Snow skiing

Saariselka Maart 2018

Road trip saam met Ettiene en Linda.  Tydens ons besoek aan Ivalo, kon ons een dag gaan ski.  Die video van die Saariskelka Tourism office is indrukwekkend, al is dit net om te wys hoe teboggan gedoen moet word - Video link

Genoeg tyd om al die slopes twee keer te doen.  Een dag helemal genoeg.  Ons het aan die begin n snow-blizzard gehad, en die video wys dit nogal mooi.  Die fotos onderaan wys die kunswerke wat deur die sneeu en bome gevorm word, en die hele omgewing is vol sneeubome.

Saariselkä Ski & Sport Resort is the northernmost Ski Resort in Europe. It ´s runs on two fells, Iisakkipää and Kaunispää offer multiple choices for skiers and boarders of all levels from beginners to advanced . Saariselkä is located directly to one of the largest National parks of Finland, Urho Kekkonen National Park.   Ski trip in March 2018.  Only one black slope....snow on the treetops were amazing.

Et en Linda het geteboggan... .hilarious gewees.  Et se ryding was helemal te klein, en Linda het sonder n bang haar altyd voorgery.

Linda het haar eerste ski les gehad, en ons kon dit op video vasle.

Januarie 2017 

Ski trip saam met die kinders in Font Romeu.  Al die kinders het ge"snowboard, en selfs Elize kon die snowboard regkry.  Die video wys van die slopes by Font Romeu.  Op die ander videos is Elize besig om te snowboard en ek ski op een van die red slopes.  Ten minste val ons baie minder, maar ek is maar steeds bangat vir die swart slopes, tot groot vermaak van die laaities.  Christan en Werne het die eerste keer gaan saamski.  Lekker kaart gespeel in die aand en youtube videos gekyk omdat ons nie Franse TV verstaan nie.
Christina Solanis is die eienaar van die woonstel en ons het 6 mense in die woonstel kon slaap.   Drie verdiepings net net groter as n enkel garage op elke verdieping.  Die braaiplek is n foto wat in die somer geneem is, maar ons het darem n braai kon inwerk in die sneeu.
Elke dag se ski word afgewissel met n koffie by die kar, om darem die liggaamshitte te balanseer, en middagetes word by een van die restaurante op die slope geeet.  Die wyn saam met middagete het almal gou laat tipsie voel, en ons het later maar bier gedrink.  Na die ski het ons by Hole in the Wall gaan sit, by die vuur en bier drink,  Die bier word binne bedien, maar die kos word letterlik deur die hole in the wall bedien van die take-away plekkie langsaan.


Famously sunny (over 3000 hours of sunshine per year), high altitude Font Romeu is known as "The Queen Resort of the French Pyrenees" and is part of the Neiges Catalans group of ski stations. There are 34 trails within the 54 kms of piste at Font Romeu.

January 2015

Die eerste trip na Font Romeu.  In die klein twee slaapkamer eenheid gebly met Dewald wat pas matriek klaar geskryf het.


Saasfee

Saam met die Vlooie vir twee weke geski.  Die omie in die foto middel links is dieselfde oom wat betrokke was by die bou van die Tafelbergse kabelkar.  Ons het hom toevallig raakgeloop, en hy ski steeds amper elke dag.  Saasfee is baie hooggelee, en daarom is sneeu gewaarborg, en kan daar amper elke dag van die jaar geski word.

Ons het in apartment Golf gebly, en kon tot binne in die gebou ski.  Golfskoene en skis het onder gebly in verhitte kamers en skoene oor paaltjies wat verhit word.  Die volgende oggend is alles droog, en warm!
















Comments

Popular posts from this blog

Dapper stapper club:- hiking and other things

Cederberge - Gatjie Boskamp