Oupa Gawie en Ouma Rita
Gabriel Petrus van der Westhuizen/ Magdalena, Elizabeth Aletta Swanepoel
Pa gebore op 22 November 1938, ma gebore op 9 Oktober 1943, getroud op 1 April 1961
Een van die laaste braaie waar my ma nog by was, ek skat dit was iewers tussen 2005 en 2008 geneem. Koenraad, Armand en Dewald op die foto. Koenraad het die huis self gebou, en ons het die dag krieket in die agterplaas gespeel. Die foto van die quadbike herinner my dat dit die eerste kuier by die huis was, wat beteken dit was redelik nuut gewees.
Snelbouler Ina van der Westhuizen met Clarissa wat aankyk.
DIe braai was op n tweede geleentheid.
Wanneer ek en Elize gaan hardloop het, het my pa met sy fiets saamgery. Dit is dieslfde fiets waarmee Elize haar eerste Argus gery het Die Hikali fiets het ons vir n R1000 by n Indier in Potchefstroom gekoop. Ek moes vir hom slicks opsit voor Elize die Argus gery het. Die pad en hek is oppad Botlierskop toe, sowat 10km uit die dorp uit. Toe Elize vir my pa vra hoe ver is Botlierskop, toe se hy "Moer ver". Hy het nie afstand met fietse mooi verstaan nie.
Oupa Gawie het die week van sy dood nog sy trapfiets in sy aftreeoordkamer getrap.
Desember 2008, nege maande na Ouma Rita se dood, het ons saam met Philip hulle en Koenraad hulle by my Pa Kersfees gehou. Die volgende klomp foto's was in die agtertuin geneem. Elize het die wyntafeltjie gedek met blomme. Koenraad en ek speel n speletjie waar die een die ander van die lyn af moet trek.....
Die foto onder is geneem tydens n ontbyt wat ons by n restaurant in Melkbos gehad het. My ma het nog geleef, maar dit is die enigste foto wat ons die dag geneem het.
Hierdie foto is waarskynlik op Warner beach of Doonside geneem tydens my hoerskooljare.
Gradeplegtigheid 1983 - die foto is voor Huis Mopanie geneem, en Koenraad was eertse jaar student op Tuks en in dieselfde koshuis.
Sondae het ons saam met Oom Piet en Tannie Elsie na Orkney Plesieroord toe gegaan, met groot swembaddens en gold en langs die Vaalrivier. Hier is ons langs een van die groot swembaddens.
In 1979 het my pa die huis in 16 Hendrik Potgieterpad gebou. Die huis was van steen - geen pleister - en ek en Koenraad het menige ure hier gewerk. Die plaveisel rondom die swembad en die oprit moes ek doen, en ek is 1 sent per steen betaal. My pa het vir Andries aangestel om my te help. EK het minder as R100 betaling gekry. Hierdie spieel is vandag in ons huis.
Geen idee waar die foto's geneem is nie, maar dit was iewers teen sie Suidkus. Ons het gewwonlik in Warner beach of Amanzimtoti vakansie gehou, en was per geleentheid ook in Margate.
My pa het die fiets vir my gekoop, en sommer daarop gery ook. Ek onthou die dag baie goed. jare later het ons die fiets vir Jennie Els gegee, en sy het dit vir nog 5 jaar skool toe gery. Die bome aan die agterkant was aan Laerskool Unie se kant, en oorkant die pad was die ingang van die skool. Ek moes padpatrollie staan, omdat ek die naaste aan die skool gebly het. My pa het die huis van Oom Gert Venter gekoop en die stuk grons waarop my pa fietsry, was ongeveer 1600 meter groot. Die bure se kinders het altyd by ons kom speel, en ons het rugby met chloorbottels gespeel. Die grond het gewone rugbyballe se leer te vinnig verniel.
Wasgoed-dag was chaos omdat die seuns stof gemaak het en daar het so stofwolk oor die dorp gehang. Krieket toernooi is hier gehou en n piksteel en n kurkbal was die enigste tools wat ons gehad het. Die paaltjies was n groot bliktrommel. Die wegkant was so 6 meter breed, en die bykant sowat 30 meter. Later jare was al my lopie-houe aan die bykant, gewoonlik regby en diepby. As jy die bal oor die wegkant draad geslaan het, was jy uit, en dit het my vermoe om kaphoue te speel wesenlik beinvloed.
Ek was n snelbouler op skool, en Koenraad het van standerd 7 af eerste span gespeel. Sy kolfwerk het sekerlik voordeel getrek uit die feit dat hy die groter seuns se boulwerk moes face.
Ek onthou hoe Gansie, ons buurman en sy nefie eendag n 100 onoorwonne lopies teen my en Koenraad aangeteken het.
Rugby is gespeel totdat die eerste span 104 punte aangetekn het. 'n drie het 6 punte getel. Soms was die wedstryde 3 ure lank.
Familiefoto - altyd skoene en kouse aangehad. Ek skat die foto is in 1967/68 geneem op een van die Desember vakansies.
Die grafsteen van Ouma Rita se pa, en onder van haar ouma, wat dieslfde name as sy gehad het.
Comments
Post a Comment