1000 Favorite moments

All of these lines across my face


163.  Kuier by Klipkrans met Werner se verjaardag....Janru se potty training en sy visvang lessie
162.  Familie kuier op Kleinvlei
Des 2024...Elize, Melinda, Nicole en Ruanda saam met Oupa Bibi
161.  Drie van die bestes
160.  Pearly beach...Janru se eerste swem in die see 
159.  Saam met die Dapper Stappers in Houtbaai.....Jan 2023
158.  Janru se tweede haarsny  en hy huil nie meer nie!
157.  Kuier by die Perdekamp in Philadelphia.....Willem Dapper se kampie
156.  Java, my 26" mountain-bike in die reservaat by Mokolodi
155. Janru en die trekker oppad Karoo to Coast toe

154  Nuwe adventures in Philadelphia ..... Italian style
153  Picture perfect
152   My oupa en ek by Boland Landbouskou se mountainbike race
151   Swemlesse saam met my mamma en pappa
150.  Die 15 km saam met Renier was net n bietjie te ver ...... Old man's blend


149. My tros is my trots....saam met Wally  by Klein Roosboom ....wyntrap en wyndrink....


148. Table 44 by Mokolodi Private nature reserve.....sommer op die trappie

Laat middag wyn by Willem en Manie - nie  bespreek nie en moes op die trappie sit.....Arabella Merlot op die menu

147. Nog nie helemal reg vir saamry nie, maar ek weet ek gaan daarvan hou

146. Modderbult.....
Janru saam met Oupa Piet en sy bok

145. Vlamme op Blouberg se stoep
144.   Knysna 34 degrees South
Kiewiet het die mooi foto geneem....die dag voor d Knysna extreme Nov 2021

143.   Wyn by die see - Dakhuis restaurant nadat ek van Botswana af terug gekom het.

142.  Margareta in die Ooskaap - die mooiste view oor die grasvlaktes....




141.  Aan die onderkant van Arangieskop op die plaas van Niel Burger.   Met die trekker tot by die hut gery, gedroogte vrugte geeet, en later by die dam gestop saam met Dolfyn en die kinders.  Hierdie foto is n geneem op n duikplank wat gemaak is van houet en n stel bakke vere.  Dewald was die enigste een wat geswem het.


140.  Rias se kombi gedurende die Desember 2018 vakansie.  Kombi is nuwe kleur en enjin, en hulle het al die pad afgetoer tot in die Kaap.  Hierdie foto is geneem by eerste steen tussen Melkbos en Bloubergstrand.  Ons het vis en skyfies gekoop in Houtbaai, en langs die see kom eet.


139.  Bergfiets gery by Vissershok saam et Elize en Ruanda.  Hier drink ons koffie na die ry by die kafeetjie op die perseel.   Daar was geweldig baie fietsryers wat in die Vissershokomgewing fietsry.


138.  n Foto tydens ons adventure racing dae in die Arangieskop omgewing.  Hierdie foto is geneem net nadat ons van die berg afgekom het met die twee-spoor sement pad.  Hierna het ons nog n bergfietsbeen gehad om te doen.  Zirk Botha het n groot leemte gelaat toe hy ophou om die adventure racing series aan te bied.


137.  Twee swaers op die houtfietse in Bloubergstrand.  Die fietse word in Griekeland gemaak en die rame word gewaarborg.  Twee ratte en n outomatiese ratkas.  Elize en ek het die Argus gery op die 18kg braivleishout.


136.  Die Jacobs dogters tydens n kuier in die Kaap saam met Lily.  Leah was net terug uit Maastricht uit.


135.  Die Smit en Wright kinders tydens Lawrence se laaste besoek aan Suid Afrika.   Foto is geneem by Aandblomstraat 6.


134.  Jean en Xander op die plaas nadat hulle Kleinvlei toe getrek het.


133.  Tydens die paasnaweek in Pringlebaai het ons by Plankies n brandewyn gaan drink, en hier hang n advertensie van Piet Botha wat sou optree by die Hangklip Hotel.  Piet is nie lank daarna oorlede na n stryd met kanker - 2 Junie 2019.


133.   Desember op Pypklip is dit warm, en ons het weggekruip in die huis.  Vroegoggend het ons op die klipkoppie gaan ontbyt mak, en hier sit ons tussen niks en nerens en Elize neem n selfie.  Frannie, PJ en Diffie was ook saam.


