1000 wine moments


109.  Klein Roosboom se Chenin op n Don middag
Lankal n favourite kuierplek, Darryn wat agterbly dat ons darem die wyn rustig kan geniet onder die bome
108.  Vrymansfontein wynplaas
Uiteindelik die kar se papiere....en lekker gekuier saam met Janru...sommer baie idees gekry v die nuwe huis in Franskraal
107. Swellendam na Koenraad se 60 ste verjaardag....
106.  Bicycles en wyn
105.  Bloemendal Merlot na die Namibia trip wat nooit was nie
104. Nog nie gedrink nie, maar dit verdien n plekkie op die lys.....103.  Fatman Pinotage saam met die Dapper Stappers na ons Elephants Eye.  JOON restaurant is oorgedoen deur Bertus en ons het gaan kyk hoe hy dit gedoen het. Kon darem n fototjie met June inkry. Jorika en Kiewiet is buite sig, maar die ander rampokkers is almal daar.
102.  Sunset in Blouberg101.  La Boucher
Eerste wynproe in n baie lang tyd....pragtige plaas saam met Simone, Wico, Werner en Piet....duur, maar het darem die Pinotage van 2020 en die Cab Sav kon proe...
102.  Kunjani, Agter Paarl
Die plek het ons sommer dadelik welkom laat voel.  Pia het ons by die deur ontvang en ons kon darem n wynproe doen sonder bespreking....Eddie het besluit om arm te druk vir sy fooitjie, en gelukkig was dit n draw, want die blikskottel was sterker as wat hy gelyk het.  Pragtige Kewer voor die gebou wat binnekort gerestoureer gaan word....
101.  Marc's eatery, Maun,Botswana
100.  Kleinvlei se stoep
99.  Andre by Barrydale
Mooiste view oor Barrydale
98.  Kleine Eike Blended Family Camp 11 Nov 2023
Blended se jaarlikse kamp, Janru wat uitmis met bek en klouseer.....Greyton se wynfees, Frannie en Koenraad se verjaardag, Leah wat nie wil huistoe gaan nie....Tielman se wyn

97.  Tietiesbaai
Sondagmiddag gaan al die kinders huis toe en ons ry Tietiesbaai toe.....so op Pieter Pieterse se spore....amper niks wind nie.....n rob bak warm in die son....en Piet speel ons gaan dorp toe....geld kan nie die experience koop nie

 96.  Blouberg return
Sonsondergang in Blouberg....met Elize se gunsteling Chardonay.....vol ronde suurlemoene..ons gaan nou skink

95.  Robertson Winery
Saam met Leon in Robertson, eindig Elize en ek by die plekkie...Uitstekende kos en diens op n koue aand....
94.   Lancers Inn
Elke besoek aan Lancers Inn gaan gepaard met n ete by die restaurant.   Ongelukkig net Suid-Afrikaanse wyne, maar die kos is uitstekend en die diens uitnemend.  Lekker vuur in die winter.
93.  Wa de fok is Hester?
Hester se verassingspartytjie was n verassing vir almal behalwe vir haar.  By Klein Roosboom het almal bymekaar gekom en daar is fees gevier.....

