Langtafels - pairing wine, food, music and talks
Quote from the Mooiplaas website......
"In addition to the prospect of a magical lunch at a long table - brimming with comfort food passionately in the Mooiplaas estate’s atmospheric 1833 Cape Dutch Herenhuis, guests will also get to experience the latest cellar gems from this unsung sub-route of the Stellenbosch Wine Routes."
Dit is met hierdie gedagte in die agtergrond waar ons besluit het om ons eie langtafels te begin hou. Die vereiste om te kwalifiseer is unieke venue, kos, vriende en wyn. Hier is ons "gedokumenteerde" versameling.....
28. Leeuwenboschfontein
Familiekamp en Kersete voordat almal op vakansie gaan
26. Werner se verjaardag by Klipkrans
25. Jorika se verjaardag op Leeukop
24. Frannie se bday in Greyton saam met ons Secret Santa naweek binne in die blou gazebo saam met Chris, Piet, Simone, Lindi en Johannes
23. Shawn se verjaardag by Kiewiet se huis saam met die Care-bears....Shawn en Karin, Kiewiet, Jorika en Wally, Madel.en Carina.....special.aand...Shawn se geskenk in n toilet!
22. Wynand se verjaardag op Leeukop....70 is n groot oomblik..in fie nuwe huisie op Leeukop saam met Karel an sy gesin. Die venue was die motphuisen daar was nognie krag nie
21. Langtafel met Kiewiet se verjaardag. Renier is terug in die dorp, en Kiewiet se verjaardag word saam met Shaun en Karin, Madel en Carina, Hester, Linda, Jean en Henk gevier. Carina se eerste 100km fietsresies word ala standup comedy vertel, en Renier se konsert by Sun City het nooit plaasgevind nie.
20. Kersete by Rusthof...die hele blended family het saamgekom en Kersete saamgevier op die mooiste plasie naby Gansbaai. Hester het saam met Dirk en Dolfyn die naweek geshare. Janru kon die plaaslewe geniet en met sy motorfietsie die grondpaaie ry.
19. Tillie en A'mari se langtafel
Die nuwe huis regverdig n kuier en Janru en die Wessies is genooi vir n langtafel.....Tillie se nuwe braaiplek sommer ingewy.....en Janru wat in n vreemde plek wakker skrik en begin huil.....baie lekker gekuier saam met al die Venterjies.
18. Kleinvlei - Desember 2021
Die familie het afgesit Kleinvlei toe, en Melinda het ons bederf met n langtafel ontbyt onder die pas-gesnoeide wilgerboom. Daar was helemal te veel kos, en helemal te min sjampanje.
17. Langtafel-ontbyt by Edenvallei
Saam met die Venters, die foto is deur Oom Jan geneem, en Piet staan agter Oom Jan. Seker 50 fotos geneem! 20 November 2021. Die braaiplekkie is op die rivierwal....
16. Langtafel op Pypklip vir Deon se 60ste verjaardag - 11 September 2021
Pypklip is nou deel van ons DNA, en Elize en Werner het langtafel gebou op die vlakte onder die sterre. Wynand en Jeanette het saamge-eet en Piet het Wynand se kruiwa verbrand. Springbok fillet, en lanb curry, en n goeie klomp resveratrol het die aand vergesel.
15. Langtafel saam met BDCE in die kelder by Tielman
14. Lockdown langtafels
Maart 2020 en lockdown, en ons is almal by Modderbult en Kleinvlei. Grrot langtafels gehou nadat Elize en Melins gordyne vir die oop stoep gemaak het. Dalene se eerste langtafel met ons...dink ek....en weereens het al die girls ander haarstyle
13. Amptelike eerste langtafel
Ons eerste langtafel was by Sandpiper, en 9 van ons het die ete op 23 Feb 2019 bygewoon. Maryke en Deon, Salome en James, Ruanda en Werner, en Piet, Elize en Deon. Die spyskaart het gebraaide springbokfilet met bloukaas en gekerfde vye as voorgereg gehad. Met Pieter van Goedehoop se aanbeveling het ons n redelike swaar Pintage saam met voorgereg geeet ten einde die sterk smaak van die bloukass te neutraliseer. Die hoofgereg was varktjops saam met n gebalkte groente, asook n gekerfde wortel-en-beet-en-neute slaai met tuisgemaakte chillie flakes. Die aanbevole wyn was n gehoute chardonay, alhoewel die houtsmaaak effens aan die ligte kant was. Nagereg was n Creme Brulee met n soetwyntjie. Die ete is afgesluit met n droe MCC. Heeltemal anders as wat dit gewoonlik gedoen word.