132.  Ruanda en Werner net nadat hulle getroud is in Augustus 2018 - Leipzight wynplaas naby Robertson.


131.  Boetie en sussie wat saam dans op Ruanda se troue, met pa en ma in die agtergrond.


130.  Soms bring fietse jou op snaakse plekke uit, en hier is ons op die bokant van die Molteno pas in Beaufort-wes.  Teen die afdraande het Elize n papwiel gekry, en ek het nie geweet nie, ek moes die hele pad weer terugry.



129.  Unintended consequences met Ouma Hessie se selfoon.  Maria in die agtergrond tydens hulle openingsdans.


128.  Lawrence tydens sy Mosambiek jare, sedertdien het hy nie baie gesurf nie.  Nou lyk Dewald nes hy met die langhare en die surfboard.


127.  Dewald en Dalene, kan nie onthou of dit by Kaapzicht se plaas was nie.


127.  Blommetyd in die Nasionale reservaat naby Langebaan, met Lily en Elize tussen die blomme.


126.  Danielle kom by die kerk aan met haar gevolg en die perd.  Baie spesiale dag met amper perfekte somersmiddag in Pretoria omgewing.


125.  Tydens Daniele te troue, waar ek die dun dassie gekry het sal ek nie nou kan onthou nie.


124.  Oujaarsaand in Barrydale, en Oom Pieter Loubscher kuier saam by die vuur.


123.   By die 2010 world cup soccer stadion tydens die begin van die super 15 se oefenwedstryde - 4 SA spanne het kragte gemeet.  Feb 2019. 


122.  Familie kamp by Vloedbos - laatmiddag koppie uitgeklim en Janice het die foto geneem.


121.  Danielle se grond naby Boschkop.  Rias en ek het swem geoefen in hierdie vlei, en die oefening was nie baie suksesvol nie.  Die gras was net onder die oppervlakte van die water.  Elize het in RIas se hangmat platgeval terwyl ons probeer swem het.


120.  Ruanda host die Belgiese bier tasting by Aandblom 6. Ek het die geleentheid gemis, maar die foto is baie special.


120.  1 Januarie 2019 in die poele op die route 66 saam met Andre en Mariette.  Ek was verbaas oor di aantal mense wat gebruik maak van die geleentheid om so tussen die poele te swem


119. Na n hike by Meerendal het Rias sy tafeltjie uitgehaal en ons het onder een van bome in die parkeer area gou geleentheid gemaak vir n gin en tonic!


118.  Anneli wat net wou wys dat die staproete word Christoph Sauser van mountainbike faam aangedui as advanced, not for beginners!


117.  Wynand se motorfiets terwyl ons pienk gin en tonics drink op Pypklip.   Grondpad ry met n motorfiets op die los sandpaaie, is nie maklik nie.


116.   Brandewyn - die landrover - so gedoop want hy het nie brieke nie, met die einste peink gin en tonic.


115.  n Perfekte aand in die Noordkaap, winstil en die gougeel sonsondergang van die vuurput se kant geneem op Pypklip.


114.   Die blended family


113.  Geluk Werner .....ek bly maar n softie


112.  Wynand is nou 66 en maak steeds die windpomp reg, man alleen, paar spanners en n tou...


111.   Tielman Roos se wyn bring altyd vreugde, en hier is dit laatmiddag op Plover - die foto deurgestuur vir Tielman, en hy het laat weet dat die wyn pas n prys en toekenning gewen het.


110.   Net nadat ons kaartjie gekoop het om by Camp Nou te gaan sokker kyk.  Messie, neymar het abei doele aangeteken die aand.















































66.   WP champs in 2004


65.   Oom Fanie tydens een van sy laaste opnames....in die Kaapstad ateljee.


64.  Ek dink die foto is in Budapest geneem tydens een vd half ironman races in 2017.


 63.  Al die kleinkinders by Oupa Fanie se laaste Kersfees.

 62.  Mias en family tydens die kamp by Gaatjie


61.  Theo en Dina op Kampsbaai.


60.  Bo-op die Swartbergpas, baie koud en vreemdelinge deel hulle koffie met ons.




59.   Arangieskop en die foto was heeltemal toevallig


58.  Op die pieke tydens die Whale trail hike.


57.   Ratanga Junction - lyk helemal te ersntig vir soveel pret.


56.   Tydens n Cut Glaas konsert saam met Salome en Theo hulle


55.   Wyn, kaas en brood net suid van Canet.


54.   Happy family times tydens ons eerste en enigste foto shoot.


53.   Die foto is geneem tydens een van die planning sessies van hulle troue.  n Ou wyntenk wat nou n privaat sitkamertjie geword het


52:  Die twee laaiteies by Jannes en Clarissa se troue - en Deef drink n biertjie.