92.  Pearly beach
Die wyn is in die agtergrond.....nuwe braaiplek...Deon drink wyn terwyl Hester en Elize skottelgoed was.....what a life.
91.  Hillcrest saam met Janru terwyl Ruanda oorsse was.  Die mannetjie is besig en almal hou van hom....daai handjie om die nek maak seker dat jy nie wegkom nie
90.  Hester se verjaardag wat nooit gebeur het nie
89.   Company gardens  in Kaapstad
Na n stappie langs die hisoriese roete saam met Elize en Hester.  In die tuine in Kaapstad....skoon, geen boemelaars, goeie diens.....
88.   Stanford Hills.....
Piet het ons aan hierdie wynplaas bekendgestel, en dadelik die Pinotage aanbeveel.   Pragtige uitsig oor die Vlaktes terwyl ons einste Pinotage proe.  Fietsparte gebruik om n muurpaneel te maak.
87. Houtbaai Hotel.....
my eerste herrinering aan rooiwyn was Nederburg Edelrood.....sien die bottel in die rak....die prys in 1984 was R9,90.  Sal nooit weer wyn sien teen daardie prys nie.
86.  Wyn en kaas by Ridgeback naby Wellington saam met Ouma Hessie.  Eventueel amper 3 ure gekuier. Ryno Engelbrecht  was die wynkenner en n uitstekende host.
85.   Wyn op Meerendal tydens een van ons staptogte.....tussen die bome.....Janru in die stootwaentjie....kaas en wyn.....alles verniet... ..
84.  Wyn van n goeie pel wat veg vir sy lewe in ICU.....cheers Danie...jou wyn het sy pad gekry Botswana toe.....300 pula later.....Goeie nuus is dat Danie ok is.....onlangs saam met hom n hike gedoen.
83.  Coenie en Deon Meyer se show terwyl ek in Botswana was.....soos dit moet wees.  
82.  Gatskop met skaak en rooiwyn.....steeds 4 - 1 verloor deur die naweek op Pearly.
81.   Wynproe by Strandveld wynplaas saam met Elize, Diffie en Piet.  Ons het die besoek later herhaal saam met Hester.    Juweeltjie suid van alles.
80.  Pinotage van Mooiplaas....  saam met Piet en Elize op Pearly.  Wonderlik dat Tielman altyd reageer as ons hom n boodskap stuur oor sy wyn wat n geleentheid spesiaal maak....
79.  Maastricht saam met Wally, Jorika, Linda, Suzanne, Kiewiet, Hester en Ruanda - ons het die konsert bygewoon en gerock saam met die youngsters.  Black Coffee Band wat nou naam verander het na Raaf.   Wally het sy bril verloor, sommer n ou vriend raakgeloop van skooldae af.
78.  Almost weekend in Philadelphia - met Namaqua se pryswenner blend en n vuurtjie in Hester se webber.
77.  Marinellos in Melkbosstrand 
- not the original Malbek teen R245 per bottel wonder ek darem....die laatmiddag koel luggie maak op vir alles.
76.  Grabrielskloof saam met die Jacobse in  Hermanus.....my pa was Gabriel.....op sy eie manier n celebration vir n man wat nou nie meer hier is nie
75.   My oupa hou van rooiwyn,en my ouma van witwyn....van Mooiplaas af
74.  Day 1 van die Philadelphia sabatical saam met Kiewiet, Hester, George en Hessie.....oorgestap Pepper tree toe vir die kaas ens.....vars brood.....kan netsowel die suide van Frankryk gewees het
73. Linda se verjaarsdag by Klein Roosboom...Madel.en Carina doen Brel, en almal rook ietsie van Albertus se aaptwak

72.  Saam met Hester by Ons Huisie toe die wyn bd huis opraak! Kleine Zalze Pinotage teen R225.......wacky winesday.....net ons drie ....en steeds was die diens uit die boonste rakke

71. Blessings saam met Dirk en Welma op n Vrydagmiddag.
Kiewiete en ons saam met n klomp bykommers wat sommer by ons ingeval het. Dirk het n paar van sy liedjies gesing.....en dit sommer op n Vrydagmiddag 3pm.  Hierdie is steeds een vd bes bewaarde geheime van Melkbosstrand.


70. Canto vir Elize se verjaardag June 2022
Ouma Hessie, Ruanda saam vir n snackbord en bietjie Pinotage.....

69.  Wyntrap op Klein Roosboom
Ons tros is ons trots......Die girls besig om wyn te trap, terwyl Wallie, Bertus en ek pas gerolde sigarette rook.  Vrolike dag saam met die Oggend swemgroep.

68.  Room50two towers in the BCB of Gaborone
After they refused us entrance into the restaurant the night before (underdressed), we were able to get a table on the Friday night.   Excellent food with South African wine - at 500% margins.....DIe fotograaf het seker gemaak hy is ook in die foto!!  Elize met haar swart nommertjie.....


67.  1 Jan 2022 tot 19 Maart 2022 - no wine...
Werner skink daardie eerste enetjie op sy eie verjaarsdag ....die Old Man's Blend wat Renier gewen het met die Vine-to-Hop race.......


66.  Baie lekker middag saam met Janie en Leah in Pringle Bay....Nuwe restaurant


65.  2020

Die blended wyn label - gedurende 2020 en COVID 19 was die wynbedryf beperk tov verkope, en uiteindelik was daar n oorskot van meer as 360m liter wyn.  Mooiplaas het wyn gebottel en teen R45 per bottel probeer om van die oorskot ontslae te raak.  Die blended het geld bymekaar gegooi, ons eie label ontwerp, en na n stemmery is n label gekies.   Links bo is die wenner, en ons het met verskeie geleenthede die label gebruik om geleenthede te vier.  So het Wyndand en Janette die eerste ontvangers van die blended wyn geword.


Die ontwerp is deur Dalene gemaak.  Verskeie ander ontwerpe het ook die lig gesien, en dit kan hieronder gesien word.



