en Maria Sibella Sachs se kinders in die Gereformeerde kerk gedoop is, is dit nie moontlik om vas te stel of hy die geloof aangeneem het nie. Daar is ook geen aanduiding dat hy ooit tot die amp van diaken of ouderling verkies is nie. Dit kan egter ook toe te skryf wees aan die afstand wat hulle moes afle om by die naaste kerk uit te kom. Voor 1743 moes hulle die kerk in Drakenstein meer as 80 kilometer verder besoek, terwyl hulle van 1743 ongeveer 20 km van hulle plaas Nieuwmunster tot by die kerk op Tulbagh moes afle. Daarby het die roetes oor moeilik begaanbare terrein gestrek. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 25 

1.9 Vestiging in die Land van Waveren Pieter Jansz Swanepoel en Maria Sibilla Sax se agt kinders is waarskynlik almal gebore en getoe op die plaas Nieuwmunster naby die huidige Wolseley waarop hy sedert 17 September 1709 weiregte gehad het. Soos vroeer in hierdie hoofstuk aangedui, het 'n veeboer voor 1714 niks betaal vir die weiregte op 'n sekere stuk grond nie, maar in Julie 1714 het goewerneur Maurits Pasques de Chavonnes en die Politieke Raad besluit dat weiregte voortaan 6 Rds vir ses maande en 12 Rds vir twaalf maande sou kos. Hierdie grondstelsel het die eienaar van 'n plaas toegelaat om die betrokke plaas te bezaaij en beplanten, bepooten, betimmeren en erfelijk te bezitten (De Wet 1964: 77- 78; Fagan & Fagan: 1975: 19). Van die voorwaardes van hierdie grondstelsel was dat eike- en ander borne op die plase aangeplant moes word om die inheemse borne wat afgekap is, te vervang. Een tiende van die jaarlikse opbrengs moes ook aan die Kompanjie afgestaan word (Muller 1975: 61; Fagan & Fagan 1975: 19). In Augustus en September 1714 is die eerste agt vrypagplase van 60 morg elk in die Land van Waveren deur die landmeter BJ Slotsboo uitgemeet en aan die volgende vier Hollandse burgers en vier Hugenote toegeken: Jean Joubert (Monpellier), Charles Prevot (Amaquas Eiland), Pieter Willem van Heerden (Weltevreden), Roelof van Hoeting (Arnheim en La Gratitude), Philippe des Pres (Klipvallei, Artois en De Hoop in Waveren), Willem van Zyl (Leeuwenhoek), Jacob Theron (La Rhone) en Hendrik Olivier (Lowssenklip). In 1716 is nog vier vrypagplase deur Slots boo uitgemeet en aan die volgende burgers toegeken: Pieter Swanepoel (Nieuwmunster), Pierre Joubert (De Plaissant), Laurens Verbrugge (De Kleine Berg Rivier) en Jacob Mouton (Steenwerk) (Fagan & Fagan 1975: 20- 21). Die uitbreiding na die Land van Waveren het nog geskied op die basis van die eiendomsplaas, bedoel vir die landbou. Dit was egter die laaste keer. Hierna sou die veeboer die binneland in trek en om weilisensies aansoek doen. Hoewel Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za Figuur 2: Die ligging van Nieuwmunster suidoos van die huidige Wolseley (SG: 3319 AC) Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 26 hierdie veeboere dikwels op hulle veeposte vir eie gebruik gesaai het, het hulle in die eerste plek veeboere gebly (Van der Merwe 1938: 56). Pieter Swanepoel se aansoek om die plaas Nieuwmunster in eiendom te ontvang, is op 5 Mei 1716 deur Politieke Raad en goewerneur De Chavonnes goedgekeur. Volgens die aansoek is die plaas (figuur 2) door hem Nieuw Munster genaamt en al over de ses jaren bebouwt ende gecultiveert (De Wet 1964: 77- 78; Leibbrandt 1988: nr 82). Op 6 November 1716, 'n paar maande nadat hy Nieuwmunster in eiendom ontvang het, verkoop Pieter Swanepoel die stuk grand (Kalbaskraal 2521) wat hy in 1712 vir 1 200 guldens Indiese valuasie van Abraham Evertsz gekoop het, aan A Vicq (Anthonie Fick) vir 700 guldens Indiese valuasie (AK: T 1138, 6 November 1716; AK: T 1141, 6 November 1716; De Wet 1981: 202). Die rede vir die prysvermindering is onbekend, maar klaarblyklik wou Swanepoel voortaan al sy tyd en aandag op Nieuwmunster toespits. 

