Posts

Islands in the sun....

Image
Seychelles early 1990's Indonesia

Oupa en Ouma Venter

Image
Ouma Hessie se ouers - Potcheftroom Saam gekyk hoe speel die springbokke in Oupa Venter se sitkamer.  Bof en Anneleen, Oom Albie, Oupa Fanie en Hessie en ons het saam gekuier.  Ongeveer 1992 gewees.

Ruanda sport

Image
Sanlam mile Traithlon Hiking

Nooitgedacht 1960's

Image
Nooitgedacht - 1961 tot 1968 en ander fotos van skooljare Die fotos hieronder is van my ma en pa op hulle troudag regsonder, en van die twee op hulle wittebrood in Parys in die Vrystaat.  Die ander twee fotos is deel van die collage, met het nie relevansie nie.  Die tweede stel fotos is meesal van my laerskooldae.  Links bo sit ek in die tuin van ons eerste huis, waarvan daar meer onlangse fotos onderaan gewys word.  Daar is skoolfotos en ook babafoto's waar ek teen die garagemuur sit en speel.  My pa het elke jaar n ander kar gekoop, en op een van die foto's staan ek teen die kar in ons oprit. Die boonste fotos is waar ek groot geword het.   Die blou kleur rondom die bad kom van my kinderdae af.  Die gang is waar ek met my eerste fiets my eerste 10 tree gery het.  Ek het n fiets vir my verjaardag gekry, en kon dit in die gang afry.  Die kamer links bo was my slaapkamer.  Die huis is die week nadat ons dit gesien het ...

Pieter Jansz Swanepoel

STAMOUERS PIETER JANSZ SWANEPOEL EN MARIA SIBELLA SACHS  1.1 Europese herkoms van Pieter Jansz Swanepoel Pieter Jansz Swanepoel en Maria Sibella Sachs is die stamouers van die talryke Swanepoel-familie in Suid-Afrika. Uit die beskikbare bronne blyk dit dat Pieter Jansz Swanepoel in 1699 aan die Kaap die Goeie Hoop aangekom het (KAB: VC 39, Vol2: 207 /231). Daar kon egter geen inligting oor sy Europese herkoms in die Kaapse argiefbewaarplek gevind word nie. Uit Pieter Jansz Swanepoel se naam kan 'n mens aflei dat sy vader Jan Swanepoel geheet het. Die afkorting Jansz staan vir Janszoon, dit wil se Jan se seun. 'n Ander leidraad wat kan help om sy Europese herkoms te bepaal, is die feit dat hy die plaas waarop hy sedert 1709 in die Land van Waveren weiregte gehad het en wat hy in 1716 in eiendom ontvang, Nieuwmunster genoem het (KAB: J 184; De Wet 1964: 77-78; Leibbrandt 1988: nr 82). Volgens onlangse navorsing deur dr AJ Swanepoel van Pretoria, is daar wel op 30 Januarie 1678 ...

Oupa Gawie en Ouma Rita

Image
Gabriel Petrus van der Westhuizen/ Magdalena, Elizabeth Aletta Swanepoel Pa gebore op 22 November 1938, ma gebore op 9 Oktober 1943, getroud op 1 April 1961 Een van die laaste braaie waar my ma nog by was, ek skat dit was iewers tussen 2005 en 2008 geneem.  Koenraad, Armand en Dewald op die foto.  Koenraad het die huis self gebou, en ons het die dag krieket in die agterplaas gespeel.  Die foto van die quadbike herinner my dat dit die eerste kuier by die huis was, wat beteken dit was redelik nuut gewees. Al die kids saam met Kenyati.  Die lievelstene is gevul met sement en klippies.....Koenraad het my ma die werk laat doen! Snelbouler Ina van der Westhuizen met Clarissa wat aankyk. DIe braai was op n tweede geleentheid. Wanneer ek en Elize gaan hardloop het, het my pa met sy fiets saamgery.  Dit is dieslfde fiets waarmee Elize haar eerste Argus gery het  Die Hikali fiets het ons vir n R1000 by n Indier i...