64.   Nuwe wynplaas - proe-lokaal by Maastricht - saam met Dina, Oom George, Ouma Hessie, Ruanda en Janru....snackbord die beste in die Weskaap


63.   Skelm rooiwyn in die Weskus Nasionale park, saam met Renier en Kiewiet, Hester en Linda, Deon en Elize, Ruanda en Werner en Janru, en Piet.....die kleur van die beker gee dit weg....


62.   Cape to Cuba met die dapper stappers, Renier en Kiewiet, Linda, Salome, Deon, Elize, Hester, Karin, Sean en Karen, Jean na die Simonstad stap na die Fort toe.


61.  Ruanda se verjaardag - opgesmuk vir n aand van gambling in Blouberg.....ken nie die mense nie


60.  Pearly Beach toe daar niks drank was nie....lockdown, en tog kon ons ietsie kry.....samm met Annlin en Deon en Cilla, en die res van die blended 


59. Brian se verjaardag in Parys nommer 80 saam met Melins en Phil....Hessie was ook saam

58. Wyn op Pypklip tydens die COVID 19 lockdown - ons het twee keer uit wyn geraak, en gelukkig kon die manne in Burgersdorp uithelp met aankope.  Die wyn was van die Oranjerivier streek af, maar het teen uitvoerpryse verkoop.  Al die kinders om die tafel, net Lawrence was nie daar nie....special tye!





57. Groot band practice na die roei van die dag...Elize en Andre geniet die solo uitvoering van Sound of Silence


56.  Barcelona

Amper die einde van ons trippie....saam met Piet en Elize hierdie wyntjie by die hawe gedrink teen R400 per bottel.  Elize teug maar stadig.   Spectacular sunset ....



Baie special foto, agter die wynglase sit n man en klavier speel, na n paar songs, staan hy op, en stoot sy klavier na die volgende restaurant.  Barcelona se old town.


55. Pearly beach tydens Lockdown -
 Piet kon vir ons n paar bottels Goedehoop in die hande kry by Pieter........ons vat maar klein glasies


54 - Verloor ons teen die All Blacks in die Worldcup 2019.  Die foto is geneem voor die game begin het!  Darem gat geskop en die world cup gewen.


53 Elize se verjaardagnaweek by Yzerfontein.

 
52 Oppad van Pearly af na n werksnaweek by Piet se huis, sommer by Houwhoek Inn gestop vir n wyntjie onder die bome by Houwhoek saam met een van hulle pies.


 51 As jou pelle ver weg is

 Andre en Mariette was die naweek Barrydale toe, en ons moes maar per whatsapp wyn share!



50. Soms moet jy maar uit die vat uit drink - die twee fotos kom van n trippie tydens soetes en sop, 'n wynfees aan die anderkant van die tonnel - Hier probeer ons onderskei tussen rooi, wit en rose, terwyl die sopbekers aan dieselle hand hang......ons weet nou nog nie watter een die wenner was nie.....maar leftie loosie, righty tighty werk tot vandag toe nog steeds op dieselfde manier!!





49. Out of sequence, maar special - somer op Rawsonville, saam met die kinder touch rugby gespeel en daarna van Badsberg se Sauvignon Blanc gebruik om te hidreer, en natuurlik om te herbesin hoe die laaities ons geklop het.  Dit is natuurlik ooglopend dat ek nie moeg is nie.....my glas is half vol, en staan kierts regop, Vlooi sin oppad om om te val.....hulle maak nie meer flyhalves soos in die ou dae nie!



48. Graskop - die wyn wat nooit gedrink is nie - Kuier by Ben en Blom, en met die aankoms is die wyn reeds oop om asem te haal, n man wat lyk of hy verstaan, wel n 2012, maar darem al vir 8 jaar staan en verbeter, en ons begin met whiskey en lek die lippe af vir die wyn wat wag....die probleem is, die wyn is al drie maande oop, n gas het een glas gedrink, en die wyn is gekurk, regop gestaan vir 3 maande......jy kan nie n bier-man met hierdie tipe wyn vertou nie....sorry Benna, geen punte nie.  Vir ons straf het hy die ander bottel gaan wegsit, en ons het maar saam met Beyers Truter verder gekuier......sy pinotage nou bedoel ek......



47 Wilderness - Pomodoro  - een laat middag nadat ons na die watervalle toe gehike het, het ons die middag afgesluit met n pizza en wyn by hierdie Italiaanse restaurant.....Posse avere una botigglia de vino blanco secco, per favore....en net so kry ons die diens.....van n local nogal.....In die Wilderness in.