Dit wil voorkom asof Pieter Jansz Swanepoel in 'n stadium die woonhuis op bogenoemde stuk grand aan die owerheid verhuur het, want op 'n Heemraadsvergadering op Stellenbosch op 5 Augustus 1715 word die volgende betaling aan horn goedgekeur: En eijndelik wierden dese drie Ordonnantien toegestaan als een aan Pieter Jansz. Swanepoel van 11% R. voor 9 maenden huijshier daer de formers der steenen in gelogeert hebben (KAB: 1STB: 1/4: 149). 1.10 Lewensomstandighede Die vroee inwoners van die Land van Waveren het heeltemal geYsoleerd van die buitewereld gelewe en moes aanvanklik die moeilike Oude Kloofpas deur die Oubikwaberge aandurf om die kerk in Drakenstein te besoek, of hulle weilisensies in Kaapstad te gaan hernu. Indien 'n vryburger sy rekognisiegeld eerder met jong osse as kontant wou betaat kon hy dit by die kompanjiespos in die Land van Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 27 Waveren doen (Sleigh 1993: 531). Die verbinding tussen die Land van Waveren en die Wamakersvallei (Wellington) en Drakenstein (Paarl) is in 1731 nog verder verbeter toe Abraham de Haan (Ebrahim Adehan) toestemming van die goewereneur en Politieke Raad ontvang het am op eie koste In pontdiens oar die Bergrivier in te stel. Hierna kon boere hulle waens en vee teen vergoeding oar die rivier laat neem. Teen die middel van die agtiende eeu is 1 n nuwe pas met In tolhek deur die Roodezandkloof aangele (Sleigh 1993: 531; Fagan & Fagan 1975: 19). Dit is moeilik om te bepaal wanneer Pieter Jansz Swanepoel en Maria Sibella Sachs na Nieuwmunster in die Land van Waveren verhuis het, maar 1 n mens kan aanvaar dat hy eers 1 n huis op die plaas sou oprig. 

Aanvanklik het die eerste intrekkers baie primitiewe huise opgerig, maar nadat hulle hul grand in eiendom ontvang het, het die meeste van hulle meer permanente strukture opgerig. Boumateriaal soos klei vir die stene, borne vir balke, deure en kosyne, en riet vir die dakke was maklik in die omgewing bekombaar (Fagan & Fagan 1975: 23). Daar kan aanvaar word dat Pieter Jansz Swanepoel en Maria Sibella Sachs se seuns van vroeg reeds by die boerdery ingespan is en klaarblyklik geen of bitter min skoolopleiding ontvang het. Dit word bevestig deur die feit dat hulle seuns Jacobus (b6) in 1764 en Pieter (b3) in 1775 nie hulle name onderaan In boedelinventaris en 1 n testament onderskeidelik teken nie, maar 1 n kruisie maak (KAB: MOOC 6/9/108, 1301; KAB: MOOC 7/1/45, 22). Benewens sieketroosters is daar in die sewentiende eeu veral in die binneland van private onderwysers gebruik gemaak. Baie van hierdie skoolmeesters kon nie veel meer bied as In bietjie lees- en skryfonderrig nie, terwyl hulle hulself oak dikwels skuldig gemaak het aan dronkenskap en ander oortredings. Die Politieke Raad het soms oak Kompanjiesamptenare toegelaat om hulle dienste as skoolmeesters aan boere beskikbaar te stel en vanaf 1692 moes so 1 n werkgewer 1 n skriftelike Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 28 kontrak met die Politieke Raad aangaan. 

Daar was egter geen wetgewing ten opsigte van onderwys aan die Kaap nie. Dorpskole het gewoonlik onder beheer van kerkrade gestaan, terwyl daar geen kontrole oor private onderwysers bestaan het nie (Borman 1989: 3- 4). In 1714 het goewerneur Maurits Pasques de Chavonnes 'n ordonnansie uitgevaardig waarvolgens niemand as onderwyser in diens geneem kon word sonder die goedkeuring van die goewerneur en die Politieke Raad nie. In die praktyk het daar egter nie veel van hierdie bepaling tereg gekom nie. In 1737 is gevolglik besluit om die eksaminering van onderwysers oor te laat aan die Heeren Scholarchen, bestaande uit die sekunde, die kaptein van die garnisoen en die predikant van die NG Kerk aan die Kaap (Borman 1989: 4). In die binneland het hierdie verantwoordelikheid egter geleidelik oorgegaan in die hande van die plaaslike landdros en die kerkraad van die betrokke NG gemeente. In sy aansoek in 1716 om Nieuwmunster in eiendom te ontvang, meld Pieter Jansz Swanepoel dat hy ten spyte van sy harde werk op die plaas, swaar verliese gely het as gevolg van 'n strooptog deur die Khoi waarin 70 skape en 13 beeste van horn gesteel is. In die daaropvolgende veldtog teen die Hottentotte is hy swaar gewond met 'n assegaai. Verder meld hy ook dat hy 'n vrou en kinders het wat hy moet onderhou (De Wet 1964: 77- 78; Leibbrandt 1988: nr 82). Volgens die Opgaafrolle vir Drakenstein het Pieter Jansz Swanepoel in 1716 verdere veeverliese geleC want in 'n persoonlike verklaring meld hy dat die ottentodts 24 beeste en al sy skape geroof het (KAB: J 184). Die veldtog teen die Khoi waarna Swanepoel in sy aansoek om Nieuwmunster verwys, is in Januarie 1716 onderneem. In die verslag oor die veldtog word daar gemeld dat die Khoi na 'n paar aanslae die bosse ingevlug het. 

