Italian trip - Milan, Assissi, Rome, Arezzo

Assisi - 2009

The Basilica of Saint Francis of Assisi , Umbria region, Italy - mother church of the Roman Catholic Order of the Friars Minor.  Die foto links bo is deur Ruanda geneem.  Die res van die foto's is in die strate van Assisi
Ons het eendag Assisi toe gestap, en dit was n langerige stap wat ons heen en weer moes doen.  Ons het by aankoms in n klein kafeetjie koffie gedrink en kaart gespeel, en later sommer op een van die buitemure middagete gehad.  Die foto regs bo dui die poorte na die dorp aan.  Natuurlik is Elize besig om sjerrie te drink teen die koue....Stap is nie vir sissies nie, en die volgende foto wys Dewald letterlik "uitgepass" op die bed.


Assisi se winkels in die aand is asemrowend, en dis net liggies waar jy kyk.  Ons het ten duurste iets by een van die koekwinkels gekoop, amper die koste van n hele maaltyd in SA.
Italiaanse kos en wyn, pizza, pasta....
 Net ons families sal n gym gebruik wanneer ons in Italie is, en dit het nog nooit verander nie....
Soms is daar een foto wat jou altyd bybly, en dan poog jy op ander trips om daardie oomblik te maak werk.   Ons was gereelde Argus ryers, en hierdie foto van ander fietsryers wat koffie drink na n lang afstand, het ons lewens verander, en waar ons gaan, probeer ons hierdie oomblik vasvang.  Op die onderste foto sit Elize in Bratislava en alhoewel die fietse nie gesien kan word nie, het ons hier eers koffie, later n rose wyn gedrink en toe n pizza gedeel.  Amper elke trip waar die fietse saamgaan, eindig met koffie.



Arezzo

Twice a year in June and September, Arezzo’s main square is transformed into a jousting track. The teams, from the town's four quarters, train all year to compete. Participants dress in medieval costumes, team colours hang from every window, and the façades of the Piazza Grande’s palazzi are festooned with colourful crests. The event is far from just a re-enactment for tourists. There are street parties for days before the main event, passions run higher than at any football match, and it’s not unusual to see fights breaking out between rivals on the jousting track. Few visitors to the region even know about the event, meaning you can get tickets much more easily than for the Palio di Siena – though you do still need to book ahead, and the best seats go for up to a hundred euros.









Rome


Uitgeet aan die agterkant van die Colloseum, op n reenerige dag waar die kinder die toer tussen die uitgrawings gedoen het.  Ons het met plastieksakke oor ons koppe gewag vir die kids, en later die trattoria raakgeloop.   Die was letterlik n langtafel waar daar sowat 20 mense by een tafel sit, en die kos van die en kant af aangegee word.   Die kelner het na my verwys as Hector, na aanleiding van die Brad Pitt fliek wat tydens dieselfde tyd gedraai het.   Absoluut geen korrelasie nie.  Die fles wys tussen my en Elize het ons behoorlik gevang, en gelukkig was die motor so 30 minute hiervandaan geparkeer.

Geen fout met die porsies in n trattoria nie.





Die reeks fotos is van die Colloseum se binnekant, en hierdie keer in 2009 moes ons betaal om in te gaan.  Net die kinders het die trippie gemaak omdat Elize en ek met die eerste besoek reeds die binnekant gesien het.
Tudens ons eerte besoek aan Rome in die laat 90's, was Ruanda saam.  Hier is fotos van die Trevi fountain, maar die fot links onder is geneem teen die refleksie van al die brandname winkels wat naby die Colloseum gelee was.  Dit was blykbaar die in-foto van daardie tyd.  Ons het twee ander Suid-Afrikaners daar raakgeloop en saam n Coke gedrink op die trappies.  Regsonder sit ek saam met Ruanda nadat ons geld in die fontein gegooi het.

Toegang na die Colloseum was gratis, en Ruanda moes vinnig n draai loop, en het dit sommer in een van die tonneltjies gedoen!

Comments

Popular posts from this blog

Dapper stapper club:- hiking and other things

Cederberge - Gatjie Boskamp