1000 Camping trips....back to basics


Camping has been part of our lives for ever, and we still try to do it 4 or 5 times a year.  We do it the tent way, and normally close to the water.  It provides opportunities to swim in rivers, kayak and cook without the luxury of electricity.   We cook coffee water on the fire, burn a lot of wood, and consume some good stuff in between.  Cooking forms a great part of the weekend and responsibilities are shared between camp participants.

37.  Leeuwenboschfontein
Blended se Krismiskamp saam met die Commotion in die Karoo Moyntainbike race.....Elize en Ronald se top 10 plekke...Janru se eerste rerige kamp
36.  Klipkrans 20 Maart 2024.
Werner se verjaardag saam met Francois en Jolize, Deef en Dalene, Piet, en Ronnie, Sherene
35. Kamp by Bergriver - 14 Maart 2024
Janru se eerste kamp saam met Piet, Ouma Hessie, Ruanda.  Stormsterk winde Saterdag aan, Ouma Hessie se toebroodjie ontbyt, Piet se val met Elize se fiets, en lekker gin en tonic laatmiddag....eerste kamp van 2024
34.  Swellendam - 15 tot 22 December 2023
Gaia sanctuary - Off the grid glamping met die nuwe waentjie...
33.   Pearly camping
32.   Blended Family camp Nov 2023 - Kleine Eike Greyton

Kleine Eike is located 8km from Greyton in the Riviersonderend Valley.  There are mountain bike and hiking trails that start from the farm.  The newly built facilities includes amazing hot showers...especially after a cold swim in the river....Frannie se verjaardag.....mountainbiking na Greyton met n klomp single track.  Lekker coffee shop net vir fietsryers.  Eerste keer met die nuwe waentjie.....Secret Santa, kinders ry perd.  Calla Scoltz se plaas.

31.  River rafting and camping
Bucket se spot langs die Breede rivier, almal op die houtbankie en Jorika wat selfs haar eie aantrek-kamer het.  
30.  Waterski kamp saam met die Venters - Edenvallei, Tulbach - die Bergrivier is in pragtige kondisie, en die visse (karpe) is groot en gesond.  Janru se eerste kamp, en ook sy eerste vis.  Groot vuur en n langtafel ontbyt Sondagoggend.  Kamp se naam was windpomp.  Nuwe tent vir die eerste keer gebruik.



29.    Volgende keer......


28.  Silwerstrand saam met die extended blended

Dirk het die boot vir oulaas gebring, en hy het dit baie geniet saam met die seuns.  Emile het n spectacular val gehad, en Dirk het ons verras met perlemoen voorgereg en n visbraai. Die kampterrein is in uitstekende toestand, en selfs met COVID regulasies in plek, was die kampplek vol.  Dewald, Werner en Emile kon bietjie lyne natmaak, en alhoewel die vis nie eintlik gebyt het nie, was dit steeds n rustige tydverdryf.

Werner en Piet het uiteindelik die lig gesien met die rugby en die Lions aangemoedig tot n 19-16 wen teen die Stormers.  Tackle hom, maar sit hom saggies neer.  Piet het die laaste skaak-game van die jaar gewen, en alhoewel die telling 1-1 was (smile) het hy die jaar afgesluit in tipiese Oom Bou Louw styl....you are as good as your last game (!!).


27.  COVID kamp in Bloubergstrand

Kampterreine was toe, en uiteindelik is daar besluit om n kamp te hou tuis....die hele blended familie was daar, en ons tafeltennis, lego's en skaak was aan die orde van die dag.  Lindie en Johannes, Piet, Ruanda en Werner, Dewald en Dalene


26.   Op die ingewing van die oomblik by Merwida

Ruanda se verjaardag eindig met Piet wat vroeg ry, want hy kamp, en binne 2 minute klim ons in en gaan saam, laai n tent, matras, 2 slaapsakke, hotel take away sjampoo en room en n tandeborsel, en daar gaan ons.

Pierre van der Merwe het n stukkie hemel geskep langs een van sy damme, geen besoekers...net uitnodiging.....en ons gate crash.....die dam is groot genoeg vir n properse roei, en die wind blaas die vuur hoog en warm.  Lekker steak, brandewyn en helemal nuwe crowd....waarom mens dit nie meer doen nie sal niemand weet nie.


25.  Van der Westhuizen familienaweek by Montague caravan park

22 November rondom Ina se verjaardag, en die hele family is daar.  Mia kamp vir die eerste keer saam.  Dewald kon n hele paar visse vang, en saam met die pot en braai het ons weer helemal te veel geeet.






24.   Blended family Silwerstrand saam met die Kotze's

Dirk en Dolfyn het ons saamgenooi om te gaan ski.  Die dogters en Ian hulle was saam vir die kuier.  Dewald en Elize kon ski, en party van ons moes maar tubing doen.  Groot pret saam met die nuwe blended familie.  Dewald is nou n visterman!





23.  One night camping - Berg River resort

Sommer op die ingewing van die oomblik gaan kamp, 14h00 besluit, en twee ure later langs die Bergrivier...... Piet, Floors en Mike het ons die volgende dag verras en opgedaag vir middagete - sommer so op die selfoon gekyk hoe klop die bokke die ouens van Argentinie.   Die huise agter Elize is in die Val de Vie estate, en kos seker R10m.  Ons het aan die ander kant van die rivier die view gehuur vir R220!