Hierop het twee manskappe, Pieter Jansz Swanepoel en Lambert Oldenseet opgespring en die vlugtendes agtervolg. Hulle het hulself egter in 'n hinderlaag vasgeloop, waarop Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 29 Oldenseel gedood is en Swanepoel met een assagaij, door het dik van ZlJn been gewond is (De Wet 1964: 1; KAB: C10: 162 -171; Leibbrandt 1988: nr 82). Volgens 'n artikel van AJ Swanepoel oor die stamvader Pieter Jansz Swanepoel wat in Familia verskyn het, is Pieter Jansz Swanepoel by 'n tweede geleentheid ook in 'n agtervolging deur die Khoi gewond. Dit blyk egter dieselfde geleentheid te wees wat in verskillende bronne vermeld word en gevolglik as twee verskillende ekspedisies aangesien word (De Wet 1964: 1; KAB: C 10: 162 - 171; Leibbrandt 1988: nr 82; KAB: C 1074: nr 82). Dit blyk ook uit die Opgaafrolle dat Pieter Jansz Swanepoel nie net in 1716 ernstige veeverliese gely het nie. In 1713 besit hy byvoorbeeld 132 skape en 11 beeste en die jaar daarna het hy geen skape oor nie, maar sy beestrop tel 31. Eers in 1720 kry hy sy skaaptrop weer op die been met 50 skape, terwyl sy beestrop 35 tel (IHN: VOC 4070: 471; KAB: J 188; KAB: J 184; KAB: J 185). Dit is egter nie duidelik of hierdie veeverliese slegs aan strooptogte deur die San toegeskryf kan word nie. 

Aanvalle en strooptogte deur die San het gereeld voorgekom en om die burgers en hulle eiendom te help beskerm, is 'n Kompanjiespos reeds in die jaar 1700 deur korporaal Gotfried Douderstadt en ses soldate in die Land van Waveren opgerig. 'n Uitgebreide konflik het in 1715 en 1716 in die Noord-Boland tussen die San en die vryburgers voorgekom, nadat die San skape geroof en veewagters vermoor het. Goewerneur De Chavonnes het gevolglik in 1715 toestemming verleen dat 'n burgerkommando teen hulle optree. Die toestand het egter steeds versleg en groot getalle beeste en skape is geroof, nog veewagters en 'n boer is vermoor en boerehuise is afgebrand. 'n Sterk burgermag is weer op die been gebring en eers teen die einde van 1716 het die situasie in die Land van Waveren gestabiliseer nadat die aanvallers die binneland ingetrek het (Sleigh 1993: 532). Soos wat meer Kompanjiesposte met verloop van tyd opgerig is en die blanke Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 30 veeboere al dieper die binneland ingetrek het, het die aanvalle in Waveren geleidelik verminder. In 1743 is die kompanjiespos gesluit en die grond waarop die Kompanjiespos gelee was, is op 'n openbare veiling verkoop aan Pieter de V os (Sleigh 1993: 523, 534; Fagan & Fagan 1975: 23, 24). Hoewel toestande in die Land van Waveren na 1716 gestabiliseer het, is die veeboere dieper in die binneland in 1731, 1738 en 1754 aan ernstige roofaanvalle deur die San onderwerp (Van der Walt ea gd: 101). Dit is dus duidelik dat Pieter Jansz Swanepoel op militere gebied sy bydrae gelewer het en van 1701 tot 1716 word sy naam elke jaar as voetsoldaat of infanteris in die Rolle den voetvolckeren aan Draekenstein aangegee (KAB: STB 13/21; KAB: Leibbrandt 1988: nr 112). Ook in 1719 word hy as infanteris in die Drakenstein-distrik vermeld. In 1738 en 1739 het die inwoners van die Land van Waveren deeglik kennis geneem van die Barbier-opstand. Die voortvlugtige sersant Estienne Barbier het homself aan die hoof gestel van 'n groep vryburgers wat van onwettige veeruil en geweldadige optrede teen die inheemse bevolking aangekla is. Barbier se bende het lank in die omgewing van Waveren skuil gehou en die burgers opgesweep teen goewerneur D van den Henghel en landdros P Lourens (Sleigh 1993: 532, 533; Heese 1994: 42, 43). Die kompanjiespos in Waveren het gedien as basis vir die soektog na Barbier. Dit is egter onbekend of Pieter Jansz Swanepoel ooit persoonlik met die opstandelinge te doen gehad het, en of