52.  Kreefduik en braai in Pringlebaai saam met Lawrence and Piet en die res van die family.


51.  Die drie blended family girls wat saam kuier.


50.   'n Foto tydens die soetes en sop naweek in die Worcester omgewing, n ou murasie


49.   Elize in Ivalo tydens ons dog sledding oefening.  Die honde is in uitstekende kondisie.

48.   Op die St Lucia meer om te gaan duik en snorkel. 



47.  N Foto van die hermit in Finland - ons was in sy huis wat sedert sy dood oop en leeg staan in die woude rondom Giellijohka



46.  Elize tydens die Knynsa Mountainbike marathon - dieslfde helmet as waarmee Ruanda nou ry.


45.  Ruanda met haar eerste serious mountainbike race!  Leading the pack!!


44.  Ruanda tydens n meer onlangse driekamp rondom 2015


43.  Elize tydens die impi, sy het haar kategorie gewen


42.  Tydens middagetes op die slopes van Font Romeu


41.  Oppad om te gaan uiteet, all dressed up - Dewald het sy pointers aangehad!


40.  Elize en Ruanda op Barcelona se strand net voordat ons gaan bier drink het


39.  Dewald uit die surf uit in Barcelona tydens ons eerste besoek


38.  Ruanda roadmapping in Barcelona


37.  Die drie honde  - boeties en sussie


36.  Ma en bulletjie in Barcelona


35.   My girls in Barcelona net nadat ons die sokkerkaartjies gekoop het om na Messi te gaan kyk.


34.   Dewald wat weet waar sy krag vandaan kom...


33.   Dewald eerstespan vleuel in standerd 9


33.   Saam met Mari en Elize by die familiewynplaas.


32.  Dewald het self die bord gecoulorcode!


31.  Dewald bodyboarding vir die skool tydens sy matriekjaar


30.  Dewald op Llandudno tydens sy verjaardag in 2012



29.  Special pelle op Kampsbaai - Theo en Dina


28.  Support sal ek support!


27.  Elize en Melins op Fanie se Europese toer.


26.  Photo shoot - niemand wou gaan nie


25.  Melins en Flippie op Vic-bay se strand


24.  Ruanda sing Jan Blohm - Breyten se brief tydens n kamp by Grootbrakrivier


23.  Jaco Brand en die off-road in die Swartbergpas naby Oudtshoorn


22.  Elize doen die trekding in Saasfee saam met Liesel en Ruanda


21.  Iewers in Italie - mooi gecolourcode


20.  Elize in aksie met die Muisnes Challenge in die Langebaan lagoon


19.   Fun en games in Italie tydens die hike Assissi toe.


18.  Ruanda se eerste driekamp saam met my.


17.  Ysterman PE 2008 April - iewers op die run


17.  My pa se sethou op Gansbaai golfbaan na n van der Westhuizen familienaweek.


16.  My ma saam met Steve Hofmeyer na een van sy konserte



15.   Fanie doen Paasnaweek preek op n klipplaat op Luiperdskloof.


14.  Saam met Dewald in die Keurboomsrivier tydens n hike en roei ekspedisie


13.  Ruanda - swemgala - sy het nou nog nie verloor nie


13.  Ruanda tydens Knysna hike na die goudmyne


12.   Die twee laaities leer vuurmaak langs die Bergrivier


11.  Saam met die Vlooie op die Trans Baviaans - ons eerste een.


10.  Saam met Janus in Plet - sea kayaking tydens n kuier.


9.   Dewald - Koeberg met sy eerste fiets - die keps is nog steeds in die family.


8.  Dewald - Umschlanga en body boarding tydens n vakansie saam met Theo en Dina na sy long operasie


7.   Dewald saam met Bryn se hond in Langebaan lagoon


6.  Et, Linda en ons by Mtunzini op die rivierwalle - een van die heel beste kampe ooit.


5.  Dewald en Nicky - mud wrestling in die Vaalrivier naby Kleinvlei



4.  Lily en Retief - blended family tydens die tennis ete by Danie se plaas Kaapzicht


3.  Jean wat Ironman probeer wees Hermanus


2.  Xander wat in Kalkbaai swem - dit was moer koud!

1. Grootte Post piekniek met pelle

Comments

Popular posts from this blog

Dapper stapper club:- hiking and other things

Cederberge - Gatjie Boskamp