46 Font Romeu - In die yskoue, terwyl die familie in die huis wegkruip, trosteer ek die koue....kyk die dun stompies, kon nie hout kry nie, maar het genoeg kole gehad om die stukkies vleis gaar te kry.....Die wyn het verhoed dat ek heeltemal verkluim het.....bloed dunner....wou nie vries nie...



45 Corneli en Oom Fanie - wanneer n geleentheid voel soos gister, en asof dit more weer gaan wees......en dit kan nooit weer wees nie.


44 Camping Grootbrak



43 Audacia market Stellenbosch - Lekker rustige sondagmiddag saam met Janice en Lawrence by Audacia mark.  Golden Oldies gesing deur twee ouens wat voor die songs gebore was.....chilled...

42 Die bottel is stilletjies genuttig uit koffiebekers by die West Coast National Park....Drank is verbode en ons moes maar stilletjies beweeg met al die rangers rondom ons......wie sal ons glo as ons nie n foto het nie.  Pieter van Goedehoop het die bottel geskenk na een van sy langtafel etes.....Pinotage


41 Braai saam met Theo en Dina op Kaappunt - perfekte dag sonder wind met volstruise wat sommer langs ons pik vir kos ook net Theo wat sal platle terwyl die ander sit.....Intussen het die Vito gegroet...ai al die wyn wat hy vervoer het.....


40 - Wyn by Noetsie op dag 2 van die Whale Trail saam met die kids, die see is reg agter daardie houtheining, massiewe vuur gemaak.  Byron het n vyfstertafel gedek vir die aandete.....Tradisioneel moes alle proviand saamgedra word, maar daar is n carry opsie, wat beteken n ekstra bottel wyn kan maar ingepak word.....Ons het steeds uit wyn uit geraak op die voorlaaste aand.


39 Bloubergstrand se sonsondergang van ons stoep af, met twee blou glase - toevallig.....


38 - Pypklip begin met n ete by Wynand hulle, en die vyfgang maal moet darem gepaard gaan met n wyntjie.  Deon en Tertia het ons gejoin vir die trippie.  Wonder hoekom die wynbottels by my en Piet staan?  Wynand het die wyn by n vriend gekry - en ons moes raai wat se wyn dit was.....dit was so volksvreemd dat ek nou nog nie die naam kan onthou nie.


37 - Pieter Janz van der Westhuizen het in die 1660's begin met n wynboerdery, dalk is die wynhouer in die agtergrond n stukkie geskiedenis....Hierdie geleentheid was deel van die beplanning van Ruanda se trou reelings.......Soos dit van der Westhuizen broers betaam, is die bottels leeg, maar die glas gaan gerecycle word......


36 - Bratsilava 2017 - wyn en n pizza om te deel nadat ons langs die Danube gefiets het.....Ons het sowat 50 km gedoen, en met die teugkomslag nie dadelik water gedrink nie....Ons het n Rose gekies, vanwee die prys en nie vanwee die smaak nie, en die Rose is reguit kop toe.....ons moes nog 12 km hotel toe met ons fietse in die verkeer....



35 Kinder klaar met matriek braai, Thinus, Gert en Annelize, Mias en Marianne, Johan en mari, twee skaapboude, n pot en n hangbraai ala Marlien vd Westhuizen se boek.  Die skaapbouspot het nou amptelik die Johanpot geword en word dikwels gedoen by kampnaweke.



34 Grootte Post piekniek saam met Mias en Marianne, Johan en Mari - stunning piekniek geleentheid wat goed vergelyk met enige mark in Europa.  In die somermaande is enige Kaapse sauvignon blanc n wenner, en behalwe vir die sprite in die voorgrond, blyk dit asof almal die wynekonomie in die Kaap ondersteun.

 
33 Aan de Doorns 23 Maart 2019  Wynproe voor die roei op die Breederivier - Goeie Pinotage vir R50.  2017 oesjaar  Piet, Diffie, Ivan Naude en Alan Chiat...Die wyne anderkant die tonnel is anders as die wyne waaraan ons almal gewoond is, maar die wynmeesters is ewe bekwaam en die wyne is goed geprys.