hy soos baie ander vryburgers met hulle gesimpatiseer het. Dit is moeilik om te bepaal wie Pieter Jansz Swanepoel en Maria Sibella Sachs se naaste bure in die land van Waveren was, aangesien sommige van die persone wat daar om weidingsplase aansoek gedoen het, ook plase in die Drakensteindistrik gehad het. So byvoorbeeld is die aangrensende plaas De Plaisant toegeken aan Pierre Joubert, wat ook die eienaar was van die plase Lourmarin (L'Ormarins), Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 31 La Roche, La Motte en La Prove 32 'n Transkripsie van bogenoemde dokument lui soos volg: Gelooft godt boven al want heij ist die ons helpen sal den 2 7 aprijl 1716 Mijn Heeren Gecornrnandeerden Ick geven mijn goijdt hier op ten eersten mijn plaetse liggende over tLandt van Waver over de breede reviere genaemt niemuster 7 jaer gehed Als nu comt den 18 Sebtember mijn vrouwe maria zibelle Sacse 1 soone, 2 dogters, 1 knecht 1 slave 3 mudde kooren gesaedt 45 mu.dde weder am daer van 03 mudde al gelevert aen de edel he daer van de tiende is af getrec cornpanie noe hou ick 15 mudde voor mijn broodtkooren 24 beesten en mijn Scapen hebben de ottentodts wegh genomen 7 paerden 4 verkens 3 roiers en den fijf gewere hier medt vaert wel en zijdt gegroedt van mijn Pieter Janse Swaenepoel (KAB: J 184) Die seun en twee dogters wat hier vermeld word, is Pieter en Maria se seun Jan (b2) wat in 1715 gebore is, en Maria se twee dogters uit haar eerste huwelik met J ohann Christoffel Haak. Die kneg na wie verwys word, is na alle waarskynlikheid Johannes Jurgen Beyers (ans ijuijrij beijrise) wat op 13 Februarie Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 33 1717 met Catharina Visser getroud is, want in 'n bykomende verklaring in dieselfde Opgaafrolle word die volgende vermeld: Ick pieter janse Swaenepoel bekennen als dat ans ijuirij beijrise sijn tijt uijt is want heij heeft een iaer bij mijn gewoont en een maendt dat hy is sieck geweest Ick Pieter Janse Swaenepoel (KAB: J 184) 1.11 Oorskakeling na veeboerdery Soos vroeer in hierdie hoofstuk uiteengesit, het Swanepoel horn reeds van 1708 a£ op veeboerdery toegespits, aanvanklik digby die huidige Paarl en later op Nieuwmunster in die Land van Waveren. Dit is belangrik om hier kennis te neem van boerdery-omstandighede aan die Kaap aan die begin van agtiende eeu. Die produksievraagstuk van die sewentiende eeu het tot die verlede behoort. Ongelukkig was produsente slegs aangewese op die plaaslike mark en verbygaande skepe om hulle produkte van die hand te sit. Aangesien veeboerdery min kapitaal en arbeid vereis het en goeie winste opgelewer het, het al meer boere hulle daarop begin toespits, veral nadat die veeruil met die Khoi in 1700 deur goewerneur WA van der Stel oopgestel is. Volgens amptelike opgaaflyste het die 458 volwasse koloniste aan die Kaap in die jaar 1700 8 300 beeste en 54 000 skape besit. Tien jaar later was hierdie syfers 656 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 34 koloniste, 20 000 beeste en 131 000 skape (Van der Walt ea gd: 86). In die eerste jare van die Waveren-nedersetting het die Kompanjie se vee sonder beperking in die vallei geloop. Daar was geen heinings nie en baie min bakens. Namate die vallei egter beset en onderverdeel is, het die VOC 'n aantal weidings vir sy eie gebruik geserveer. Een hiervan was De Verrekijker, aangrensend aan Nieuwmunster, voordat dit in 1722 aan Estienne Bruere toegeken is (Sleigh 1993: 530, 531, 533). In 1736 is die Kaap deur 'n perdesiekte-epidemie getref, wat ook in die Land van Waveren verwoestende gevolge gehad het. Van die 159 perde en muile op die Kompanjie se buitepos het 150 gevrek, terwyl die vryburgers aan die Kaap meer as 'n duisend perde verloor het. Die ses perde wat Pieter Jansz Swanepoel in 1736 in die