Blended family


Action Golf day - Malmesbury




Family cricket day










Blended Family sport events

Frannie se verjaardag word gevier oor n hele naweek, en almal kamp saam op Robertson.  Die naweek word afgeskop met pink gin en die tente word op die gras opgeslaan.  Fietsry Saterdag tussen Agterkliphoogte en Roberston, daarna 'n kuier by Oom Tommie op Robertson waar ons Bon Courage aanvul.  Soos altyd kry ons baie meer wyn as waarvoor ons betaal.  Een van die boere gooi sommer suurlemoen en perskes in.

Viljoensdrift saam met die blended family en kyk daarna hoe Engeland ons 12-11 klop.  Piet se kerriepot, varknek op Saterdagaand en skaapboud en springbokfilette vir Sondagmiddagete.  Om alles behoorlik klas te gee drink ons Tielman se Tabakland 2015 wat pas groot erkennning gekry het by die Stellenbosch Cabernet bemarkingsgeleentheid. 






Die Agterkliphoogte in die Robertson omgewing is onbekend aan meeste mense, en noudat Frannie daar ingetrek het, kry ons almal die kans om dit te explore. Daar is selfs n facebook page van die Agterkliphoogte. Meeste mense sal seker die padteken herken, omdat McGregor n gewilde bestemming is.




Comments

Popular posts from this blog

Dapper stapper club:- hiking and other things

Pieter Jansz Swanepoel