100 Windmills
Windmills in the world
33. In die sand teen die wolke wat dreig om te reen....beautiful
32.
31. Leeukop east view
30 Moulin Rouge - France
Windpomp met n difference
29. Chris Marais -
People here in the Karoo are touchy about their windmills. Erm, windpumps. In fact, a Northern Cape farmer once told us quite directly that the accurate word for this iconic water-bearing device is windpomp. “But that’s the Afrikaans word for it,” we protested. “I don’t give a royal ****,” he replied. “A windpomp is a windpomp. Finish en klaar.” I nearly added the words “ou pel”, but I could see my timing would have been completely out.
28. Dan dig Janetta soos volg oor die ikoniese landskap ding....
Ek staan fier en vorstelik
al word ek plaaslik doodgewoon
‘n windpomp genoem maar ek het
genoeg om op te roem want ek is soos
‘n klein staal eiffeltorinkie en my wielkop
en stert die weerhaan van die veld en plaas
en ek dui die windrigting sekuur aan—
Vanaf die vroegste tye sorg ek vir die koelste water
diep onder uit my gorratenk met pype opgesuig
en in ‘n reservoir gestort om julle dors te les—
Ek is ‘n ou werkesel en kry byna geen ruskans
met die wind wat hoog teen my aanwaai en
my wiel draai en draai en gedurig water pomp—
Ek kyk ver heen in ‘n weidse uitsig en sien die
skape en bokkies rustig wei en merk die lam
wat verlore van die trop afdwaal en die ma-ooi
se geblêr en hoe hulle soek en soek in die bossies—
Ek sien die swaar cumuluswolke opsteek die
donder gaan hom wreek op die droogte se greep.
Die diere streep kraaltoe om te skuil teen die blitse
en stormwind se huil as dit klief deur my wielvlerke!
So staan ek alleen in die bres in storm en windstilte
‘n bastion teen die elemente en ‘n romantiese figuur so
alleen op die vlakte en deurleef en oorleef al die seisoene—
27. Camdeboo during July 2024....Elize on the cattle herding trip.....Deon and Et baby sitting
26. Leeukop tydens die jagtog van Junie 2024
Sonsopkoms in Kenhardt
21. Kleinvlei in die Vrystaat
20.
19. Jo Smit sien die windpomp so......
Windpomp wat vêr oor Karroo-vlak staar
jy suig aan lewensbloed uit aardse aar.
Ten tye van droogte of storms wat woed
jou doel om plant, dier & mens te voed.
As die Noordwes loskop waai,
moes hul al jou briek aandraai.
Die kreun van jou stert as hy toe vou
jy kan jou kop verloor maak tog gou.
Op warm winstil dag staan jy lui en wag,
Boer kyk noord hou klam vinger in die lug
fluit ‘n sagte deuntjie & laat hoor ‘n sug.
Die dam is droog, die diere dors
dan wapper sy hoed, jy begin te kraak
water borrel deur jou pyp.
Sy mond plooi…glimlag.
Alberts sien die geloof en die hoop vir reen....
Here, hoor U my?
Hier waar ek my klaaglied aan U wy.
Elke winderige dag roep ek U toe:
Help my om vandag die water te proe!
Help om vandag die water,
Uit die aardkors uit te grawe.
Om geduld te hê met die boer,
Wat met `n kopskud na die droë dam loer!
Laat hy tog begryp,
Dat die wind my pype aan lug laat vergryp!
Want, die gat is leeg,
Sonder water wat die dors moet verpleeg!
Maar dan kom die reen,
En ek dank U vir die onverwagte seën!
Amen
17. Windpompwater en n warm stort
16. Maintenance saam met Wynand op Pypklip
15. Iewers in die Weskus
14. Pypklip in die aand.
13.
12.
11. Op die Philidelphia-pad in die Weskaap
10.
9.
8. Brandvlei
7.
6. Kleinvlei se dam
5. En dan is daar soveel windpompe wat nou nie meer werk nie
Eens was ek die hoë toring
die baken waarvoor jy uitkyk
as die kar die stowwerige plaaspad vat
huistoe
ek het nes jy
die wind in my vlerke nodig
om te wees waarvoor ek gemaak is
eendag onvermydelik
as iets klein verkeerd gaan
land ek in die grond
ek, wat jou lewe ver onder die aarde vir jou gaan haal het
is skielik onbelangrik, vervangbaar
eensklaps is daar ‘n nuwe blinke in my plek
funksioneel
4.
3. Tussen Modderbult and Kleinvlei
2.
1.
Comments
Post a Comment