Opgaafrolle aangee, verminder in 1737 tot slegs drie. Dit is egter nie duidelik of dit aan hierdie perdesiekte toe te skryf is nie (KAB: J 189 & J 192; Sleigh 1993: 533). Soos wat grond in die Land van Waveren skaarser geword het, het veeboere die loop van die Breerivier al dieper die binneland in gevolg. Diegene wat soos Pieter Jansz Swanepoel agtergebly het, het begin om groente te plant en vrugteboorde, wingerde en graanlande aan te le. In hoofsaak is daar dus gekonsentreer op produkte wat die lang reis na die Kaapse mark kon oorleef (Fagan & Fagan 1975: 19). In 1713 is die Kaap deur 'n pokke-epidemie geteister, wat nie alleen die lewens van baie blankes geeis het nie, maar ook baie groot lewensverlies onder die Khoi tot gevolg gehad het (Wilson & Thompson 1982: 204). Dit het daartoe meegewerk dat hulle die rondtrekkende veeboere meestal verwelkom het. Daarteenoor het die San klaarblyklik vanwee hul afsondering die pokke-epidemie vrygespring en was dus die enigste struikelblok in die weg van die veeboere (Van der Walt ea gd: 100, 101). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 35 1.12 Finansiele posisie Hoewel die Opgaafrolle soms verkeerd opgeneem en gebind is, kan daar tog belangrike afleidings oor die aard en omvang van 'n sekere persoon se boerdery daaruit gemaak word. So blyk dit uit die Opgaafrolle vir Drakenstein tussen 1701 en 1757 dat Pieter Jansz Swanepoel nooit ryk was nie, maar dat hy tot met sy aftrede in 1747 heeltemal selfversorgend was (IHN: VOC 4046- 4070; KAB: J 184- J 199). Dit is belangrik om daarop te let dat Pieter Jansz Swanepoel, volgens die Opgaafrolle in 1717 'n duisend wynstokke aangeplant het. Daarna word hierdie wynstokke gereeld vermeld tot aan die einde van 1722. Hierna is daar nooit weer enige vermelding van die wynstokke nie. In die 6 jaar tussen 1717 en 1722 het Swanepoel klaarblyklik ook nie enige wyn gemaak nie. Die rede hiervoor is onbekend, maar dit val vreemd op in 'n vallei wat uiters geskik is vir wingerdboerdery. In die hele Drakenstein-distrik was daar in 1716 reeds 'n totaal van 825 500 wingerdstokke aangeplant en 370 leggers wyn geproduseer. Dit is egter opvallend dat die totale aantal wingerdstokke in die Drakenstein-distrik in 1720 gedaal het tot 749 300 en toe geleidelik toegeneem het tot 798 000 in 1725 (KAB: J 184 - J 186). Pieter Jansz Swanepoel het horn sedert 1722 hoofsaaklik op veeboerdery toegespits, terwyl hy ook koring gesaai het, hoofsaaklik vir eie gebruik. Ten spyte van die reeds gemelde rooftogte deur die San en Khoi wat horn in 1716 sy hele skaaptrop gekos het het dit weer van 'n skrale 50 in 1720 gegroei tot 400 in 1733. Hierna was dit nooit minder as 200 nie. Daarbenewens het hy tussen 1714 en 1746 ook 20 tot 50 beeste, 1 tot 7 perde, en 2 tot 8 varke besit (KAB: J 184- J 195). In 1711 het Pieter Jansz Swanepoel sy eerste slaaf aangeskaf. Tussen 1722 en 1746 word daar jaarliks 2 tot 3 manlike slawe in Swanepoel se opgaaf aangedui. In 1736 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 36 het hy ook 'n slavin aangekoop en van 1737 tot 1746 besit hy 2 slavinne. Hierbenewens het hy ook in 1713 'n kneg in diens gehad. In 1720 en ook in 1723 het hy 2 knegte in diens gehad (IHN: VOC 4066- VOC 4070; KAB: J 184- J 195). Boere was in daardie tyd, om belasting te ontduik, geneig om hulle besittings laer aan te gee as wat dit in werklikheid was. Die algemene opvatting is dat hulle slegs een derde van hulle ware besit opgegee het (Van der Wait ea gd: 86). Pieter Jansz Swanepoel was dus vermoedelik heelwat beter daaraan toe as wat die Opgaafrolle wil aantoon (KAB: J 184 - J 199). Dit bly egter steeds 'n besonder waardevolle bron van inligting. 