Family birthdays
Families that play together stay together. Toe Ruanda en Werner ontmoet, en later trou, het die familie vergroot. Ons is almal baie bevoorreg dat die "blended family" soos wat al die aangetroudes nou in een mandjie gegooi word, almal baie goed met mekaar oor die weg kom.
Daar is nou n klomp van ons. Met net Brian en Hester van die oupas en oumas wat nog leef, is Piet, Elize, Frannie en ek die volgende generasie. Uit hierdie twee pare ouers is daar Dewald en Ruanda aan ons kant gebore, en Lindie, Werner en Simone aan die Grobler kant. Aangetroud tot die is Johannes, en aangekys is Daleen..
Aan hierdie klomp is daar nou ook drie kleinkinders, Retief, Leah en Alisha. Uit die blended family is daar ook broers en susters, effens aan die kant. Koenraad, Floors en Girla, en elkeen van hulle het weer kinders, aangetroudes en kleinkinders.
Dan kan ons nie vir Diffie vergeet nie....hy claim sommer membership! En Theo en Dina, Et en Linda voel al soos family.
So gebeur dit dat verjaardagpartytjies nou sommer blended funksies word. Om dus die klomp verjaarsdae sommer onder een blog te herdenk, is almal gelys in die blog, en waar daar verjaardagfotos is, ingevoeg by die persoon se naam.
Eintlik neem ons net nie genoeg fotos nie....
Janru se 2 de
Retief se b-day in Blouberg 23 Augustus 2020
Van almal n foto, maar waar is Retief.....speel Lego's....niggies het saam kom kuier, met Johannes en Wefner aan die braai, die oubase by die tafeltennis......
Theo en Dina
Theo se 40 ste verjaardag - 29 Julie 2005- almal in die wildtuin. Hierdie foto is oppad wildtuin toe. Peet sit met sy rug na die kamera, en Janus, Rias, Elizabeth en Theo en Dina se ouers was ook saam.
Ons het die Jetta geneem tot in die wildtuin. Die volgende fotos is geneem die aand van Theo se verjaardag, Willem, id ook op een van die fotos.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhSkJsbBx8OBqGuKUkuXlaueZINuIO39-vVGLYCADwJRr4wVUguKZVpul5pYawmAECAf6UuTrKoI_6OQlcAppXqcgxYlbnbdcMg52UFlN_C70zT3hbdDRIDn43iRu31hfpwJQkc_XlHujg/s640/Janus+ens+008.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEj8oP7KWHsmGv1nPfefNtogddlH3L8ffjCzOeYYjbHXHgui-TlwHcvnh9KQgfJsfEWtjspMQ4JHZ4tr6s40tbuav42gLqkkfqUEp87Nk2N5szJMrCctMSJJkiD1rd0tMl2PG1AVEPA1i6k/s640/Janus+ens+022.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhTnO8q_ZeXPO4fPGe0qju_ojm_kf82KUnBB9Fcy2qX56QkJVSBA65V0lQ40N7fdrcCw6Mds5VY-cYSUYePSNn_9XFPbTmTCNHlKhdJOzPtA_QCJrCd0t4sLhKm0z7Ovypd3EpDiteDywE/s640/Janus+ens+023.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEge1ti_AIkHn41uDGCo82kfcRzGQfu7HFnF8dGM09JsI9MdRSXwiqA7GHHvCHrb3SKcF8R1t5cgNEZZ6czb_SI-sTMeWf-JTa0m4vhit00Y-8ku7-dm7vUCnOXvJULONdPA1dcg3xzUFvc/s640/Janus+ens+027.jpg)
Oom Fanie
#1 Durbanville 2015 - Oom Fanie was n groot gees in die familie, en sy dood kort voor sy tagtigste verjaardag het n groot leemte gelaat. Hy het op Kersdag verjaar, en altyd net een persent gekry. Hierdie foto is geneem met sy laaste of voorlaaste verjaardag, by Phil en Melinda se huis. Almal was daar, selfs Lawrence uit Australie uit. Lawrence en Janice, met klein Lily op Hessie se skoot. Dewald en Ruanda, Dayton en Leah, en Nicky, Jean en Xander. Oupa Fanie het selfs die klavier solo gelewer......Koenraad
