Road trip April 2008 Jhb na PE via Port Alfred
Bloemfontein
Ons het in Bloemfontein oorgeslaap, en Ouma Rita is op daardie aand oorlede. Ons het die volgende dag Nooitgedacht toe gegaan, die geboorte-huise gaan besoek. Die storie is onder die familiegeskiedenis opgeteken.
Deon het nie sy slaapbroek ingepak nie, en moes met Elize se pienk linterige slaapbroek slaap. Dit het gelag veroorsaak toe ons die volgende oggende die sleepwa moes haak en die pienk lint steek bo die denim uit. Die gastehuis-eienaar het nie geweet wat om te se nie.
PeglaraeDie kinders moes onder Hessie se tafel slaap, en die fietse moes aan die garagedeur-motor gehang word. Dewald maak koffie, en sou later jare die enigste een word wat vir Oupa Gawie kon tevrede stel met n goeie koppie koffie.
Van Rheenenspas
The Little Church of Van Reenen lies halfway between Durban in KwaZulu-Natal and Johannesburg in Gauteng. The church itself, the smallest in Van Reenen, is situated on the pass between Ladysmith and Harrismith. However, this is more than just the smallest church in the town and the Southern Hemisphere; it is actually very likely to be the smallest Roman Catholic Church in the world and is a National Monument. The Little Church was built as a tribute to Llandaff Matthews, who was killed while attempting to save eight miners in 1925. So, the little church only has eight seats, one for each of the men who died; symbolic and deeply resonant.
Die Proteas het n krieket toets teen Indie gespeel en met n beurt en 90 lopies gewen. Kallis het n honderdtal aangeteken, en Abe de Villiers het 217 onoorwonne lopies aangeteken, met Dale Steyn wat 5 paaltjies in die eerste toets aangeteken het. Dit het sommer daartoe bygedra dat ons Dewald se vangwerk geoefen het.
Howick watervalle
Die Howick waterval is 95m hoog en is deel van die Umgeni rivier. Heelwat mense is dood weens selfmoord, moord en ongelukke, en 40 amptelike sterftes is al opgeteken. Die area is nou beskerm, maar ek kon n foto opspoor wat in 1896 geneem was, en dit lyk steeds dieselfde.
Doonside
Ons kon n paar aande oorbly in Oupa Fanie se woonstel in Doonside, en op die boonste foto is Elize en Ruanda in die sitkamer besog om ontbyt te eet. Die eerste Vito word gelaai vir die trippie af PE toe.
Port Alfred
Oppad PE toe het ons by Phil em Melins oorgebly, en die twee nefies het n ongelooflike tyd gehad. Hulle het met die ferrie op die Kowie Rivier gevaar, en die twee seuns het sommer n swemsessie daarvan gemaak. Min wetende dat dit die laaste bonding sou wees in n lang tyd. Xander was nog n baba, en Jean-Hendre het die geleentheid gebruik om die ferrie te bestuur. Elize en ek was reeds PE toe vir die Ysterman, en het die rivierpret misgeloop.
Port Elizabeth
Ysterman in PE, saam met Jaco en Theresa met hulle ouers wat saam met Elize gebackup het. Ons het op die waterfront se grasperk die tent opgeslaan, en Phil het die res van die familie saamgebring PE toe. Die spanfoto van die supporters en Oupa Fanie wat vir Nicky op sy nek dra is baie spesiaal.
Comments
Post a Comment