1.13 Aftrede en afsterwe Sedert 1747 I 48 het Pieter Jansz Swanepoel en Maria Sibella Sachs nie meer aktief geboer nie, want tussen 1748 en 1757, toe hulle name vir die laaste keer in die Opgaafrolle vir Drakenstein voorkom, het hulle klaarblyklik by hul seun Pieter (b3) en sy vrou Maria Elizabeth Botha gewoon. Hierdie afleiding word gemaak omdat Pieter Swanepoel de oude en Maria Sibella Sachs se name sedert 1748 onder die van Pieter Swanepoel de jonge en Maria Elisabeth Botha in die Opgaafrolle verskyn. Die enigste besittings wat Pieter Swanepoel de oude vanaf 1748 aangegee het, is een of twee perde en sy vuurwapens (KAB: J 184- J 199). 'n Verdere bewys vir Pieter Jansz Swanepoel se aftrede in 1747, is die feit dat sy plaas Nieuwmunster op 26 Oktober 1747 oorgedra is aan sy skoonseun, Johannes Hendrik Conradie, wat op 19 Julie 1737 met Rosa Swanepoel getroud is (KAB: J 195). Hierdie plaas was tot aan die einde van die twintigste eeu in die besit van dieselfde Conradie-familie met mnr HF Conradie as eienaar. Tans (2002) is laasgenoemde se enigste dogter Retha en haar man Hennie Kriel die eienaars van Nieuwmunster (mev R Kriel2002: onderhoud). Deur haar huwelik met Johannes Conradie het Rosa Swanepoel die stammoeder van die Conradie-familie in SuidAfrika geword, terwyl Nieuwmunster as gevolg daarvan die plaas is waar beide Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 37 die Swanepoel- en Conradie-families hulle beslag gekry het. Op 29 Oktober 1751 tree Pieter Swanepoel en Maria Sibella Sachs op Tulbagh as doopgetuies op by die doop van hulle kleinseun Pieter Swanepoel (b6c2), seun van Jacobus Swanepoel en Susanna Catharina Rabie (NGKA: G 4/7/1: 19). In 1757 verskyn Pieter Swanepoel de oude en sy vrou Maria Sibella Sachs se name die laaste keer in die Opgaafrolle vir Drakenstein onder die van Pieter Swanepoel de jonge en Maria Elizabeth Botha (KAB: J 199). Hoewel geen testament of sterftekennis van Pieter Jansz Swanepoel of Maria Sibella Sachs opgespoor kon word nie, is Pieter Jansz Swanepoel klaarblyklik kort daarna op die plaas Poespasvallei suidwes van die huidige Robertson oorlede. As die veronderstelling korrek is dat Pieter Jansz Swanepoel in 1678 in Nieuwmunster in Wes-Vlaandere gebore is, was hy in 1758 ongeveer 80 jaar oud. Persoonlike navrae het geen inligting oor ou grafte op die plaas Poespasvallei opgelewer nie. Verdere bevestiging vir die afleiding dat Pieter Jansz Swanepoel rondom 1757 oorlede is, word gevind in 'n testament wat sy dogter Rosa en haar man Johannes Hendrik Conradie op 9 September 1762 opstel. Hierin verklaar hulle: [ ... ] Maar soo het quam te gebeuren, dat de Testatrice sander kind ofte kinderen naa te laaten mogte /women te overleijden Soo verclaarde Zij in Sulken geval aan haar moeder Maria Sibilla Sax wed. wijl den landbouwer Pieter Swaanepoel te bespreeken, de legitime Portie, de ouders van hunne kinderen na regte Competeerende (KAB: MOOC 7/1/17, 56). Maria Sibella Sachs het haar man klaarblyklik ver oorleef, want in 1774 toe sy al tussen 84 en 89 jaar oud moes gewees het, word sy so os volg vermeld in 'n testament wat haar seun Jacobus Swanepoel (b6) en sy tweede vrou Francina Vosloo la at opstel: [ ... ] zoo verklaarde de Testateur by aldien zonder kinderen mogten komen te overlijden zijne moeder Maria Sibilla Sax wed. wylen den landbr. Pieter Swanepoel te institueeren in de legitime portie, onderen uijt de nalatenschap van hunne kinderen naar regten competeerende (KAB: MOOC 7/1/22, 11). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 38 Bevestiging hiervoor word gevind in 'n testament wat haar oudste seun Pieter en sy vrou Martha Elisabeth Botha op 6 Januarie 1775 in die Kaap laat opstel. Die verwysing na Maria Sibella Sachs lui soos volg: Maar is het, dat den Testateu.r zonder kind ofte kinderen na te laten, kwam te overlyden, in zulken geval bespreekt den zelven aan. zyne moeder Maria Sibilla Sax, laatst Wed. Wylen den meede Landb. Piete-r Swanepoel, de legitieme Portie, haar in Cas voorvz: na Regten Competeerende, [ ... ] (KAB: MOOC 7/1/45, 22). 