22.  Ivalo river camp
During the visit to Sweden and Finland we stayed in the Ivalo River Camp.  Unlimited wood for the fire.....Et en ek maak die vuurtjie.  Ons het vergeet om die sleutel terug te gee, maar die kinders kan eendag verniet gaan kamp.......
21.  Maritime weekend April 2019

We replaced the traditional Pypklip weekend with a camp in Pringle Bay.  What a windy wet weekend! We had to build emergency shelters against the wind and rain, and made sure we had a big fire to keep us warm.  Seafood potjie and crayfish on Friday evening, some steaks on Saturday evening and even some abelone on Sunday evening. Piet made his traditional flapjack breakfast and Daleen en Dewald followed with their healthy alternative.  


We had a tough windy cycle on Saturday morning (Lawrence, Deon Ruanda and Elize).  Piet joined us for the first 10kms on his first cycle in 25 years. 

and an awesome abseil on Sunday morning (Larwence, Dewald, Deon, Elize and Daleen).   

Back in the day the Hangklip Hotel was the place to be.  It looks like it has been revamped, and many local performers find there way here.  robin Auld was there on Sunday night, with somme disco dj'ing at the nearby Plankies.  Piet Botha and Jack Hammer still going at it as well.
Elize and I was sleeping in the garden cottage, I always wanted a wooden house and a boat by the sea....


20.  Vloedbos February 2019
Die jaarlikse kampe het afgeskop met die Vloedbos kamp naby Caledon.   Lawrence en Janice het  vir die eerste keer saamgekamp, en Frannie het Saterdag aaangesluit.  Dewald en Dalene het ons Sondag verras vir middagete, en sommer haar ouers kom voorstel.  Die res van die kampgroep was Piet, Johannes, Lindie, Werner, Ruanda, Deon en Elize.  Uitstekende kampgeriewe, swembaddens en baie skoon badkamers.  n Paar van die hoogtepunts was die kinders - Retief, Leah en Lily wat hulself baie geniet het.  Oupa Piet het selfs vir die twee meisies geleer flapjacks maak.  Lawrence het ons bederf met krewe vir voorgereg die Vrydag aand, en Piet se klein ketel het sommer aan almal se koffie-behoeftes voorsien!.  Elize se bone potjie van saterdagaand met PJ se skaap van Koringberg se kant af, het ook goed afgegaan.

Ons kry defintief iets reg, ons het nooit uit ys uitgeraak nie, maar sout, peper en olie staan nou nog in die spens.  Ruanda het vir Lily leer fietsry, en Retief on sy eerste vyf hale tussen pappa en Oupa swem.  Die groblers het saam met Elize 1 km gaan swem in die slykdam, alhoewel beide Elize en Werner se rigtingwysers blybaar skeef was.




19.  Skukuza kamp


18.  Kleinvlei



17.  Gatjie Citrusdal

‘n Boskamp tussen die berge. Geen krag. Gras staanplek met waterkraan. Lapa van 8×8 meter vir die koue winters aande. Twee 4×4 roetes waarvan beide begeleide roetes is. Een in die berge vir die pragitge uitsig oor die vallei en om meer te leer van die fynbos. Die ander roete is ‘n rivier roete met klip en die bedreigde Clanwilliam rooivlerkie.
16.  Camping Rawsonville



15.  March 2018 - Riverside

Camping at Riverside in Robertson where the river is completely dry, with grass on the camp sites and nowhere else.

 


14.  Roberston July 2016

July 2016 - Camping in Robertson next to the river with the blended family.  River was full, and it allowed for a lot of kayaking, and almost everybody caught a fish.  We released all of them. Tommy Foulkes provided some Bon Courage for the Sunday and we even had a swim across the river.


 
13.   Montague

12.  Cape Epic
12 . Enjo Life

11. Karavana

10.  Buffeljagsrivier
9.   Sodwana saam met Basson en Jaco Rossouw



8.  Sodwana with Elize and later with Ruanda









7.  Sodwana with Rias, Ettiene, Linda, Koos en Martina



6.  Mtunzini saam met die Deetlefse

5. Skotland

4.  Grootbrakrivier

We has many camps at Pine Creek camping sites over the years.  Here are some photos with the family.





3.  Montaque tydens die EPIC training ....2005.....Vlooie, Leon en Lisa, back up team Nico en Erna

2.  Swakopmund

During our adventure race in Namibia we camped the first couple of nights in fairly executive style.  The mountainbikes on the left served us well over many years.  The race started in Swakop, with a 21 km run to Dolphins point, whereafter we had to kayak to the lighthouse about 11kms into the Atlantic Ocean.  That followed a paddle back to Walvisbay.  We had to cross the dunes on foot wherefater we cycled to the Gorge.  A long hike saw us ending at Spitskoppe.







1. Oldest camp photo

This photo was taken around 1968 in our backyard.  My dad pitched these tents and Koenraad is sitting with me in front of the tent, I have no recollection of the face that is looking out of the tent.





Comments

Popular posts from this blog

Dapper stapper club:- hiking and other things

Cederberge - Gatjie Boskamp