11. Langtafel op Pypklip. Hierdie langtafel is saamgeflans met tafeldeure en beperkte breekware, en het baie goed uitgewerk....Larry en Ruth se laaste Pypklip trippie saam met ons
10. Langtafel by Grootte Post
8. Langtafel by die markie in Houtbaai saam met die familie
Al die Jacobse op een foto en een geleentheid.....Lily is net n hand groot, baie spesiale dag
7. Langtafel saam met Frannie in Robertson
Seker die plek met die mooiste kombuis ever....en n properse blended langtafel. Almal saam gebly/ gekamp, en Retief en Oom Deon het kaalgat gaan roei......dis natuurlik n geheim, want Johannes was nie daar nie, en hy mag nie weet nie.....Frannie se verjaardag, en n kwota van Mooiplaas se pinotage het die dag vergesel.
6. Langtafel saam met Deon en Tersia in Durban
Soms gebeur n langtafel sommernet - en hier die is so n geval. Ons dagbesoek aan die Comrades gedenkroete is afgesluit met die pizza en n bierproe. Tanya het die foto geneem.....interessant dat daar nie n rooibok op die foto is nie......
5. Langtafel saam met die stapgroep by Jan-se-gat
7. Langtafel saam met Frannie in Robertson
Seker die plek met die mooiste kombuis ever....en n properse blended langtafel. Almal saam gebly/ gekamp, en Retief en Oom Deon het kaalgat gaan roei......dis natuurlik n geheim, want Johannes was nie daar nie, en hy mag nie weet nie.....Frannie se verjaardag, en n kwota van Mooiplaas se pinotage het die dag vergesel.
6. Langtafel saam met Deon en Tersia in Durban
Soms gebeur n langtafel sommernet - en hier die is so n geval. Ons dagbesoek aan die Comrades gedenkroete is afgesluit met die pizza en n bierproe. Tanya het die foto geneem.....interessant dat daar nie n rooibok op die foto is nie......
5. Langtafel saam met die stapgroep by Jan-se-gat
Per definisie is die langtafel 'n buitengewone geleentheid met kos, vriende en wyn, en sekerlik voldoen hierdie foto om deel van ons versameling te wees. Ryno het saam gestap, en die van der Merwes was ook deel van die groepie. Blikbekers en n Rose wyntjie, terwyl ons later by Gert Greef gehoor het dat ons onwettig hier gekuier het. Daar was n sekuriteitsbesoek, maar die amptenaar het anderkant toe gekyk en n baie memorable ete het gevol.
4. Brekfis langtafel saam met die familie
4. Brekfis langtafel saam met die familie
Aandblom in 2015 - met Oom Henry en Eta langs Phil aan die bokant van die tafel. Daar was aanvanklik geen drank op die tafel nie, maar Janice het gou plan gesien....
3. Langtafel saam met Goran en Corneli by Smitsrus.
3. Langtafel saam met Goran en Corneli by Smitsrus.
Corneli en Goran het Kersfees kom kuier, en Luka kon saam met sy nefies in die swembad speel. Hy was aanvanklik verskrik met al die rowwe gestoeiery, maar later ingepas tussen die klomp kinders. Oupa Fanie is nie lank hierna oorlede. DIe kwaliteit van die foto is baie swak, maar die geleentheid was spesiaal. As ek reg onthou was dit Werner se eerste kuier saam met ons...
1. Rondetafel by Wynand se huis op Leeukop!
2. Langtafel saam met die blended familie
Biscuit Mill en seker nie n langtafel per ons definisie nie, maar die meeste bestandele was daar, kos, n kouer biertjie, en al die generasies van die blended familie.....natuurlik het my girls alweer n ander haarstyl....
1. Rondetafel by Wynand se huis op Leeukop!
Na die 7 ure trippie word die span almal verwelkom en kook Jeneatte vir ons elke keer die verwelkomingsete. Deon en Tersia het ons raakgery van hulle vakansie af, en saam met ons gekuier vir twee dae. Hierdie geleentheid is al n paar keer herhaal met die Pypklip-jag. Die ou regsonder is n vriend van die man met die grys sokkies.....
Comments
Post a Comment