1.14 Verspreiding en vestiging van 1 n nuwe geslag Uit die gereelde aansoeke om leenplase wat Pieter Jansz Swanepoel se seuns aan die goewerneur en die Politieke Raad gerig het, is dit duidelik dat hulle die nomadiese bestaan van die veeboer verkies het bo 'n gevestigde leefwyse. Sodoende het hulle deel geword van die trekbeweging die binneland in. Uit Pieter Swanepoel de jonge se aansoeke om weidingsregte blyk dit dat hy in 1748 in die Slanghoek tussen die huidige Wolseley en Worcester geboer het. Sy naam word ook van 1741 tot 1763 in die Opgaafrolle vir Drakenstein aangegee. Reeds op 5 Mei 1743 word daar aan die landbouer Piete-r Swanepoel Junior toestemming verleen om vir 'n jaar met sy vee te gaan wei in de Slangehoek over de breede Rivier gent. Twee heuwels synde de verlatene plaats van den rneede landbouer Fredrik Bot/1a (KAB: RLR 10/2: 324). Pieter Swanepoel junior is in 1742 getroud met Maria Elizabeth Botha. Volgens die Opgaafrolle besit hy in 1742 slegs 1 perd en 8 beeste (KAB: J195). 'n Jaar later gee hy 17 beeste en 100 skape aan. Dit is egter moontlik dat hy vee van sy vader ontvang het, want Pieter Jansz Swanepoel gee in 1743 nog 300 skape aan, maar die daaropvolgende jaar besit hy volgens die Opgaafrolle slegs 200 skape (KAB: J195). Dit blyk uit Pieter Swanepoel junior se gereelde aansoek om weiregte dat hy vir die volgende 8 jaar (1743 tot 1751) op die plaas Twee Heuwels in die Slanghoek Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za ( _./ I ---..... 1,·- ~- -n ~~-- d -~ , :b ~ ' - Figuur 3: Poespasvallei nr 49 suidwes van die huidige Robertson (SG: 3319 DC) , ,' ·loo --~ Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 39 met sy vee gewei het. Op 28 Julie 1751 gee hy kennis dat hy hierdie plaas gaan verlaat (KAB: RLR 10/2: 324). Dit is nie duidelik of hy dit dadelik gedoen het nie, want vier jaar later, op 21 April 1755, doen hy aansoek om met sy vee te gaan wei op die plaas Poespas valleij geleegen over de poesjenels Rivier (KAB: RLR 14/ 1: 96). Sien figuur 3 vir die Jigging van Poespasvallei (SG: 3319 DC). Die Poesjenelsrivier ontspring suidwes van Robertson in die Riviersonderendberge en vloei wes van Robertson in die Breerivier. Sewe jaar later, op 11 Januarie 1763, gee Pieter Swanepoel kennis dat hy hierdie plaas gaan verlaat, waarskynlik om horn te gaan vestig op die plaas Besemfontein geleegen in't buffelsland aan de Swarte berg, zynde de verlatene plaats van den meede landbouer Hendrik Swanepoel (KAB: RLR 14/1: 96). Op 17 September 1765 ontvang Pieter Swanepoel toestemming om vir nog 'n jaar sy vee op Besemfontein te laat wei (KAB: RLR 19/1: 35). Vir die volgende tien jaar sou dit sy staanplek wees. In 1796 sterf Pieter Swanepoel op 78-jarige ouderdom in die distrik Graaff-Reinet (KAB: 1/ GR 114/15a). Op 11 Januarie 1763 ontvang Pieter Swanepoel (b3) se jonger broer Jacobus Swanepoel (b6), toestemming om met sy vee te gaan wei op die plaas Poespasvalleij, oorkant die Poesjenelsrivier in die Swellendam-distrik, zijnde de verlatene plaats van den landbouwer Pieter Swanepoel (KAB: RLR 17/2: 193). Op 20 Julie 1738 het Jan Swanepoel (b2) aansoek gedoen om vir 'n jaar met sy vee te mag wei in de Goudijn aan de boontjes revier (KAB: RLR 10/ 1: 64). Hierdie aansoek is ongelukkig nie baie duidelik nie en dit wek ook die indruk dat Jan Swanepoel in 1738 oorlede is en dat sy weduwee, Margaretha Pyt met Johann Grobbelaar getroud is. Johannes Swanepoel (b5) wat op 29 September 1743 in die Paarl met Dina Brits getroud is, ontvang op 9 April1756 saam met Jacob Marais toestemming om met hulle vee te gaan wei op't kleijne Roggeveldt gent. De