1000 Fires and counting




45. Pearly se kaggelvuurtjie44.  Leeukop se soetdoringvuur
As Wynand jou op die naam roep om hout te werk....
43.  Gaia vuurtjie...op die oewer
42.  Ketel koffie op die blended se kamp....Kleine eike...Nov 2023
41.  Oupa en Janru braai hoender sosaties
40. Renier se vuur vir steak braai

39.  Vrymansfontein se atmosvuurtjie


38. Na die roei op die Breederivier - Dis Louzanne wat die vuur aansteek wanneer die manne die bote laai, en dan kuier almal verwoed rondom die vuur totdat ballie sy T-bones op die vuur gooi.  Die derde foto is tydens die strafdopsessie geneem.




37 Terug by n ou favourite.  Hole in the wall is seker die bekendste Pub in Font Romeu in die suide van Frankryk, en ons het daar opgeeindig na die ski.   Die eienaar vertel dat die kroeg dekades in die familie is, en dat sy pa wat dit begin het steeds leef.  Hy self beskou hom as n Sean Connery look-alike.....kan seker werk as jy regtig hard probeer.   Die vuurtjie in die kaggel maak dit die warmste kuierplekkie in die dorp.


36 - Arangieskop - met die trekker tot bo, en later terug tot by die boskombuis....met al die kos wat op oop vure gemaak word.


35 - 6 December 2019 - Merwede se privaat dam - op die ingewing van die oomblik gaan kamp.....Anderkant Worcester



34 Die vuur en die groter ketel - die ketel sou kon stories vertel, reis al 15 jaar saam, en nou aansienlik swarter, my beste oomblikke rondom n vuur en die ketel is iewers naby.



33 - Steenbokkie Nasionale park saam met Kobus en pelle. Klomp springbokke geskiet tydens die droogte weens uitdunningsprogram.  In die agtergrond kan die droogte gesien word, niks gras nie


32 - By die sneeukasteel in Kemi, net voordat die deure oopmaak, het ons weggekruip in die ontvangs langs die vuurtjie, temperatuur was minus 15 grade.


31 - Die beste mosselbraai van alle tye, die wat daar was, verstaan hoekom ons nie die mossels wys nie.  Die huisie op die Whale trail is reg langs die see.


30 - August 2018 - die hout wat net nie kole wou maak nie.  Piet se vleis spandeer nie baie tyd by die vuur nie.  Twee keer vinnig omdraai en dan eet ons hom.  Hierdie aan wou die kole nie saamwerk nie, en Piet se vleis moes uiteindelik gaar kook.  Leipzig wynplaas die aan voor Ruanda en Werner se troue.


29 August 2018 - Werner en Ronald By Leipzig family braai.


28 - Wanner n man se hy gaan n braai bou, dit dan doen, en jou nooi om jou te gaan wys, Royal Enfield plaatjie en al! Januarie 2019


27 - Lawrence se nuwe kaggeltjie binne in Pringle Bay se huisie...


26 - Die Hangklip Hotel - saam met die blended family - dubbel brandewyn, terwyl Werner gou n vuurtjie aanmekaar geslaan het April 2019


25 - Altyd die beste braai saam met Bucket en Ballie na n dag se roei op die Breederivier - Maart 2019


24 - Saam met die huskies naby Saariskelka het ons vissop geeet in een van die tradisionele huis van die nomadies volk - Maart 2018


23 - Iewers diep in Finland- Giellijohka - het ek die foto in die hut van n alleenloper gekry, lyk vir my soos n Finse Bakkes, dit was nie my vuur nie, maar dis my storie....


22 - In Skukuza, nadat die Vito se altenator gebreek het, het Piet en ek net 6 Lions kon kry, die een het behoue gebly vir die kampvuur...


21 - In Sangis het Et en ek besluit om vir almal te braai, sneeu of te not.  Ons moes ver stap vir kole, en die varkfillets wou nie gaar word nie, maar braai het ons gebraai.


20 - In Font Romeu het ons die sneeubraai-ding begin.  Nie baie sneeu gewees nie, maar vriesend kou, veral as almal binne sit en wag vir die vleis. Die 2 Euro rooiwyn he darem gehelp teen die koue.

19 - Hole in the wall in Font Romeu - net soos n vuur moet wees in n koue sneeubedekte land.  Die eienaar wou weet of ons vir James Bond ken, en hy kon nie ophou praat oor die rolle van Sean Connery nie.


18 - In Ivalo tydens een van die koudste winters in Finland.  Ballentine's whiskey, sommer koudgemaak so binne in die sneeu.



9 tot 17 - Whale trail, Robertson, Noetsie, Vaaldam, Pypklip.
1 tot 8 - Luiperdskloof, Pypklip, Blouberg, Font Romeu, Worcester, Leipzig......




Comments

Popular posts from this blog

Dapper stapper club:- hiking and other things

Pieter Jansz Swanepoel