Vlooi, Liesel, Elize en Piet, met Ruanda aan die linkerkant


32 Tuning the vines - 13 Maart 2019

Van der Merwes
Tuning the Vine presents an epic midweek wine adventure not to be missed – the #InnerCityWineRoute, which takes place in Cape Town’s Innercity on the second Wednesday of every month. Each route includes the hippest venues and showcases a wide variety of delicious South African wines and talented winemakers! The #InnerCityWineRoute starts at 5.30pm and tastings end at 8.30pm. Venues are open till late so you can stay wherever you are and continue to have fun. Take to the streets and join the hundreds of happy wine tuners, helpful wine fairies and be part of the wine-loving fun!

31 Frannie se verjaardag op Plover 

Goeie bottel rooiwyn van Tielman se plaas.  Tabakland 2015.   Sommer dadelik die oomblik gedeel met Tielman - hy het laat weet die wyn het pas n prys gewen - dink dit was dubbel goud.....


30 - Jan se gat - 2017, met die van der merwes, Hester, Ryno, hike en illegal piekniek!  Dit lyk soos n Boschendal Blanc de Noir, n wyn wat ek ken sedert 1984 toe ek klerkskap by Deloittes gedoen het.  n Goeie vriend Selwyn Newnes het altyd hierdie wyn bestel.


29 - Bo-op Tafelberg saam met Hester nadat ons Platteklip Gorge uitgeklim het......Rose is effens ligter, en gaan goed af as jy nie dadelik na oefening op jou ore wil rondloop nie.....ek sien steeds nie water op die tafel nie.


28 - Wynproe teen die Breederivier met Frannie se verjaardag - Viljoensdrift - moet een van die beste venues wees met die uitsig oor die rivier. Bring vir ons n varrse het amper n kind getref.....oeps


19 - 27 Cape Town is wine country, and when visiting friends, the first question is red or white.....The Western Cape boasts many wine festivals, like "Soetes en sop", or the "Diemersfontein Pintage launch".  You will find wine festivals from Robertson to Franchoek to Stellenbosch.  It was during a Diemersfontein launch where I first heard the slogan...."Fuck fynbos, plant Pinotage!".  I am still an avid supporter of this unique South African wine with the ample quantities of resveratrol, as winemaker Beyers Truter frequently refers to it.

Around 2010 we were building a new house, and the budget allowed for a box of Robertson Merlot.  With no glasses on site, a plan was made with a coke bottle.  The photo is on the bottom right.   Wine of course should be shared......sharing with Werner, Trevor, Marlene, Mariaan, HECTOR, Don, Alta, Vlooi, Mari, RUanda, Liesel....and in the middle right, Elize not sharing at all....

10 to 18 Wine is all over the world, and some memorable moments were from left to right, Rome (with the kids), Italy, Bloubergstrand (with Theo and Dina), Giellijohka (Finland with Etienne and Linda - SA wine not available locally), Budapest (half Ironman), Geillijohka, Picardi (market day with Vlooi), Arrezo (in a small Italian trattoria) and the Biscuit mill (Cape Town)




9 - Valentynsaand op Picardi in 2007 - onder die bome is die honesty bar, ons het 20% wins gemaak!  Jaco en Elize besig om die tafels te dek.


8 - Besoek aan Paarl wynroete saam met Brian en Magda 


7 - Piekniek saam met Trevor en Dom op Kersdag in Franschoek - langs n meer onder die bome sonder n siel in sig.....


6. By Moyo Spier in April 2005, die aand nadat die Epic klaargemaak het.  Daardie horlosie is nog iewers in n box, ongelukkig opgepak na n see swem.


5.   Bloubergstrand op die nuwe stoepie, saam met die Vlooie, Don, Erna, Mettie moes die foto geneem het, wonder wat het van daardie voorskot geword....tweede foto saam met Ralph en Frieda, laaste een saam met Fanie en Hessie



4. My fighter pel Theo net na sy long operasie op Ballito se strand, dink dat was Heleen hulle se woonstelletjie - dip ons ons eie champers.....Sowat 15 jaar terug....


3. Piekniek by Bryn Morse se huis in die West Coast National park, my favourite spot of all time.  Vorige aand die musiekfees by Langebaan bygewoon.  Cute huisie met n properse longdrop....ek sien daar is net drie glase op die foto, die fotograaf het seker syne in sy hand.


2 Piekniek by Vergelegen saam met die Jouberts, Salome - het Cut Glass gaan kyk.  Piekniek onder die bome....


1. Oudste foto - saam met Et en Linda by Mtunzini, Kwa-Zulu Natal many moons ago - Ruanda en Danielle was so 3 jaar oud, sommer net piekniek gehou langs die rivier....


Comments

Popular posts from this blog

Dapper stapper club:- hiking and other things

Pieter Jansz Swanepoel