Brandfontain (KAB: RLR 14/2: Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 40 200). Drie jaar later op 19 April 1759, gee hierdie twee veeboere kennis dat hulle hierdie plaas gaan verlaat. Intussen het Johannes Swanepoel ook op 16 Junie 1757 toestemming ontvang om sy vee te laat wei op die plaas de Fortuijn geleegen in het roggeveld, wat voorheen aan Pieter Ernst Kruger toegestaan is (.KAB: RLR 15/ 1: 57). Eers in 1775 gee Johannes Swanepoel kennis dat hy hierdie plaas gaan verlaat. Sy nuwe adres word egter nie vermeld nie. Die sesde seun Hendrik Swanepoel is op 23 Maart 1755 getroud met Judith van Eeden nadat hy reeds op 17 Mei 1754 toestemming ontvang het om sy vee vir 'n jaar te laat wei aan de Swarte berg agter de Platte Cloof (.KAB: RLR 14/1: 6-7). Vir die volgende 19 jaar was dit Hendrik Swanepoel se woonplek, want op 29 April1773 gee hy kennis dat hy hierdie veeplaas gaan verlaat. Intussen word daar op 6 Oktober 1760 ook toestemming aan Hendrik Swanepoel verleen om sy vee te laat wei op die plaas Beesem Fonteijn geleegen in 't buffelsland aan de Swarte Bergh (.KAB: RLR 16/1: 95). Op 17 September 1765 gee Hendrik Swanepoel kennis dat hy die plaas wil verlaat. Geen inligting oor die bewegings van Pieter J ansz Swanepoel en M aria Si bell a Sachs se jongste kind, Abraham Christoffel (b8), kon verkry word nie en dit is moontlik dat hy jonk oorlede is. Volgens die Opgaafrolle vir Drakenstein het Pieter Jansz Swanepoel en Maria Sibella Sachs in 1746 nog twee seuns in die huis gehad (.KAB: J 195). Volgens die kinders se reeds gemelde doopdatums, kan dit net die 15-jarige Hendrik (b7) en die 12-jarige Abraham Christoffel (b8) wees. Die Opgaafrolle vir 1747 het verlore geraak en soos reeds aangetoon, verskyn Pieter Jansz Swanepoel en Maria Sibella Sachs se besonderhede van 1748 af by die van hulle seun Pieter (b3). Hiervolgens het hulle in 1748 geen kinders rneer in die huis nie (.KAB: J 195). Die 17-jarige Hendrik was in daardie stadium aloud genoeg orn sy eie boerdery op die been te probeer kry, rnaar op 14 was Abraharn Christoffel nog te jonk daarvoor. In 1750 word daar egter weer 'n seun in hulle opgaaf aangedui en in 1751'n dogter (.KAB: J 196). Laasgenoemde is waarskynlik Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 41 bloot 'n skryffout. Daarna word daar nie weer enige kinders by hierdie egpaar aangedui nie. Die moontlikheid bestaan dus dat Abraham Christoffel Swanepoel tot in 1751, toe hy 17 jaar oud was, nog geleef het en by sy ouers gewoon het. Hy is waarskynlik ongetroud oorlede aangesien sy naam nerens in 'n huweliksregister opgespoor kon word nie (Swanepoel1999: 806). Van Pieter Jansz Swanepoel en Maria Sibella Sachs se 8 kinders het net 5 'n Swanepoel-nageslag gehad. Hulle was Jan (b2), Pieter (b3), Johannes (b5), Jacobus (b6) en Hendrik (b7). Uit hierdie vyf is tot in 1770 altesaam 36 Swanepoelkleinkinders gebore, van wie 22 seuns en 14 dogters was. Hiervan is 4 seuns en 1 dogter jonk oorlede. Teen 1799, 'n honderd jaar na die aankoms van Pieter Jansz Swanepoel was die oorblywende 18 kleinseuns reeds as veeboere oor die kolonie versprei, terwyl sommige hulle op die voorposte bevind het. Sodoende is die grondslag gele vir die vestiging van die talryke Swanepoel-familie aan die suidpunt van Afrika (Swanepoel1999: 12, 110, 201, 270, 276, 324, 376, 377, 390, 391, 393, 416, 518, 575, 581, 778, 796, 805, 806). Daarby het Pieter Jansz Swanepoel en Maria Sibella Sachs se dogter, Rosa (b4), deur haar huwelik met Johannes Hendrik Conradie die stammoeder van die Conradie-familie in Suid-Afrika geword (Heese & Lombard 1989: 647- 653). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 42 1.15

Comments

Popular posts from this blog

Dapper stapper club:- hiking and other things

Cederberge - Gatjie Boskamp