#1 2018 - Mosselbaai - Noudat Koenraad en ek weeskinders is, het ons besluit om jaarliks saam te kuier op sy verjaardag op 11 November en op Elize se verjaardag op 28 Junie. Hierdie was die eerste kuier by Koenraad se nuwe huis. n Een nag oorslaap het verander na n twee nag oorslaap, en heeltemal te veel wyn. Ons het die heel Sondag langs die swembad verwyl. Groot kuier.Dewald
#1 Llandudno 2013 - Dewald, soos enige kind, kry maar die partytjie wat die ouers reel. In 2013 kon hy kies waar hy sy partytjie wou hou, en hy het gekies om op Llandudno te gaan surf. Phil en family het saamgegaan. Die strepe aan die surfboard het Deef self gesprei.Dalene
Werner
Ruanda
# 2 Bloubergstrand 2020 - 30 jaar oud - n casino aand met die blended familie en She en Ronald. ROnald het baie belofte getoon aan die begin, maar ongelukkig al sy geld verloor - die enigste een wat niks oorgehad het nie. Elize het die meeste geld gewen. Toegangsgeld was 1 bottel wyn wat jy kon ruil vir R1000. Die aand het n rondte sigare ingesluit, en het baie laat dink aan die aand in Rotterdam toe sommiges by die coffee shop n draai gemaak het.#1 Bloubergstrand 2010 -
Deon
#3 Sandpiperway 2016#2 Family saam met Oom Fanie
#1 Sir David Baird 2006
Elize
# 3 50ste bday party - konsert saam met die pelle#2 2017 Durban
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEg8j0_URQiaFZVm5mVH0mH2vlwkOmkO-O4NvzG2BPDVI5iTOw-2CjS7eRO4GrK-N9QanEZ5ajipJKkNxoMvEWZvbJNh2zylwX1rwi9T5DZCTeBd7P69-9ulhoNZUUti_tTxTxa9-9QLAuw/s640/IMG_20170628_180156.jpg)
#1 Watermeyerpark
Piet
#2 2019 Bellville - Piet het hierdie jaar 59 geword, en kon nog n vinnige braai reel voordat hy die volgende oggend 4 uur moes vertrek om te gaan jag. Floors en Divvie het saam met die blended family kom verjaardag vier. Ter voorbereiding van ons ski trippie in Januarie 2010, was dit geen geheim dat Piet skiklere kry vir sy verjaardag nie! Hy het darem n springbokkie geskiet tydens die trip.#1 2018 Pypklip
Hester
Lily
Brian
#2 2020 - Potchefstroom - 80 jaar oudBrian met sy suster Joan en broer David. Lawrie is reeds oorlede.
Niks oud aan daardie Dick nie, ons het die dag saam met Bibi deurgebring in Parys....die eerste foto van die wat dit gemaak het en die tweede foto van die dogters saam met hulle pa. Ons het by Hoi Peloi uitgeeet, en alhoewel dit reeds 11h30 was, was oupa maar omgekrap oor die feit dat daar nie bcon en eiers is nie. Ons het Grootte Post se Old Man's Blend gedrink ....heel gepas vir die geleentheid.....prys was R181 per bottel!!!
4. 2019 - Potchefstroom - Met Brian wat ver van ons af bly in Potchefstroom, het ons in 2019 by hom gaan kuier. Ons het by sy geliefde Spur gaan uiteet, en daarna gaan kyk na al die grafte van sy ouers en van Hester se ouers. Brian werks steeds elke dag, al is hy volgende jaar 80 jaar oud.
3. Frannie
2023 in Greyton by Kleine Eike saam met die blended family....wynfees in Greyton, Leah wil nie huis toe gaan nie, Oom Deon moet leer luister en later maniere kry son en wind en perde
#1 2018 - Plover - Frannie se eerste verjaardag terug van Swakopmund af, is op Plover gevier. Piet, ons, Divvie, Lindie en die kids, en Werner en Ruanda het sommer op die gras gekamp. Groot braai gehou, en soos altyd was die kos uit die boeke uit. Die pink gin en tonic en Tielman se Tabakplaas rooiwyn het die naweek meegemaak.2. Ouma Venter November 2006
Ouma Venter se verjaardag met die familie. Elize en Lawrence en Madelein was ook by. Albie se vrou (Tannie Louis )is sedertdien ook oorlede.
Comments
Post a Comment