Cape Argus
The Cape Town Cycle Tour is an annual cycle race hosted in Cape Town, South Africa, usually 109 km long. We have done numerous events, and one illegal tandem race.
#14 2021
#13 Cycle Tour 2019
Willie, Francois, Joris, Deon, Elize, Mariaan, Marlize, Koosman, Wynand, Frans, Erhardt en nog een, met Lida en Luka op die bystand diens.
Met die wind wat tot 30 km per uur gewaai het, is ons met ons COCO MAT houtfietse teen 9h44 weg uit die Kaap uit. Saam met 10 nuwe pelle gery, wat Willie delport ingesluit het. Willie het driee keer die Tour de France gery, en hy laat dit net te maklik lyk. Joris Neven het uit Belgie gekom om saam te ry en so het nege manne en drie vroue die 109 km aangepak. As jy heel agter wegspring, dan vang jy darem heelwat ryers op die pad. Die fiets is 18 kg en het net twee ratte. Sukkel op en op gelyk pad is daar nie genoeg ratte nie.
Unieke ondervinding. Die fotos.....die begin, deur Kalkbaai, koffie by Siroco die medaljes.... Siroco cafe se koffie was op die huis omdat ons daar gestop het. Die fietse het baie aandag getrek, en die eienaar het ons daarvoor beloon! Die span was selfs op TV vir n onderhoud, ook heelwat dekking gekry op live streaming.
Bemarkingspoging wat gewerk het.
#12 Windverwaaid
Ons laaste race was in geweldige wind, en ons het besluit om net klaar te ry en nie risiko's te neem nie.
Die foto van Lance Armstrong is geneem tydens die een keer wat hy die argus kom ry het. Hy is nie lank daarna geskors nie.
#11 Tandem race onder Salome en Trevor se naam
Die uitslag van die tandem race is onder Salome se naam, en ons het darem n foto as bewys dat ons dit wel gedoen het.
Comments
Post a Comment